Woorde uit die Bybel – Openbaring (3)

Woorde uit die Bybel – Openbaring (3)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde.

Teksaanhalings kom uit Die Boodskap.

Wat het God aan die mens geopenbaar?

Kom ons kyk na enkele dinge wat God aan die mens geopenbaar het:

  • God openbaar Homself aan die mens

(Romeine 1:20). Die hoogtepunt van sy openbaring van Homself was sekerlik die menswording van Jesus Christus.

  • God openbaar sy koninkryk aan ons.

Luister net na Jesus se “intreepreek”: Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie (Markus 1:15). Kyk net hoeveel van Jesus se gelykenisse het met die koninkryk te doen.

  • God openbaar sy verbond aan ons

(Deuteronomium 7:6). In die Nuwe Testament kry ons ‘n nuwe verbond met Jesus Christus as Middelaar. Maar nou ken julle God. Of liewer: nou ken God julle. Hoekom loop julle dan nou weer agter allerhande mensgemaakte gebruike en wette aan (Galasiërs 4:9).

  • God openbaar sy wet aan ons

God persoonlik skryf die tien gebooie op die kliptafels en gee dit vir Moses by Sinaiberg. Dit is sy wil vir alle mense.

  • God openbaar sy verlossing aan ons

(Efesiërs 1:13). Ons kry dieselfde in Romeine 1:16: Ek is glad nie skaam om die goeie nuus oor Jesus Christus bekend te maak nie. God se groot krag is aan die werk op elke plek waar hierdie boodskap verkondig word. Hy red elkeen wat dit glo. God red mense van dit wat hulle bedreig.

In ons volgende gedeelte gaan ons kyk na God se algemene en sy spesiale openbaring.