Woorde uit die Bybel – Sonde (3)

Yehoshua ben Perachia

Woorde uit die Bybel – Sonde (3)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

Die stand van sonde

Sonde is universeel: Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie (Romeine 3:23).

  • Sonde plaas ons in ‘n staat van veroordeling. Mense wat reg doen, sal die loon daarvoor kry. En mense wat sleg optree, sal gestraf word daarvoor (Esegiël 18:20) Hierdie verwys na die verhouding tussen mens en God, die Regter.
  • (Johannes8:44). Wat in werklikheid gebeur as ons, as God se beelddraers, sonde doen, is dat ons die beeld van God skeeftrek.
  • Sonde plaas ons in ‘n staat van onvermoë. As sondaars kan ons nie deel van God se familie of burgers van sy koninkryk word nie. Julle moet dus nie die idee kry dat julle op julle eie sonder my Vader deel sal word van God se familie nie (Johannes 6:44).
  • Sonde plaas ons in ‘n staat van toorn. Ons verhouding met God as Vader en Regter is versteur. Uit sy hemelse woonplek wys God dat hy baie kwaad is oor al die dinge wat die mense hier op aarde aanvang. Hulle verruil die waarheid vir leuens (Romeine 1:18).
  • Sonde plaas ons in ‘n staat van dood. As die Bybel praat van lewe en dood verwys dit dikwels na ‘n geestelike konsep. Ek sê weer: as ‘n mens jou hele lewe lank vir die sonde werk, is die dood jou beloning (Romeine 6:23)

Ons as moderne mense glo nie meer dat sonde ernstig is nie – dat sonde ernstige gevolge het nie. Miskien is dit weer tyd om oor die erns van sonde te besin.

Ons volgende bespreking gaan oor die duiwel.