Wat vier ons Kersfees?

 

“Whenever a man allows himself to have anxieties, fears, or complaints, he must consider his behaviour as either a denial of the wisdom of God or as a confession that he is out of his will.” ~ Williams Law

 

Wat vier ons Kersfees?

Die geboorte van ‘n baba? Beslis, maar veral die menswording van God. In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God (Johannes 1:1). Later  skryf hy: Die Woord het mens geword en onder ons kom woon (1:14). Wat beteken dit? Jesus het na die aarde gekom, Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk geword (Filippense 2:7).

 

Jesus laat toe dat Hy aan menslike kritiek, vyandigheid en ontkenning blootgestel word.  Hy kom as dienaar – ‘n slaaf. ‘n Slaaf het geen waardigheid nie. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis (Filippense 2:7 – 8).

 

Kersfees. ‘n Baba is gebore; God word mens.