Argumente in die wiki-era

In ons wiki-tydperk bestaan ons kommunikasie vandag uit baie woorde en min denke. Ons skryf nie meer briewe nie – dit is e-posse. Ons praat oor en verby mense in plaas van met hulle. Dit geld selfs in Christelike kringe. Wat is dan goeie kommunikasie?

 

Dit gaan nie net oor wat ons sê nie, maar ook oor hoe ons dit sê. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Ons moet gereed wees met argumente en redes. Maar dan voeg Petrus by: Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. Sorg dat julle gewete skoon bly, sodat dié wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster, daarvoor skaam kry dat hulle kwaad van julle gepraat het (1 Petrus 3:16 – 17).

Ons moet ook baie versigtig wees om nie karikature te skep nie. Ons moet ander se werklike sienings hanteer en nie wat ons dink hulle siening is nie – ons wil nie strooipoppe bou en dit dan afskiet nie. Glo ons dan nie dat die waarheid kan oortuig nie?

Wat is die kenmerke van ‘n goeie argument?

  • Vermy persoonlike aanvalle. Ons fokus so graag op die persoon. Hoekom? Dit is makliker, want al wat ons nou hoef te doen is om ons eie mening uit te spreek. Ons wil meer weet van die sake wat bespreek word en minder van die debatteerders.
  • het, kan ons niks glo wat hy gesê het nie. Dit is tog nie waar nie.
  • Veralgemenings. Veralgemenings is algemeen, want hulle maak ons taak makliker. Ons aanvaar of verwerp sienings sonder om hulle werklik te bestudeer. Emosies vervang logika.
  • Moenie jou gevolgtrekking aanvaar sonder om dit te verdedig nie.

Jy verdien die reg om ‘n siening te kritiseer slegs as jy dit op so ‘n manier gestel het, dat die persoon wat daardie siening huldig dit as korrek sal aanvaar. Liefde en waarheid is nie vyande nie. Ons sal nie ander met slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. Nee. Ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof (Efesiërs 414 – 15).