Bediening vandag: vyf noodsaaklike elemente

image_pdfimage_print

God is far more willing to save sinners than sinners are to be saved. —J.C. Ryle

Bediening vandag: vyf noodsaaklike elemente

Dit is nie maklik vir Christene nie. Die media sê die Christendom gaan agteruit – mag selfs besig wees om dood te gaan. Ons hoor dat jongmense die kerk verlaat. Ed Stetzer identifiseer vyf dinge wat ons oor die volgende tien jaar sal moet hanteer.

 

  • ‘n Duidelike verstaan van die evangelie. Die evangelie is nie ek doen nie, maar Jesus het gedoen.  Ons moenie ‘n nuwe blaadjie omslaan nie … ons moet ‘n nuwe lewe ontvang en uitleef. Onder geen omstandighede mag ons ‘n boodskap verkondig wat nog waar sal wees al het Jesus nie aan die kruis gesterf nie.
  • ‘n Sterker fokus op dissipelskap. God ontwikkel ons; Hy maak ons wat Hy wil hê ons moet wees. Maar is ons daarvan bewus?  Navorsing toon dat dissipelskap nie hoog op Christene en gemeentes se agenda is nie. Dit beteken dat ons nie uitleef wat God wil hê ons moet wees nie.
  • Meer passie vir uitreik. Ons moet ontslae raak van die idee dat die leraar verantwoordelik vir alles wat in die gemeente gebeur, is. Hulle sou dan die mense wees wat geroep is om uit te reik en die lidmate in die banke is verbruikers van godsdienstige goedere. Almal – leraars en lidmate – is betrokke by God se uitreik beginnende in jou plaaslike gemeenskap.
  • Evangelisasie in die tyd van die “nones.”  Hierdie is mense wat sê dat hulle aan geen kerk behoort nie. Gemeentes moet maniere vind om hulle lidmate  te lei om na hulle bure uit te reik. Dit beteken onder andere dat ek die goeie nuus vertel waar ek leef en werk.
  • Nuwe denke in die ontwikkeling van beste praktyke. God gebruik dikwels instrumente vir sy doel. Ons moet goeie rentmeesters wees en instrumente wyslik gebruik – nuwe maniere om diegene wat seer het en swaarkry te help; nuwe tegnologie te gebruik.

Die kerk bestaan toenemend in ‘n post-Christelike kultuur. Is ons bereid om sekere waarhede te aanvaar en sekere van ons gedragte te verander om die wêreld met die boodskap van die evangelie te bereik? ‘n Jongman sit en Bybel lees en iemand vra vir hom: “Verstaan jy wat jy lees?” Die jongman antwoord: I’ve read the end of the Book, and I know what you know: Jesus wins. I just want to be a part of what His team is doing before He returns.  

image_pdfimage_print

You may also like...