Jesus die lig vir die wêreld (8:12-20)

Jesus die lig vir die wêreld (8:12-20) – Francois Malan

Die gesprek tydens die loofhuttefees, wat deur die verhaal van die owerspelige vrou onderbreek is, word hier voortgesit.

8:15 Die Jode kon dit nie verstaan nie, want vir hulle geld net wat voor oë is (7:24), die uiterlik sigbare verskyning van Jesus in ‘n nederige gestalte. Sy goddelike ewige wese sien hulle nie raak nie. Die doel van Jesus se sending is egter nie om te oordeel nie (3:17), maar die oordeel is ‘n onafwendbare gevolg van sy koms en sy woord.

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




‘n Vrou in owerspel betrap (7:53-8:11)

‘n Vrou in owerspel betrap (7:53-8:11) – Francois Malan

Hierdie verhaal is in die vroeë kerk mondelings oorgelewer en eers in die 4e eeu n.C. in sommige manuskripte opgeneem, wat dit op verskillende plekke ingesit het, soms met ‘n aantekening dat dit nie oorspronklik van Johannes af kom nie. Die plasing na Johannes 7:52 suggereer dat die episode tydens die vrolike Loofhuttefees gebeur het. Dit is ook ‘n goeie voorbeeld van wat Jesus in Johannes 8:15 sê.

7:53-8:2  Jesus bly die nag op die Olyfberg (vgl. Mt 8:20; Lk 21:37). Die rabbi’s het gewoonlik gesit wanneer hulle hulle leerlinge geleer het. Jesus sit ook rustig terwyl Hy die volk leer. Sy krag lê in sy persoon en die krag van sy woord. 

 

8:3 Skrifgeleerdes en Fariseërs ‘bring’ die vrou na Jesus toe – die werkwoord suggereer dat dit met geweld geskied, en die werkwoord ‘betrap’  veronderstel ‘n arrestasie, dat hulle haar gegryp het. Die werkwoord vir ‘egbreuk’ veronderstel dat die vrou getroud is. Van die man wat betrokke was, sê hulle niks nie, hoewel die wet dit vereis (Deutr. 22:22). Dat hulle haar in die openbaar voor Jesus sleep, toon hulle nydige en gemene optrede, en dat hulle haar op ‘n slinkse manier betrap het.

 

8:4-6 Hulle saak is waterdig want sy is op heterdaad betrap. Om Hom te vlei spreek die skrifgeleerdes Jesus aan as ‘Leermeester’ (Rabbi), met gesag om die wet te vertolk, soos die Skrifgeleerdes (anders as in 7:15). Hulle verwys na die wet van Moses, na wie Jesus in 7:19-23 verwys het, maar haal hom nie heeltemal reg aan nie. In Lev 20:10 en Deutr. 22:22 word gesê dat die getroude man en getroude vrou altwee doodgemaak moet word oor hulle egbreuk. Hulle wil ‘n strik vir Jesus stel om sy gewildheid onder die mense te knou: As Hy saamstem met die wet van Moses, weerspreek Hy sy optrede teenoor armes en sondaars, en sy ongeërgdheid teenoor die rituele wette. As Hy nie met Moses saamstem nie, bewys Hy Homself as ‘n wettelose persoon wat die volk mislei, teen wie hulle ‘n klag by die Joodse Raad kan inbring.

            Jesus antwoord nie dadelik nie, maar soos Hy sit, begin Hy op die grond skrywe met sy vinger. Wat Hy geskryf het en waarom Hy geskryf het, bly onbekend. 

 

8:7-8 Die aanklaers dring aan op ‘n antwoord. Jesus se opdrag aan hulle kom uit die wet, dat so ‘n vrou gestenig moet word, en Deutr. 13:9-10; 17:7 bepaal dat die getuies die eerste klippe moet gooi. Daarmee bewys Hy dat Hy die wet van Moses ken en gehoorsaam.  Maar Jesus stel ‘n voorwaarde wat op twee maniere verstaan kan word: (i) met die betekenis ‘sonder skuld’ word die klaers gevra of hulle nie ook skuldig is aan owerspel nie; (ii) met die betekenis ‘sonder sonde’ verwys dit wyer, na enige sonde, in denke, woorde en dade voor God. Daarmee word die bordjies in hierdie onoffisiële hofsitting verhang. Die aanklaers word persoonlik in die geding betrek en voor die konsekwensie van hulle woorde gestel. Hierdie is nie ‘n offisiële hofsitting wat op regsgronde argumenteer, en waar hulle die regters is nie. Jesus laat morele oorwegings inspeel op die aanklaers se optrede en hulle verlede. Selfs die aanklaers se motief  is verdag, nl. om iets te kry om Jesus te kan aankla (18:6). Na rustige oorweging verpletter Jesus met sy eis die heerlike gevoel van hulle selfgeregtigheid, en gaan ongestoord voort om op die grond te skryf. Daarmee gee Hy aan die klaers die geleentheid om na te dink oor sy woorde.

