19 September: Jesus laat jou skaal balanseer. – Jan van der Watt

image_pdfimage_print

Fil 3:7-4:1 (fokus 3:7-4:1)

Fil 3:7-4:1 is seker een van die mooiste dele in die Bybel. Eintlik hoef ʼn mens niks daaroor te sê nie. Jy kan dit maar net oor en oor lees. Maar as ʼn mens iets moet sê, wat sou dit wees?

Paulus sê hier dat ʼn mens eerste dinge eerste moet laat kom. Jy moet jou prioriteite regkry. Wat is byvoorbeeld vir jou die belangrikste in jou lewe? Is al die dinge wat jou elke dag so ontstel regtig so belangrik dat dit jou hele lewe deurmekaar moet krap? Ons moet ons lewens weeg en weer weeg… kyk wat op die skaal lê en uitgooi wat nie daar hoort nie.

Wat wel in ons lewens hoort, ja, in die middel daarvan moet staan is: Jesus. Dit is asof Hy die skaal elke keer laat balanseer. Hy help ons om te fokus op wat regtig saak maak en wat nie. Dit is asof Hy vir ons perspektief in die lewe gee as ons dit begin verloor. As ons saam met Hom, ja, deur Hom na dinge kyk, lyk dit soms anders. Wat vir ons soms na reuse probleme lyk, word by Hom klein. Wat vir ons soms so belangrik lyk dat ons alles daarvoor wil opoffer, word onbelangrik as ons by Jesus staan. Ja, Hy gee sin en balans aan ons lewens.

Daarom is dit nie so sleg om elke keer te vra: “Wat sou Jesus gedoen het nie”. Dit mag dalk weer jou skaal behoorlik laat balanseer.

image_pdfimage_print

You may also like...