Almal word Gestuur

– Sokrates

Almal word Gestuur

Gestuur is ‘n belangrike tema in die Nuwe Testament:

  • Die Vader stuur die Seun: Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook (Johannes 20:21)
  • Die Vader stuur die Gees in Jesus se Naam: Wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het (Johannes 14:26).
  • Jesus is gestuur om die koninkryk van God te vestig: Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie (Markus 1:15). Die koninkryk het gekom, want die Seun het gekom.
  • Die kerk, die bruid van Jesus Christus, word gestuur.
  1. Jesus bou sy kerk. In Matteus 16 sê Jesus dat Hy sy kerk gaan bou. In Kolossense 1:13 lees ons hoe Hy dit doen. Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde (OAV). God stuur die kerk as sy agente van God se koninkryk uit in hierdie wêreld.
  2. Die Gees bemagtig die kerk. Soos die Seun die kerk bou deur mense in die koninkryk van God te plaas, so bemagtig die Heilige Gees die kerk om as agente van God se koninkryk te leef: Ons tree dus op as agente van Christus, en dit iswat deur ons ‘n beroep op julle doen. Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het (2 Korintiërs 5:20). Die kerk is ‘n netwerk van ambassadeurs vir Christus.

Ons is gestuur om uit te gaan as agente van God se koninkryk in hierdie wêreld.