Wie is Here van jou geld?

 

If you won’t stand up for religious liberty for everyone, stop talking about religious liberty. And sure stop raising money off of it. — Russell Moore

 

Wie is Here van jou geld?

Meeste van ons dink ons is vrygewig – al weerspreek ons optrede dit. Die persoon met die probleem is dikwels die laaste een om te weet dat hy allermins vrygewig is. Hoe kan ons vasstel of ons vrygewig is. J. D Greear identifiseer drie diagnostiese vrae om ons te help.

 

  1. Wat is “eerste” in jou besluiteneming?

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee (Matteus 6:33). Al hierdie dinge sluit geld, jou beroep, jou kinders en jou vrou in. Al hierdie dinge kom tweede. Elke besluit wat ‘n Christen neem, word voorafgegaan deur die vraag: Wat wil God hê ek moet doen? Eenvoudig, maar dit is verbasend hoe selde die mening van God ingewin word – selfs deur Christene. Vra wat God wil hê en doen dit. Die koninkryk van God moet altyd jou prioriteit wees.

 

  1. Kry God die eerste en die beste van alles wat jy ontvang?

In Genesis 4 lees ons die verhaal van Kain en Abel. Beide bring offers vir God, maar daar was ‘n belangrike verskil. Abel offer van die eerstelinge uit sy kudde. Kain se offer was uit die opbrengs van die land.  Abel gee van die eerstelinge voor hy geweet het hoeveel ander daar nog sou wees. Kain, daarenteen, wag om te sien wat hy het en eers dan gee hy. Abel gee aan God die eerste en die beste; Kain gee vir God uit dit wat oor is. Daarom word net Abel se offer aangeneem.

 

Aan wie ek die eerste en beste gee, openbaar wie waarlik die Here van my lewe is. Dit wys waaraan ons die meeste waarde heg. Die probleem is nie geld nie; die probleem is wanneer geld God van sy troon afskop.

 

  1. Dink jy aan jouself as ‘n eienaar of rentmeester?

Is my hulpbronne myne om te gebruik net soos ek wil of sien ek dit as God s’n om te gebruik soos Hy wil hê ek moet. As God ons ryklik seën is dit nie om ons standaard van lewe te verhoog nie, maar wel ons standaard van gee. God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer (2 Korintiérs 9:10). As jy nie ryklik gee nie, verduister jy in werklikheid God se geld.

 

I have held many things in my hands, and I have lost them all. But whatever I have placed in God’s hands, that I still possess (Martin Luther). Wat jy hou gaan jy eendag verloor; wat jy gee gaan God vermenigvuldig.