Psalm 119:42

When prophets and teachers have to do with a teachable people, they have no need to fight: but when there is no fear of God, and no regard for him, yea, when men are led away by the violence of their lusts, no godly teacher can exercise his duty without being prepared for war. — John Calvin

 

Psalm 119:42

Dan sal ek dié wat my vals beskuldig, kan antwoord, want ek vertrou op u woord (NAV)

Sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord (OAV)

Dan sal ek nie bang wees vir almal wat met my spot nie, want ek hou net vas aan wat U sê (Die Boodskap)

 

 

Iemand het die psalmis vals beskuldig of gespot. Die dan aan die begin van die vers koppel dit aan vers 41 waar die psalmis gepraat het van die liefde en redding van die Here. Dan alleen sal hy ‘n antwoord hê vir diegene wat hom beskuldig of met hom spot.

 

Hoe antwoord ek iemand wat my vals beskuldig? Deur te sê: God het my lief en Hy red my. Is dit nie goed as ons duidelik kan sê wat ons van God weet en wat ons verhouding met Hom is nie? Die doel van ‘n vals beskuldiging is om ons te verkleineer. As ek weet dat God my liefhet en red, gee dit vertroue aan my.

 

Die laaste gedeelte van vers 42 is die sleutel tot die verstaan van vers 41 en 42: Want ek vertrou op u woord. As gevolg van hierdie vertroue weet die psalmis dat hy vals beskuldigings kan hanteer. Die psalmis weet dat God se woord betroubaar is.

 

God gee aan ons vertroue in u woord, u liefde en u redding sodat ons nie ontmoedig word nie. Amen.

 

 

 




Ons is teen aborsie?

 “Correction is a medicine, which has always some bitterness, and consequently is disagreeable.” – Johannes Calvyn

 

Ons is teen aborsie?

Die kerk is teen aborsie. Die gelowiges is teen aborsie. Ons is pro-lewe. Is ons? Suster Joan Chittister, ‘n Benediktynse non en skryfster, vra die vraag of dit wel so is. Luister hierna:

 

I do not believe that just because you’re opposed to abortion, that makes you pro-life. In fact, I think in many cases, your morality is deeply lacking if all you want is a child born, but not a child fed, a child educated, not a child housed.

 

And why would I think that you don’t? Because you don’t want any tax money to go there. That’s not pro-life that’s pro-birth. We need a much broader conversation on what the morality of pro-life is.

 

Kan ons werklik sê dat ons pro-lewe is as daar elke dag kinders van honger en voorkombare siektes doodgaan? As ons aanhou kinders mishandel? As kinders geen toegang tot onderwys het nie? Ek dink Suster Joan Chittister het hier ‘n senuwee raak geboor.

 




Jou hart

Reading Scripture is like collecting pollen. Meditating on it is like making honey. —Bruce Waltke

 

Jou hart

Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe (Spreuke 4:23).

Wat is die boodskap wat hierdie stelling wil oordra? Hoe moet ons versigtig wees?

 

Die hoekom ons versigtig moet wees, gee die skrywer vir ons: Want dit bepaal jou hele lewe. Die hart is die middelpunt van ons geestelike, fisiese, emosionele en intellekuele lewe – ons belangrikste besittings. God is baie bekommerd oor die toestand van ons hart, want Hy het ons harte aan ons toevertrou om gesond te hou – in alle fasette.

 

Maar hoe sorg ons vir ons harte?

  • Ons bid gereeld dat God in elke gedagte en interaksie van ons teenwoordig sal wees.
  • Ons oefen sodat die hart wat die bloed deur ons liggame pomp gesond sal bly. Dit is die hart wat ons aan die gang en aan die lewe hou.
  • Ons sit met ander manne wat wyser as ons is – vriende, ouers, mentors en terapeute. Daar is absoluut niks mee verkeerd om na terapeute te gaan nie.

 

Gebed, oefening en wyse raad verseker dat ons dit wat ons hele lewe bepaal – die hart – oppas. Is jy versigtig met wat in jou hart omgaan?

 




Trots en leuens

Television knows no night. It is perpetual day. TV embodies our fear of the dark, of night, of the other side of things. -Jean Baudrillard, sosioloog en filosoof (1929-2007)

 

Trots en leuens

Trots is nie iets wat jy doen nie – dit is erger as dit. Dit is ‘n soort geestelike hartsiekte wat geloof vernietig. Hierdie siekte versprei deur leuens wat ons hart maar te gewillig is om te glo. Daar is veral drie dinge wat ‘n trotse hart glo wat deur die waarheid reggestel moet word:

 

  •  Ek is beter. ‘n Trotse hart vergelyk, maar op so ‘n manier dat nie een van die ander kan wen nie. Dit verseker die persoon dat hy baie goed is in vergelyking met ander. Hy ignoreer die sterkes en spot die swakkes om te wys dat hy beter as hulle is. Dit is die gesindheid van die Fariseër wat naby die tollenaar in die tempel gestaan het toe hulle gebid het. Hy fikseer so op die ongeregtigheid van die ander man dat hy dink dat hy heilig is. Hy voel gemaklik omdat hy beter as ‘n ander sondaar is. Hy is nie nederig en gebroke voor die aangesig van God nie. ‘n Trotse hart glo: Ek is beter.
  • Ek verdien beter. ‘n Trotse hart glo dat hy verdien wat hy begeer – nie net dit wat hy het nie. Altyd ontevrede; nooit genoeg nie. Ons is ontevrede met die gawes wat God aan ons gegee het; ons kan nie saam met diegene wat meer as ons het, bly wees nie. Ek verdien dat dinge moet verloop soos ek dit wil hê.
  • Ek is voldoende. ‘n Trotse man vertrou op sy eie vermoëns. Hy kyk net na homself as iets gedoen moet word. Hy weier eerder hulp as om ‘n swakheid te erken. Dit laat jou op jou eie om die eise van die lewe te hanteer.

 

Die vyand van trots is nie nederigheid nie, maar geloof. Dit beteken ons erken: Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing (1 Korintiërs 1:30). Geloof laat ons dinge reg sien. Ons sien God soos Hy Hom aan ons geopenbaar het – ons sien ook onsself soos ons werklik is. Geloof glo nie dat ek beter is nie – ek besef dat ek God se wet verbreek het. Geloof glo nie dat ek beter verdien nie – ek besef dat wat ek het slegs onverdiende genade is. Geloof glo nie dat ek voldoende is nie – dit laat my besef hoe afhanklik ek van God is.

 

Trots en die leuens wat dit glo, kan net deur geloof oorwin word As ek trots wil doodmaak en in nederigheid wil groei, moet ek my aan God oorgee.