Sonde

 “Give people a common enemy, and you will give them a common identity. 
Deprive them of an enemy and you will deprive them of the crutch by which they know who they are.” – James Alison

 

Sonde

Die woord sonde kry ons vir die eerste keer in die Bybel in Genesis 4:7 waar die Here vir Kain sê die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers. Dit is nie die eerste sonde nie. Paulus sê: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom (Romeine 5:12 – 14). Paulus verwys hier na Adam.

 

 Maar wat is sonde? In Genesis 3 is dit Adam en Eva wat vrugte eet van die boom in die middel van die tuin – al het God hulle verbied om dit te doen. In Genesis 4 is dit Kain wat sy broer vermoor. Dwarsdeur die Bybel kry ons verskillende vorms van sonde: leuens, steel, afgodery, owerspel, ens.

 

Wat is die kern van al hierdie optredes? Wat maak hulle nou juis sonde? Dit is opsetlike minagting van God. Sonde se boosheid is nie die skade wat dit aan ander doen nie (al is dit groot), maar minagting vir God.  Toe Dawid owerspel met Batseba pleeg en selfs haar man laat vermoor het, stuur God die profeet Natan na Dawid. Wat sê God deur sy profeet vir Dawid? Hy sê nie vir Dawid dat owerspel en moord sonde is nie. Jy het My geminag toe jy Urija die Hetiet se vrou vir jou gevat het (2 Samuel 12:10).

 

Enige sondige optrede – leuens, owerspel, moord, steel, ens – is die vrugte van die sonde. Die werklik kern is die minagting van God.

 

 




Is ek gewillig …

How extremely difficult it is for you to discharge your duty in seeking the advantage of your neighbour! Unless you quit all selfish considerations, and, as it were, lay aside yourself, you will effect nothing in this duty.  — Johannes Calvyn

 

Is ek gewillig …

Oswald Chambers in sy klassieke boek (My Utmost for His Highest) vra die vraag: “Am I willing to spend and be spent; not seeking to be ministered unto, but to minister?” Hy sê dat elkeen van ons hierdie vraag vir onsself moet vra.

 

  • Sal ek met blydskap dien as ek sonder slaap of rus gegaan het?
  • Sal ek dien al voel ek ek is nie opgewasse vir die taak nie?
  • Sal ek vir ander opoffer as ek min het om te gee – as my opoffering my seermaak?
  • Sal ek met vreugde dien as ek emosioneel gedreineer is en finansieel sukkel?
  • Sal ek ander dien of stel ek meer daarin belang dat ander my dien?

 

Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe, sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is (2 Korintiërs 5:14 – 15).

 




Bonhoeffer (33)

God made people because God loves stories – Talmoed

 

Bonhoeffer (33)

 

 




‘n Nuwe Kategismus

The opposite of retaliation is to entrust ourselves to God, who judges justly. —Jerry Bridges

 

‘n Nuwe Kategismus

Vraag 1: Wat is jou enigste troos in lewe en sterwe?

 Ons herken dit as die eerste vraag in die Heidelbergse Kategismus. Maar hoeveel van ons kan verder as dit kom? Kategese, veral vir volwassenes, het feitlik uit ons kerke verdwyn.  Dit is darem ‘n baie Middeleeuse benadering.  Hoekom is dit vroeër as normaal beskou? Hoekom het kerke voortdurend nuwe kategismusse vir hulle gebruik geproduseer?

 

  • Dit is ‘n omvattende uiteensetting van die evangelie. Dit het nie alleen verduidelik wat die evangelie is nie, maar het ook die boustene waarop die evangelie gebou is, verduidelik. Hier dink ons byvoorbeeld aan die leer van God, die menslike natuur en sonde.
  • Om die uiteensetting op so ‘n manier te doen dat die dwaalleer, foute en vals gelowe van die tyd en die kultuur duidelik hanteer en weerspreek kan word.
  • Om ‘n teen-kultuur te vorm – mense wat duidelik onderskeibaar is van die nie-Christene. Hierdie mense het die beeld van Christus weerspieël – nie alleen individueel nie, maar ook in die kerk se gemeenskaplike lewe.

As ons na hierdie redes kyk, kom die vraag na vore: Is dit nie tyd om na ‘n nuwe kategismus te kyk nie? Natuurlik moet ons uiteensetting van die leer van die evangelie nie verskil van dié van vorige kategismusse nie, maar ons kultuur het tog verander. Ons versoekings, foute en uitdagings het ook verander. Moet ons nie opnuut toegerus word om die regte antwoorde te gee nie?

‘n Groep (die Gospel Coalition en Redeemer Church in New York) het besluit om die New City Catechism saam te stel. Dit sal vrae wat mense vandag vra, beantwoord. Dit gaan uit 52 vrae bestaan – een vir elke week Dit behoort dus maklik by gemeentes se programme in te pas.

‘n Ander eienskap van hierdie nuwe kategismus is dat dit ‘n gesamentlike kinder en volwasse kategismus  is – dieselfde vrae word gevra en die kinders se antwoorde is deel van dié van die volwassenes s’n. Terwyl die ouers hulle kinders leer, leer hulle self die antwoorde.

By elke vraag en antwoord is daar ‘n kort geskrewe kommentaar van ‘n historiese figuur (Augustinus, Spurgeon, Wesley, ens) en ‘n kort video kommentaar van een van die Gospel Coalition se direksielede  of lede van Redeemer Presbyterian Church.

By newcitycatechism.com kan jy meer inligting kry en jy kan jou gratis interaktiewe iPad application aflaai Jy kan die kategismus ook op die Internet gebruik  Vanaf 22 Oktober 2012 kan jy ook inskryf vir weeklikse opdaterings deur e-posse.

Ek het na hulle webblad gekyk en ek dink hierdie is ‘n uitstekende ontwikkeling – veral  as ons onthou dat Bybelse ongeletterdheid vandag so ‘n groot probleem is. Gaan kyk self na die webblad en besluit dan.