Miga

Miga

Hierdie week gaan ek ‘n paar blogs aan Miga spandeer (Rigters 17 en 18). Ek maak onder andere van Tim Keller se kommentaar :Judges for you (God’s word for you), gebruik.

 

In Rigters 17 lees ons van Miga. Daar word 13 kg silwer van sy ma gesteel; sy ma vervloek die dief en Miga hoor dit. Hy bieg dat hy die silwer gesteel het en gee dit terug. Sy sê: Ek wy die silwer in belang van my seun aan die Here. Jy moet daarvan ‘n afgodsbeeld maak. Ek gee dit aan jou terug my seun. Sy neem toe 2 en ‘n half kilogram en gee dit aan die silwersmid om ‘n afgodsbeeld van te maak.

 

Miga se ma wys haar dankbaarheid teenoor die Here deur die tweede gebod te oortree – sy maak vir Hom ‘n afgodsbeeld. Maar sy is ook oneerlik. Sy sê: ek wy die silwer in belang van my seun aan die Here. Sy gee net ‘n deeltjie van die silwer aan Hom sy plaas nie werklik die Here eerste nie. Sy gee ook nie vir Hom oppermag oor elke deel van haar lewe nie. Sy gee van haar rykdom,aan die Here, maar hou die meerderheid terug.Sy gebruik baie God-taal. Dit is maklik om dit te doen en te sê dat God jou Here is en ons gehoorsaam Hom net in sekere sektore van onss lewens. In ander gebiede leef ons net soos ons wil. Soms gehoorsaam ons Hom net gedeeltelik. Ons hou van ons geld of tyd of emosies of verhoudings terug as ‘’n versekeringspolis ingeval God nie reageer soos ons wil hê dat Hy moet nie.

 

Soms is dit  valsheid meer tipies is dat ons nie die implikasies van die evangelie vir elke deel van ons lewe deurdink nie. In Galasiërs 2;14 konfronteer Paulus vir Petrud: jy is ‘n Jood en jy hou jou nie meer by die Joodse gebruike nie. As jy self leef asof jy nie ‘n Jood is nie hoe kan jy dan mense wat nooit Jode was nie,  wil dwing om te lewe asof hulle Jode is.

 

Baie Christene is onchristelik in die manier waarop hulle hulle werkslewe hanteer of hulle is net so genadeloos in besigheid. Dit is maklik om ons hele lewens Sondae aan God te wy, maar dan gee ons net ons Sondae aan Hom.

 




In Christus alleen

In Christus alleen

Is die vyf sola’s deel van die Bybel? John Piper het ‘n nuwe boek hieroor geskryf. Vandag kyk ons na in Christus alleen. Daar is geen ander Naam op die aarde aan die mense gegee, waardeur God wil dat ons verlos moet word nie (Handelinge 4:12). Mohammed of Boeddha of Maria of die pous gaan ons nie verlos nie. Hierdie waarheid onderskei die Christelike geloof van alle ander gelowe. Jesus alleen, die kruis alleen en vir sy heerlikheid alleen. Kom ons kyk na ‘n paar sleutelverse:

  • Romeine 8:1 – 3: Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. Wat die wet nie by magte was om te don nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel.
  • 2 Korintiërs 5:21: Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus deur God vrygespreek kan word.
  • Galasiërs 2;21: As ‘n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.
  • Galasiërs 5;2 – 4: Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indruk nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou. Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur.

 

Die Hervormers was mense gevorm deur die boek. Hulle het die boek bestudeer en so baie noodsaaklike waarhede (her)ontdek. Dit is duidelik dat hierdie sola:, in Christus alleen, duidelik Bybels gefundeerd was

 

 

 

M

 




Is versoening belangrik?

Is versoening belangrik?

Daar is drie praktiese implikasies van die leer van versoening

 

  1. Dit verhoog die persoonlike aspek van God se liefde vir ons

Martin Luther het gesê dat die aantreklikheid van die evangelie lê in die voornaamwoorde. Die Seun van God het my lief en het Homself vir my gegee.

 

  1. Dit skep ‘n fondament vir ons versekering.

Calvyn sê dat Christus se dood die oordeel van God antisipeer. Wat hy bedoel het, is dat in die dood van Christus die oordeel van ons sondes deur God verby is en op Christus neergekom het. Daar is dus nou geen veroordeling vir diegene wat in Christus is nie. Versoening is die fondament van ons versekering van die vergifnis van ons sondes.

