Beleefdheid

image_pdfimage_print

I profess to be one of those who, by profiting, write, and by writing profit (Augustinus)

 

Beleefdheid

Rick Warren het die Saddleback Civil Forum gekanselleer. Tydens hierdie forum is daar ‘n debat tussen die twee presidentskandidate vir die Amerikaanse verkiesing. Hierdie forum is gekanselleer weens ‘n gebrek aan beleefde debat tydens die huidige verkiesingsveldtog. Is die wêreld – ook Suid-Afrika – in ‘n beleefdheidskrisis?

 

 

Hoekom is daar hierdie krisis?

  • Ons is vinnig om diegene wat van ons verskil te etiketteer. Dit lei tot verkeerde persepsies en mense begin hulleself verdedig. Geen samewerking is moontlik as mense die hele tyd hulleself verdedig nie.
  • Ons trek ander se sienings skeef sodat hulle dom lyk. Advertensies vir kandidate is vol foute en veralgemenings. Die ander kant reageer en ons kry ‘n bose kringloop. Dit is makliker om die foute van ander uit te wys as om jou eie saak te stel.
  • Ons gebruik vrees as ‘n wapen. Dit is baie doeltreffend om mense wat oningelig is te oorreed.

 

Goed en wel, maar wat nou? Drie dinge mag help:

  • ‘n Gees van samewerking. Dit beteken nie dat ons oor alles moet saamstem nie – dit beteken ons moet bereid wees om dinge vanuit ‘n ander se perspektief te sien en dan saam te werk. Ons kan van mekaar leer.
  • ‘n Kollektiewe visie. Nasionale tragedies bring ons bymekaar. Kan ons nie dieselfde gesindheid kry as dit met ons goed gaan nie? Wat ons nodig het, is ‘n kollektiewe visie vir ‘n beter land.
  • ‘n Doel wat deur almal aanvaar word. Dit is moeilik. Iemand moet die doel formuleer en wie is dit?

 

Daar is ‘n beleefdheidskrisis in die wêreld. Is hier nie ‘n groot geleentheid vir die kerk om mense weer bewus te maak van die belang van beleefdheid nie?

 

image_pdfimage_print