Bid vir jou broer

image_pdfimage_print

 

It is all very well to look at the bright side of things, but it is very difficult to think either poets or anyone else quite believe all they say, when they sing very loudly in praise of poverty. – Erasmus

 

Bid vir jou broer

John Hyde was ‘n sendeling in Indië. Hy is in 1912 oorlede. Hy was bekend as “Biddende Hyde.” Hy sê dat die grootste les wat God hom nog ooit oor gebed geleer het, was toe hy vir ‘n ander pastoor in Indië gebid het. Hierdie pastoor het baie probleme in Indië veroorsaak.

 

Hyde begin sy gebed met: “O, God, U ken hierdie broer, hoe …” Hy wou sê “koud” toe ‘n stem vir hom gesê het: “Wie aan Hom vat, vat aan my oogappel.” (Dit verwys na Sagaria 2:8). Hyde was hewig ontstel, val op sy knieë neer en bely sy eie sonde. Toe bid hy: “Vader, wys vir my watter dinge mooi en goed is in my broer se lewe.” Toe onthou Hyde skielik watter opofferings daardie man vir God gemaak het; hoe hy alles gelos het vir Christus; hoe hy vir Christus gely het. Hy dink aan die baie jare wat hierdie man onder baie moeilike omstandighede in die koninkryk van God gewerk het. Hyde onthou sy toewyding aan sy vrou en familie. John Hyde spandeer daardie dag sy gebedstyd met die Here deur Hom te loof vir sy broer se geloof.

 

Kort daarna reis Hyde om hierdie pastoor te  sien. Daar leer hy dat hierdie man pas ‘n geestelike vernuwing ondervind het.

 

God se oorweldigende liefde vir ons wat ons beskerm, na Hom toe terugtrek en ons hernuwe, is die wortel van God se jaloesie vir ons. Hy sal ons nie laat gaan nie, want ons is kosbaar vir Hom.

 

image_pdfimage_print