Die sola’s van die Hervorming

image_pdfimage_print

Die sola’s van die Hervorming

Die Hervormers het nie een dag skielik met die sola-gesegdes na vore gekom nie. (solus = alleen of slegs), . Tog was hulle betekenisvol in die Hervorming.. Kom ons kyk na die vyf sola’s van die Hervorming:

  1. sola Scripture

DIE Skrif alleen. Dit beteken dat net die Skrif die gesag het om van God te praat, want dit kom van God af.  Die kerk mag vir ons die Skrif leer, maar moet hom onderwerp aan die gesag van die Skrif. Die kerk het geen. gesag  In en van homself nie buiten die gesag wat onderrig van die Skrif aan die kerk gee nie.

 

  1. Sola Christo

IN Christus alleen. Dit beteken dat Jesus Christus die enigste Middelaar tussen God en die sondige mensdom is. Dit is slegs deur Christus dat ons sonder weggeneem word. Net deur Christus kan ons met God versoen word. Christus oorbrug die gaping tussen God en die sondige mensdom deur die skuld en vloek van ons sonde op Hom te neem.

 

  1. Sola fide

Geloof alleen. Net deur geloof  in Christus is daar enige verlossing vir ons. Ons kan niks deur ons eie pogings verdien nie dit is net deur geloof en vertroue in Jesus Christus se geregtigheid dat ons van sonde en die dood verlos kan word.

 

  1. Sola gratia

Deur genade alleen. Verlossing gebeur net deur God se genade vir ons. Ons kan nie God se verlossing verdien deur ons goeie werke nie. God het sy Seun gestuur om te doen wat ons nie kan doen nie. Jesus bied onverdiende verlossing gratis aan ons.

 

  1. Soli Deo Gloria

God se heerlikheid alleen. Alles wat ons doen en glo is vir God se heerlikheid en nie vir ons eie heerlikheid en eer nie

 

Die feit dat God naby ons kom in vergifnis en genade in Jesus Christus was die hart van die Hervorming. Ons saak met God is reggemaak net deur die werk van Jesus Christus. Goeie werke volg soos vrugte aan ‘’n boom groei. Die kerk ten tye van die Hervorming het ook geglo dat die Skrif gsag het, dat mense geloof in Jesus Christus moet hê en dat genade noodsaaklik was. Wat hulle egter gemis het, was die sola, slegs, alleen gedeelte. Ons moet hierdie beklemtoning van slegs/alleen weer in ons lewens herontdek.

 

 

 

image_pdfimage_print