 

8:9 Aanskoulik word die toneel geskilder hoe hulle een vir een wegstap. Die oudstes loop eerste. Hulle was die ervare leiers van die jongeres. As die vrou wederregtelik gestenig word, sou hulle die verantwoordelikheid daarvoor dra. Die woorde van Jesus brand in hulle gewete, en hulle weet hulle het geen verweer daarteen nie. Hulle eie sonde het nou meer aktueel geword as die oortreding van die vrou (vgl. Mt 7:1-5). Wanneer almal weg is, bly net die vrou oor, voor Jesus, waar die kring aanklaers  om haar gestaan het. Aangrypend word die nuwe situasie in enkele woorde geskilder: ‘en Hy was alleen agtergelaat, en die vrou wat in die middel is.’ Nou is die hele fokus op hulle twee. Hy, die sondelose, sou haar kon stenig.   

 

8:10,11 Op Jesus se vraag of niemand haar veroordeel het nie, antwoord sy slegs: Niemand nie Here. Die vrou beleef Jesus as die bevryder uit die kloue van haar aanklaers wat haar na die tempelplein toe gesleep het. Hoe sy die aanspreekvorm ‘here’ bedoel het. word nie gesê nie. Maar sy het voor Jesus bly staan en wag op haar Regter se uitspraak.

            Jesus spreek die verlossende woord: Ek veroordeel jou ook nie – Hy het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word  (3:17; 12:47). Maar Hy vermaan haar: ‘Gaan, en moet van nou af nie meer sondig nie.’ Hy het haar van die vreeslike straf van steniging bewaar, nie omdat Hy haar oortreding nie so ernstig opgeneem het soos die Joodse streng wetstoepassers nie, maar omdat Hy haar lewe op ‘n nuwe grondslag wou stel: ‘van nou af’ – vir die Samaritaanse vrou het Jesus gesê: daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid..’ (4:23). Daar moet by haar ‘n radikale lewensvernuwing intree, nie voortgaan in sonde nie – nie teen die wil en wet van God leef nie. Wie genade van God ontvang, word geroep tot ‘n nuwe lewe volgens die wil van God.

 

Die verhaal is ‘n uitbeelding van Joh. 3:17-21. Vergifnis beteken bevryding vir ‘n nuwe soort lewe. Genade is altyd onverdiend. Hierdie mooi aanskoulike toneeltjie is opgeneem in die Evangelie om vir ons bewaar te bly as ‘n riglyn vir ons lewe.

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Verdeeldheid onder die mense (7:40-44)

Verdeeldheid onder die mense (7:40-44) – Francois Malan

Koning wat hulle van die Romeinse juk sal verlos (vgl. 6:15).

(7:45-52)

Die wagte wat Jesus moes arresteer (7:32) gaan met leë hande terug, en word voor stok gekry deur hulle senders. Ten spyte van moontlike dissiplinêre optrede, verklaar hulle openlik dat Jesus se woorde hulle weerhou het.. Sy woorde kom met ‘n onverklaarbare onweerstaanbare mag. Sy optrede en woorde het swaarder geweeg as die woorde van die hoogste gesag in die Joodse volkslewe: Fariseërs wat God se woord vir die volk uitlê en toepas, en priesters wat by God intree vir die volk met offerandes.

Niemand van húlle groep is toeganklik vir Jesus se verleidende invloed nie (Heel ironies skryf Johannes dit, in die lig van v50).

‘Maar hierdie gespuis (die bevolking van die land), wat nie die wet ken nie, is vervloektes’ (vgl. Deutr 27:26). Vervloek beteken om iemand buite God en sy seën en sorg te stel. Al was die Fariseërs juis die leraars van die volk, het hulle op die gewone mense neergesien (vgl. Lk 18:10-12). In hulle houding tot die gewone bevolking het die Fariseërs en Jesus aan teenoorgestelde kante gestaan.

 

Skrywer: Prof Francois Malan

 




Strome van lewende water (7:37-39)

Strome van lewende water (7:37-39) – Francois Malan

Daar is twee vertaalmoontlikhede vir die eerste woorde ‘wie in My glo’: (i) dat dit die nuwe vers inlei, soos in ons vertaling, en na die aanhaling uit die Ou Testament verwys. (ii) dat dit nog deel is van vers 37 wat dan so lui:

 

Skrywer: Francois Malan