Woorde uit die Bybel – Openbaring (4)

Gesegde van sommige van die vroeë kerkvaders.

Woorde uit die Bybel – Openbaring (4)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

Algemene en spesiale openbaring

Ons hoor dikwels van God se algemene en sy spesiale openbaring. Wat beteken dit?

  • God se spesiale openbaring

Dit is wanneer God Hom aan besondere mense op ‘n besondere tyd en op ‘n besondere manier openbaar. Ons kry dit in die Bybel en daarom is dit net vir diegene wat sy woord lees en hoor. Hierdie boodskap sluit in die openbaring van God se verlossing deur Jesus Christus. Dit hanteer dus die behoeftes van sondaars.

  • God se algemene openbaring
  • God se algemene openbaring is nie net beperk tot sy openbaring in die natuur nie, maar ook in ons gewetens. Mense het nie altyd ‘n wet op papier nodig om te weet wat reg is in God se oë nie. God het dit wat in die wet staan ook in die binneste neergeskryf van mense wat nie aan Israel behoort nie. Daarom worstel hulle ook gedurig in hulle binneste met die groot vraag oor wat reg en verkeerd is (Romeine 2:14 – 15). Ongelukkig beskryf Paulus ook ‘n baie algemene reaksie op God se algemene openbaring: Omdat hierdie mense glad nie daarin belangstel om God op die regte manier te ken nie, het Hy toegelaat dat hulle kan dink net wat hulle wil en doen wat hulle wil (Romeine 1:18).

    God se algemene openbaring  bevat geen verlossingsboodskap nie. Dit praat van die mens se behoeftes. God se spesiale openbaring bevat die verlossingsboodskap en hanteer die behoeftes van sondaars.

    Volgende keer sluit ons af met ons bespreking oor die woord openbaring. Dan gaan ons na huidige en toekomstige openbaring kyk.