Afgode in ons lewens.

Afgode in ons lewens.

Vir Israel was die teenoorgestelde van prostitusie dat hulle na hulle leiers moes luister (Rigters 2:17). Elke Israeliet moes kies wie hy gaan volg: sal hulle die gode van die nasies om hulle gehoorsaam, volg en dien of die rigter wat God gestuur het. Hulle moes besluit waar hulle vir verlossing sal kyk: die leier wat God vir hulle na vore laat kom het of na valse gode. Dieverlossing van die rigters was deur die genade en deernis van God. God stuur die verlossing omdat die mense se harte stukkend was en omdat Hy vir hulle omgee. Ten spyte van hulle ontrou aan Hom, red Hy hulle. Nêrens lees ons van enige deernis by die Kanaänitiese gode nie vals gode belowe baie, maar daar kom niks van nie.

 

Die Israeliete het ander gode aangehang – die Baäls en die Astartes (2:13). Mense kan baie gode terselfdertyd aanbid. Israel se geestelike lewe was meer ingewikkeld as ‘n eenvoudige besluit om op te hou om die Here te aanbid en dan begin om ‘n ander God te aanbid. So lees ons in Rigters 17:3: ek wy die silwer in belang van my seun aan die Here. Jy moet daarvan ‘n afgodsbeeld maak.  Wat Israel gedoen het was om die aanbidding van die Here met die aanbidding van afgode te vermeng.

 

Die heidene het geglo dat daar baie gode was elkeen met ‘n besondere sfeer van invloed Die Here heers oor elke gebied van my lewe. Jy het dus afgode gehad volgens jou behoeftes. Die aanbidder is soewerein. Heidene kon die bestaan van die Here aanvaar, maar nie sy eksklusiewe oppermag nie – Hy is een van baie.

 

Dit was hierdie geloofsisteem wat gelei het tot ISRAEL se onvermoë om die hele Kanaän in te neem. Die voortdurende saamleef van Israeliete en Kanaäniete het hierdie geloofsisteem aangemoedig en gefasiliteer. Die beloofde land word die land van aanbidding van die Here plus ander gode. Ons leef in ‘’n heidense wêreld met ‘’n hele reeks alternatiewe gode. Dit is so ‘’n subtiele versoeking wat toelaat dat ons kerklidmate is en ook hierdie ander gode  aanbid. Ons word nie ateïste nie, maar vra God om saam met ander gode in ons hart te bly. Hoe kan ons weet of J.C. die Heer van ons hel hart is?

  1. Identifiseer die vals gode in die samelewing om ons. ‘’n Beeld wat vrugbaarheid belowe sal nie baie Westerlinge trek nie. Maar ons kan leef in ‘’n stad waar besigheid ‘’n funksionele god is. Dit gee aan mense identiteit en sekuriteit. Nou kan die Christen sy aanbidding verdeel tussen die Here en geld/beroep.
  2.  Ons moet na elke gebied in ons lewe kyk: familie, beroep, besittings, ambisies, tyd, ens. – en vra:
  •  Is ek bereid om te doen wat God ook al van my in hierdie gebied vra?
  • Is ek bereid om alles te aanvaar wat God vi my op hierdie gebied stuur?

Waar die antwoord nee is, is daar ‘’n gebied van my lewe wat ek reeds oopgemaak of oorgegee het aan ‘’n alternatiewe god.