Wen argumente en verloor mense

Wen argumente en verloor mense

Daar is baie boeke wat Christene help om hulle geloof te verdedig maar ons kan nie hierdie antwoorde leer net om argumente te wen nie. Christianity has never made converts primarily by winning arguments but rather by capturing hearts.” (Jared C. Wilson). As die kultuur die Christelike geloof teenstaan,, is ons werk as Christene om te wys hoe waar en goed en aantreklik ons geloof is. Met studie en vasberadenheid kan jy meeste argumente wen, maar is dit wat jy werklik wil hê?

 

Baie klassieke Christelike skrywes van Augustinus tot C. S. Lewis het altyd probeer om meer as net argumente te wen.  Hulle doel was altyd om mense na die Christelike geloof aan te trek al het hulle gewys dat hulle geloof redelik was.

 

Wat die Christelike geloof uniek maak is die evangelie van Jesus Christus. Ongelukkig word die Christelike geloof dikwels aanvaar as ‘’n boodskap oor hoe om  goeie mense te wees. Dit is nie korrek nie. Die Christelike geloof gaan oor slegte mense wat genade ontvang, Dit gaan oor Jesus wat geleef, gesterf en opgestaan het. Dit gaan oor God wat sondaars soek. Dit gaan oor die Heilige Gees wat in die harte van gebrokenes werk om verlossing as ‘’n gratis geskenk te ontvang. Die Christelike geloof is nie ‘’n godsdiens van reëls nakom nie. Dit gaan oor ‘’n wonderlike uitruil – ons sondes vir Christus se geregtigheid. God het ons sondes deur sy eie Seun gestraf en ons regverdig verklaar. Hierdie boodskap is oortuigend genoeg om sondaars na God toe te trek.

 

Die Christelike godsdiens is nie die soort godsdiens wat mense sou uitdink nie. Dit verskil betekenisvol van die ander godsdienste. Die boodskap van die Christendom is kragtig genoeg om geloof uit te lok. Die Christelike geloof hoef nie om elke hoek en draai verdedig te word dit as geloofwaardig te vestig nie.

 

Moenie voel dat jy al die antwoord het nie, die boodskap is inherent redelik. Die boodskap is uniek in sy boodskap van genade en barmhartigheid. Hierdie boodskap van genade en barmhartigheid het die vermoë om mense na Jesus te trek.