 

  1. Dit motiveer ons viR evangelisasie en sending

Openbaring vertel vir ons dat deur die bloed van Christus mense uit alle stamme, tale en nasies losgekoop is om ‘n koninkryk van priesters te wees

..

Hulle evangeliseer, verkondig die evangelie en sien hoe van God se uitverkorenes tot geloof kom., want Christus het vir mense van alle stamme en tale gesterf. Versoening motiveer ons om te evangeliseer en vir sending.

.

 

 




Wees soos Boas

Wees soos Boas

Stories oor magtige mans wat swak optree teenoor vrouens is algemeen in ons hedendaagse lewe. Die moderne werkplek is ‘n werkplek vol stories van diskriminasie, hipermanlikheid en teistering. Maar daar is ook uitsonderings van mans wat Efesiërs 6;5 – 9 uitleef in ‘n wêreld van Efesiërs 5:3 – 5. Om ons te leer hoe om dit te doen kan die storie van Boas en Rut in die Ou Testament vir ons ‘n paar lese leer.

 

Rut was ‘n weduwee sonder enige manlike familielede om haar te versorg en te beskerm sy was boonop ‘n Moabiet en dus op die laagste sport van die sosiale leer. Sy was kwesbaar vir armoede en misbruik. Boas wat Rut se sosiale teenoorgestelde. ‘n Israeliet uit die prinslike geslag van Juda. ‘n Ryk man van invloed Hy het sy gesag en invloed gebruik om sy werkers te beïnvloed en te beskerm, insluitend vir Rut. Dit doen hy op verskillende maniere.

 

  1. Aandag en optrede. Boas se organisasie het verskillende vlakke van bestuur gehad (Rut 2:3, 6 en 8).

Tog sien hy toe Rut aansluit by die span. Hy weet ook wat sy die mense van Rut gedink het. Kultuurnorme mag Boas oortuig het om Rut te ignoreer, want sy was immers ‘n Moabiet. Maar dit spoor vir Boas aan om positief op te tree teenoor haar ((Rut 2:8 – 9). Integriteit in die werkplek begin as jy soek na maniere om jou werkmense te beskerm en te seën. Moenie hulle kwesbaarheid en behoeftes ignoreer nie.

 

2.Beskerming en voorsiening Die doel van Boas se optrede was: beskeming:

Ek het die manne aangesê om jou nie lastig te val nie (Rut 2:9b) en om haar te help om produktief te wees (2:9c; 15 – 16). Boas was duidelik in sy opdragte aan sy mense en aan Rut. Om te verseker sy sal nie lastig geval word nie. Hy was ook duidelik in sy opdragte om vir haar en die ander vroue te sorg Hy skep ‘n omgewing waarbinne haar werk makliker sou wees. Haar werkomgewing was meer as net fisies veilig. Sy voel welkom in hierdie omgewing.

 

Beleid wat mense teen misbruik beskerm is reg en goed. Jy moet ‘n basiese vlak van veiligheid verseker sodat jou werkmense hulle werk kan doen.

 

  1. Beleid en persoonlike voorbeeld

Boas het beleid vir sy mense gevestig wat duidelik en direk was. Hy het ook sy opdragte gemodelleer.  Hy was duidelik dat Rut nie gemolesteer mag word nie. Na hulle gesprek, gaan hy uit sy pad om haar reputasie te beskerm: Dit moenie bekend word dat ‘n vrou na die dorsvloer toe gekom het nie (Rut 3:14). Hy eet saam met haar en bedien haar selfs in die openbaar (Rut 2:14).

 

As jy in ‘n posie van leierskap is, moet jy die waardes en gedrag wat jy probeer bou om integriteit te bevorder, modelleer.

 

Boas se leierskapstyl was nie die norm van destyds nie. Hy leef aan die einde van die rigter-tydperk. En almal het gedoen dit wat reg was in hulle eie oë (Rigters 21:25). Sy sorg en beskerming van vroue was teen die kultuur van destyds Jesus het ook vroue geëer en geseën in ‘n kultuur wat dit selde gedoen het. Hy het hulle lyding verlig en hulle herstel in die gemeenskap en gesin (Matteus 9:20; Lukas 7:12 – 15); Hy het die waardigheid van vreemdelinge erken (Johannes 4:1 – 28; Matteus 15:22 – 28) en seën vroue met ‘n tragiese verlede (LUKAS 7:36 – 50).

 

As jy ‘n man is met gesag en invloed in die werkplek gebruik dit om vroue te beskerm en te bemagtig. In die proses volg in die voetspore van Boas en Jesus Christus.