Alweer die pous

The most likely man to go to hell is the man who has nothing to do on earth. Idle people tempt the devil to tempt them. —C.H. Spurgeon

 

Alweer die pous

Die pous is besig om dinge in die Vatikaan te roer. Op 6 Julie 2013 sê hy aan ‘n groep jong priesters, priesters in opleiding en nonne van oor die wêreld dat om die nuutste smartphone en mode bykomstigheid te besit nie die pad na geluk is nie. “Dit maak my seer as ek ‘n priester of non met die nuutste model kar sien rondry. Julle kan dit nie doen nie.”

Hy beveel aan dat hulle iets “nederiger” kies.  Dit is alles deel van sy plan om die kerk meer eenvoudig te maak met ‘n fokus op die armes.

“’n Kar is nodig  vir julle werk, maar, asseblief, kies ‘n nederiger een. As jy die spoggerige een verkies, dink net aan hoeveel kinders in die wêreld besig is om van honger dood te gaan.”

Sedert hy by Pous Benedictus in Maart oorgeneem het, het hy van die meer spoggerige uiterlike tekens van sy amp vermy. Hy leef in ‘n gastehuis in die Vatikaan en nie in die weelderige pouslike woonkwartiere nie. Die kar wat hy gebruik om in de Vatikaan rond te beweeg, is ‘n Ford Focus.