Wen ten alle koste

“We do not regret that our religion does trouble certain people, for they ought to be troubled.” – Charles Spurgeon

 

Wen ten alle koste

“Om te wen is nie alles nie – dit is al wat tel” (Waarskynlik eerste gebruik deur Vince Lombardi). Vroeër was dit: “Dit maak nie saak of jy wen of verloor nie. Wat belangrik is, is hoe jy gespeel het.” Ben Witherington sê toe wen alles geword het, het etiek by die venster uitgevlieg. Dinge word toenemend erger soos sport meer professioneel word. Hierdie “wen ten alle koste” gesindheid beteken ons kan maar onbeskof, vulgêr ens wees solank as ons net wen.

Ons samelewing word in twee groepe verdeel: wenners en verloorders – nie eerbaar of skandelik of goed en slag nie, maar wenners en verloorders. Die media bevorder hierdie gesindheid. Hierdie het nie toevallig op die sportveld gebeur nie – die sportveld weerspieël die kultuur van die samelewing. Dit is ‘n siekte.

 

Witherington sê dan enkele dinge oor hierdie wen ten alle koste gesindheid. Die skurke in hierdie verhaal is nie net die spelers, afrigters of media nie, maar ook die ondersteuners – veral die fanatiese ondersteuners wat die vure aanblaas.

  • Daar is niks verkeerd met wen per se nie. Wen as gevolg van goeie spel, gespeel binne die reëls, deur spelers wat na uitmuntendheid streef, is reg. Dit is egter nie die belangrikste ding van alles nie. Belangriker is jou gesondheid, watter soos gedissiplineerde persoon jy word deur die lesse van sport te leer, leer hoe om ‘n spanspeler te word, leer hoe om op ‘n afrigter te reageer. As jy leer hoe om hierdie lesse in jou alledaagse lewe toe te pas, het jy ver gevorder. Die mens wat jy geword het aan die einde van jou sportloopbaan is belangriker as jou wen-verloor statistieke.
  • Goeie sportmanskap en etiese spel word nie meer as belangriker as wen beskou nie. Wanneer laas het jy gelees van ‘n span wat erken dat hy verneuk het? Dat hulle opkikkers gebruik het om hulle prestasies te verbeter?
  • Wen is die nuwe dwelm van keuse in sport – en baie mense is daaraan verslaaf en sal feitlik enigiets doen om te wen. Is ons lewens so leeg, ons werk so vervelig, ons vreugde so min dat sonder ‘n span wat wen is ons soos ‘n skip sonder roer – ons dryf rond sonder doel of rigting.

Witherington sluit af met die vraag: Wat is verkeerd met wen ten alle koste? Sy antwoord: Almost everything.