Woorde is belangrik

 

The best preachers are plagiarists. All they do is tell people what God has said. —Thabiti Anyabwile

 

Woorde is belangrik

Woorde is belangrik vir ‘n leier. Daar is sekere woorde wat nie altyd nuttig is nie. Om die waarheid te sê daar is sekere woorde wat leiers moet verban uit hulle woordeskat. Daar is veral drie woorde wat ons gebruik as ons nie beslissend optree nie; ons gebruik hulle as plaasvervangers vir duidelikheid, optrede en om meer spesifiek te wees.

 

Wat is hierdie drie woorde?

  1. Iemand

Iemand moet iets daaraan doen. Iemand moet dit regmaak. In werklikheid beteken iemand niemand nie. Jy kan nie die toekoms op iemand bou nie.

 

  1. Iets

Ons moet iets daaromtrent doen. Niemand gaan iets doen voordat jy nie duidelik en spesifiek is nie. Wat moet gedoen word? As jy nie die oplossing kan definieer nie, het jy nie die problem gediagnoseer nie. Wees spesifiek en dinge verander. Dan het jy ‘n plan.

 

  1. Eendag

Leiers droom altyd oor eendag. Leiers droom en dink elke dag oor die toekoms. Eendag is die begraafplaas van baie drome. Ek gaan eendag die gemeente verander; ek gaan eendag ontslae raak van daardie slegte gewoonte … Eendag kom net nooit nie en niks gebeur nie. Eendag beteken nooit nie. Teikendatums dryf besluite.

 

‘n Visie sonder implementering is ‘n hallusinasie. Ons is beter daaraan toe as ons ophou praat van iemand wat eendag iets moet doen.