Bybelse beginsels oor geld

– Franciskus van Assisi se “primitiewe reël.”

Bybelse beginsels oor geld

In die Bybel kry ons ten minste ses beginsels oor geld. As ons slegs een van hierdie beginsels aanvaar, is ons nie in balans nie – al ses moet aanvaar word.

  • God gee aan sommiges in oormaat sodat hulle met diegene wat minder het, kan deel.

(2 Korintiërs 8:13 – 14).

God sal nie môre van ons vergeet nie. Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopsprys daarvan gebring en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte (Handelinge 4:34 – 35). Dit is hoekom God aan sommige van ons baie gegee het – om dit weg te gee. Om met die armes te deel, is ons plig en blye voorreg.

  • Jesus se radikale vrygewigheid teenoor ons dien as ‘n model en motivering vir ons radikale vrygewigheid.

In 2 Korintiërs 8 en 9 verduidelik Paulus aan die Korintiërs dat Jesus se vrygewigheid teenoor hulle die patroon van hulle vrygewigheid teenoor ander moet wees. As God ons vermoë om geld te verdien verbeter, moet ons dit gebruik, nie om ons lewenstandaard verder te verhoog nie, maar wel om ons standaard van gee te verhoog. God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer (9:10). Sy deernis teenoor ons moet ons natuurlik instel om diegene in nood te help.

  • Die Heilige Gees moet ons lei na watter offers ons persoonlik moet maak.

Hoe weet ek waar ek my beperkte hulpbronne moet gebruik? Oppas: as jy net gee waar die Heilige Gees jou sê jy moet, voer jy net bevele uit – jou hart loop nie oor van dankbaarheid nie.

  • God verheug Hom in ons genieting van sy materiële gawes

  • God, nie geld nie, moet ons primêre bron van skoonheid en veiligheid wees
  • Om rykdom te bou, mag wys wees
  • Elke beginsel op sy eie kan misbruik word, maar as ons die beginsels as ‘n pakket sien en aanvaar, is ons getrou aan die Bybel se raad.