Oplossings bring probleme

Oplossings bring probleme

Die skrywer van Rigters herinner ons: In daardie tyd was daar nog nie ‘’n koning in Israel nie en elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë (21:25). In die twee laaste hoofstukke het Israel nie leiding by die Here gesoek nie. Hulle ignoreer sy woord en raadpleeg Hom net as ‘’n besluit van hulle skeefloop.

Funksioneel is dit die heidense kultuur. Besluite word geneem gegrond om menslike beredenering en dikwels oorhaastig en uit wraak. Elke ding wat hulle doen, doen hulle om die soort verkeerde ding uit Isarel uit te . roei (20:13) Hulle probeer die probleme veroorsaak deur hulle vorige optrede, oplos. Elke keer veroorsaak hulle net groter probleme.

 

Dit is die probleem van menslike oplossings vir wat in werklikheid ‘’n geestelike probleem is – die bose. Daar is geen militêre veldtog of regeringsbeleid wat ‘’n probleem wat sy onstaan in die menslike hart het, kan oplos nie. Net ‘’n herlewing van geloof in die Here kan sulke probleme oplos. Israel was geestelik in die donkerte, maar hulle het dit nie besef nie.

 

Hierdie is ‘n beeld van hoe gemeenskappe wat nie op God gefokus is nie, moet funksioneer: Hulle aanbid iets anders as die ware God.. Hulle besluit self wat is reg, logies en redelik in hulle oë; hulle is verbaas dat dinge nie verbeter nie. Dan besluit hulle dat God, indien Hy bestaan, nie juis omgee vir mense nie.

 

Dit is ook ‘’n beeld van God se mense vandag – die kerk. Geen heiden kon vir die verkragting, moord, volksm0ord en ontvoering geblameer word nie. Dit is alles deur Israel self gedoen. Dwarsdeur die boek Rigters, maar veral hier aan die einde, is dit duidelik dat Israel se grootste vyand Israel self is. Ongelukkig is dieselfde dikwels ook waar van God se mense vandag. Dit is maklik om ander vir die probleme van die kerk te blameer. Ons kyk na die omliggende kultuur wat anders as ons lewe en ons roep om soos hulle te lewe. Ons wonder waarom God nie eenheid in die kerk bring nie of herlewing stuur nie. Ons kyk oral behalwe na onsself.

 

Rigters wys ook vir ons dat alhoewel ons die probleem is, ons nie ons eie oplossing kan wees nie. Ons moet, net soos Israel vir ‘’n koning soek. Die rigters in hierdie boek is geloofshelde net in so verre hulle God vertrou om vir, in en deur hulle te werk ten spyte van hulleself.

 

Die skrywer oortuig ons dat ons ‘’n verlosser nodig het. Watter soort? Teen die einde van die boek oortuig die skrywer ons dat ‘’n menslike koning nie die antwoord is nie. In 1 en 2 Konings en in Kronieke leer ons van ‘’n hele lys konings wat Israel nie juis nader aan gehoorsaamheid aan God lei nie. Aan die einde besef ons dat ons iemand meer as Dawid nodig het.

  1.  Ons besef ons het ‘’n Verlosser nodig wat kom sonder dat Hy geroep word, want die mens soek nie vir God nie. [Daar is nie een wat verstandig is nie een wat na die wil van God vra nie – Johannes 3:11]    Ons is nie in staat om Hom te kies nie, Hy sal ons moet kies [Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies –  Johannes 15:16].
  2. Ons besef dat die Verlosser alles self sal moet doen, want ons kan niks tot ons verlossing bydra nie [Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte, wat die sonde afwas en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig oor ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser – Titus3:4 – 6].
  3.  Ons leer selfs dat hierdie verlosser ons sal verlos deur swakheid –  deur sy dood en nie net deur sy lewe nie (Filippense 2:1 – 11).
  4. Ons het ‘’n koning nodig wat die verkeerde dinge in ons lewens kan uitroei (Rigters 20;13)

Die skrywer van Rigters is reg. Ons het ‘’n Koning nodig, maar ‘’n groter een as enige menslike koning. Die psalmis sien dit raak: Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis, die veld en alles daarop moet jubel, die bome in die bos moet hulle verheug voor die Here,  want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid oor die volk met billikheid (Psalm 96:11 – 13). Die psalmis besef dat as die ware Regter en Koning terugkeer die hele natuur, en die mens, vrede en vervulling sal geniet. Eers dan.

 

Nou soek ons almal ‘’n koning – iemand oor ons te heers en om ons te verlos. Daar is net Een wat dit waarna ons soek, kan, voorsien. Ons moet na dié ware Koning kyk of ons sal ‘’n vals god aanbid.