Aanneming

Aanneming

Aanneming in die Bybel het ‘n baie spesifieke betekenis. Kom ons kyk daarna.

Aanneming is, volgens J. I. Packer (Knowing God), die grootste voorreg wat die evangelie aan ons bied – selfs meer as vryspraak. Hoe is dit moontlik?

Aanneming is die begin van ‘n ryke verhouding met God. Met aanneming neem God ons op in sy familie en gemeenskap – ons word sy kinders en erfgename. Nabyheid, liefde en vrygewigheid lê in die hart van hierdie verhouding. Om in die regte verhouding met God te wees (vryspraak) is belangrik, maar om deur Hom versorg te word omdat Hy ons liefhet (aanneming) is selfs groter.

(Romeine 8:15 – 17). Ons kry basies dieselfde in Galasiërs 4:4 – 7). Daar sê Paulus dat God sy Seun gestuur het om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word.

Packer sê dat aanneming die raamwerk moet wees waardeur ons die res van ons Christelike lewe moet sien. Dit is werklik so belangrik, so noodsaaklik vir die Christelike lewe.

(1 Johannes 3:1) Ongelooflik!