Aanbidding werk wonders I

 
Aanbidding werk wonders

In die loflied van Maria lees ons: Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God my Verlosser … omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het (Lukas 1:46 -47. 49)

Hierdie is ons tweede aflewering van Max Lucado se Bybelstudie: Because of Betlehem.. Vandag kyk ons na aanbidding. Aanbidding is die kragtigste mag om herstel in die hele persoon te voltooi en te onderhou.

 

“For your own sake, do what the angels did: make a big deal about the arrival of the King.” – Max Lucado. Aanbidding is ‘n integrale deel van die Kersverhaal. Ons lees dat die engel van die Here die aankondiging van Jesus se geboorte aan die skaapwagters gemaak het. Skielik was daar saam met die engel ‘n menigte engele uit die hemel wat God prys. (Lukas 2:13). Dit was die engele se uitbundige aanbidding wat die skaapwagters aangespoor het om die baba in Betlehem te gaan soek. Toe die menigte engele na die hemel teruggekeer het. Sê die skaapwagters vir mekaar:Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.

 

Mag ons intieme aanbidding van Koning Jesus nie alleen die hart van God maar ook ons eie hartte seën. Mag dit ook ander nader trek om Hom te dien net soos op die eerste Kersdag gebeur het. Ons leer drie lesse uit hierdie gedeelte:

·         Vestig jou aandag op God;

·         Herken wat Hy van ons verwag – aanbidding; en

·          Reager met anbidding.

 

“Give Jesus the gift the angels gave Him,
the gift of praise.”
– Max Lucado

 

Almal van ons aanbid iets/iemand. Die tyd wat ons spandeer om die verkeerde ding te aanbid, gaan ons nooit terugkry om die regte ding te aanbid nie. Kersfees en die gee van geskenke was nog altyd met mekaar geassosieer. Die engele gee aan Jesus die geskenk van aanbidding. God kyk uit vir mnse wat Hom wil aanbid. Elke keer as ons ‘n voorwerp of aktiwiteit vertrou om ons lewe en betekenis te gee, aanbid ons dit. As ons goeie dinge dié ding in ons lewe maak, gaan ons teleurgesteld wees. Om plaasvervangers vir God te aanbid, gaan ons harte breek en ons ontmoedig. Aanbidding doen vir die siel wat die eerste lentereëns vir ‘n droeë veld doen. Dit dring in en roer die lewe.

 

Hoe kn ons die aankoms van die Koning na behore vier?

·         Aanbid verbaal Jesus sê vir ons: Waar die hart van vol is, loop die mond van oor (Matteus 12:34). As jy God liefhet, sê dit vir Hom.

·         Aanbid in gemeenskap. Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente wegbly soos party se gewonnte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom (Hebreërs 10:24 – 25).

·         Aanbid sodat mense dit kan sien. Laat jou liggaaam uitdruk wat jou hart voel.

Moenie geleenthede laat verbygaan om God te aanbid nie: Kyk, Ek staan by ie deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal ek by Hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My (Oenbaring 3:20).

God forseer nooit sy pad in nie Hy eis nooit om met ons te ontmoet nie. Al het jy Christus vantevore weggewys, kan jy nog steeds in genade en geloof, jou plek in die hemelse koor inneem en sing: Ere aan God in die hoogste hemel (Lukas 2:14).

 

Wat is jou primêre bron van geluk, betekenis, sekuriteit en identiteit?

·         Sukses/ wat jy bereik het

·         Mag/invloed

·         Behoort/ bevestiging/reputasie

·          Lewenstyl

·         Godsdiens

·         Voorkoms

·         Finansies

·          Besittings

·         Familie

As ons van ‘n goeie ding dié ding in ons lewens maak –  ons stel dit bo alle dinge- gaan ons teleurgestel wees. Hoe kan ons ons harte op God bo alles rig sonder om aan die goeie dinge waarvan ons hou, skade te doen? Ons het ons afgode gemaak. Intense aanbidding van God is nodig. “Re joicing” is a way of praising God until the heart  is  sweetened and rested, and until it relaxes its grip on anything else it thinks that it needs (Tim Keller).

 

Die engele in die Kersverhaal het God aanbid en sê vir die herders: Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aard vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het. Mag die woorde van Psalm 103 jou woorde wees en mag dit jou liefde en dankbaarheid teenoor God uitdruk:

Ek wil die Here loof met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.

Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.

Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat my siekte genees, wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon.

Wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.