Berei ek my voor vir die erediens?

image_pdfimage_print

We are never nearer Christ than when we find ourselves lost in a holy amazement at His unspeakable love. —John Owen

 

Berei ek my voor vir die erediens?

Soms besluit ons skielik ons gaan fliek of uiteet. Geen voorbereiding nie. Of ek nou voorberei of nie, bepaal nie of ek die fliek gaan geniet nie – dit is vermaak. Is dit nie hoe ons dikwels eredienste benader nie?

 

Hoe berei jy voor vir ‘n erediens? Is dit ‘n gejaag om al die kinders betyds skoon en aangetrek te kry? Miskien dink jy dit is nie nodig om voor te berei nie. Maar hoe ons voorberei, bepaal hoe voordelig ons tyd as geloofsgemeenskap saam, is. Daar is veral twee foute wat ons maak:

  • Ons kan as toeskouers voorberei – ons kom kyk en nie om deel te neem nie – soos ‘n rugbywedstryd. My gesindheid is: “Vermaak my; wys vir my iets ongelooflik.”  Dit kan ook met ons bywoning van eredienste gebeur. Almal moet seker maak dat ek my geniet; die musiek moet net reg vir my wees, die prediker moet nie te lank preek nie – ek moet nog met my lewe voortgaan. Ons kom as toeskouers – ons verwag om gevoed te word.
  • Ons kan ons as werkers voorberei. Jy mag voorberei vir jou kategeseklas, of jou werk by die inligtingstoonbank … Ons maak ‘n lysie van alles wat ons moet doen en maak seker ons is betyds daar. Ons kop is vol logistiek. Voorbereiding vir die erediens is om te bepaal wat ek moet doen.

 

Maar hoe moet ons ons dan vir ‘n erediens voorberei?

  • Berei jou voor om te ontvang

As ons in ‘n erediens sit, praat God met ons deur die Bybel wat gelees word, die sang en die prediking. As ons God sien vir wie Hy is, word ons oorweldig deur sy grootheid en heiligheid – om sy teenwoordigheid te ondervind, om sy onbeperkte liefde en genade te sien. Ons moet vir God vra om ons te help om sy openbaring met nederigheid en dankbaarheid te ontvang.

 

  • Berei jou voor om te reageer

As God Homself aan ons openbaar, gebeur daar dinge – ons moet reageer. Ons aanbid Hom, want ons het weer sy grootheid, heiligheid, liefde en genade gesien Ons bely ons sondes, ons ontvang sy woord, ons neem deel aan die nagmaal ons gee ons finansiële bydrae – alles is ‘n dankbare reaksie op wie God is en wat Hy vir ons in Jesus Christus gedoen het.

 

  • Berei voor om ander geestelik op te bou

Ons aanbidding hou nie op as die slotgesang gesing en die prediker amen gesê het nie. Dit gaan voort as ons met ander praat, hulle aanmoedig, vir hulle bid en vir hulle omgee. God gebruik mense om sy liggaam op te bou: Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop (1 Korintiërs 14:26). Woon jy die erediens by met die verwagting dat God jou gaan gebruik? Jy het ‘n bydrae om te maak. Vra vir God hoe Hy jou hierdie Sondag gaan gebruik om ander op te bou.

 

Hoe berei ek voor as ek Sondag ‘n erediens gaan bywoon? Maak jou reg om God te ontmoet en reageer met dankbare aanbidding met jou hart en lewe.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...