Bonhoeffer (22)

. — John Calvin

Bonhoeffer (22)

  • 1Ek sit hier in die tronk omdat ek vir die Here werk. Dit wys hoe ernstig ek oor hierdie dinge is, en juis daarom vra ek julle mooi: leef so dat God trots kan wees dat Hy julle na Hom toe geroep het. 2Moenie voor op die wa wees nie en behandel ander mense so dat dit vir hulle lekker is om by julle te wees. As iemand jou kwaad maak of irriteer, beheer jouself deur steeds mooi teenoor hom op te tree. Laat liefde julle lojaal teenoor mekaar hou, ook wanneer julle voel julle het nou vir eers genoeg van mekaar gehad. 3Die Heilige Gees het van ons een hegte span vir God gemaak. Hierdie “een-wees” en “saam-wees” moet ons tot elke prys bewaar. Ons moet nie toelaat dat enigiets tussen ons kom wat die goeie verhouding tussen ons bederf nie. God is nie verdeel nie. 4Daar is net een liggaam van Christus, waarvan ons deel is, en net een Heilige Gees. Ons almal se hoop is ook een en dieselfde. 5Ons dien een Here, ons geloof is dieselfde en daar is net een doop. 6En dan is daar ook net een God en Hy is die Vader van ons almal. Niks en niemand is soos Hy nie, want Hy is belangriker as alles en almal. Hy werk deur ons en woon in ons almal (Efesiërs 4:1 – 6 – Die Boodskap).
  • Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek    Hom loof met my lied. Die Here is ‘n sterkte vir sy volk, ‘n veilige beskutting van sy gesalfde. Red u volk en seën dié wat aan U behoort; wees vir hulle ‘n herder en sorg altyd vir hulle (Psalm 28:7 – 9).

 

Dit is vir ons dikwels makliker om te kla oor wat God nie vir ons gee nie as om dankbaar te wees vir dit wat Hy wel gee. Ons moet God altyd dank vir ons geloofsgemeenskap en die ondersteuning wat ons van hulle kry.