Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Voedselsoorte en Etes(1)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Voedselsoorte en Etes(1) – Hennie Stander

Ons het reeds in die vorige hoofstuk, wat oor huis­houdelike aktiwiteite gehandel het, aandag gegee aan die twee hoofmaaltye van elke dag. In hierdie afdeling gaan ons van nader kyk na die spesifieke kossoorte wat in die Bybelse tye genuttig is, asook gebruike wat daarmee in verband gestaan het.

Brood

leweself. Die bede “Gee ons elke dag ons daaglikse brood” (Lukas 11:3) was dus by implikasie ‘n gebed vir die daaglikse voorsiening van die hele lewensonderhoud. Brood. was so ‘n belangrike lewensmiddel dat Jesus ook na Homself verwys het as “die brood van die lewe” (Johannes 6:35). Met hierdie figuurlike aanwending van die term “brood” bedoel Jesus dat Hy die Persoon is wat lewe gee (net soos wat brood lewe gee).

voorbeeld in Handelinge 20:7 dat “hulle op die eerste dag van die week bymekaargekom het om brood te breek” (d. w. s. om ‘n maaltyd te nuttig). Die etewaarna hier verwys word, was ‘n gemeenskaplike maaltyd wat van groot betekenis was vir die eerste Christene aangesien hulle daarmee uitdrukking gegee het aan hulle liefde en besorgdheid vir mekaar. Dit is daarom ook ‘n liefdesmaalgenoem. Tydens hierdie maaltyd het die Christene hulle brood (en ander kosse) met minder bevoorregtes gedeel.

was toe die dissipels van die Here deur die gesaaides geloop het en van die are begin pluk het om to eet. Die Fariseërs het egter geglo dat ‘n mens dit nie op ‘n Sabbatdag mag doen nie.

 

Skrywer: Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(4) Buitengewone Bybelgedeeltes

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(4) Buitengewone Bybelgedeeltes – Hennie Stander

Die vrou by die put (Johannes 4:6).

Hierdie Samaritaanse vrou het op die warmste tyd van die dag kom water haal. Ons het reeds gesien dat dit meer gebruiklik was om vroeg in die môre of in die aand water te gaan haal. Dit mag moontlik wees dat hierdie vrou juis op hierdie tyd kom water skep het ten einde kontak met ander vroue te vermy. Haar lewenstyl kon veroorsaak het dat nie almal graag met haar sou wou assosieer nie. Maar dit kon ook om heel toevallige redes gewees het.

Twee hoofetes (Lukas 14:12)

Meulsteen (Matteus 18:6)

 

Skrywer: Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(3)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(3) – Hennie Stander

Aandete

Die aandete was die belangrikste maaltyd van die dag en dit is genuttig omtrent so twee ure voor sononder wanneer die mans reeds van hul werk of gekom het. Die warm temperature van die dag het dan reeds afgeneem en ‘n ontspanne atmosfeer het tydens die maaltyd geheers. Dit het terselfdertyd ’n geleentheid gebied vir die familie om saam te verkeer en stories te vertel.

Die ete self het bestaan uit lensiesop en brood  of groente (Daniel 1:12). Soms is ook vleis geëet en wyn gedrink. Die bloed is egter uit die vleis gedreineer voordat dit geëet is (Levitikus 7:26) en dit is ook nie saam met melkprodukte voorberei nie. Streng reëls het gegeld ten opsigte van dit wat geëet en dit wat nie geëet mag word nie (Levitikus 11).

 

bakbrood

‘n Bedoeienvrou is besig om brood te bak in ‘n groot skottel wat oor die vuur gekeer is.

 

Handvaardighede

‘n Belangrike aktiwiteit van die vrouens was om te spin en te weef ten einde klere vir die gesin te maak en dit ook vir verkope aan te bied. Die ideale vrou word in Spreuke 31 beskryf as een wat wol en vlas bymekaarmaak en dit met haar hande verwerk (vers 13). Sy spin, weef en maak klere (verse 19,21), sy maak dekens vir die huis (vers 22), en sy verkoop die res op die mark (vers 24). Terwyl sy hierdie werk doen, kon sy met ander vrouens en met die kinders gesels.

 

Wassery

Ons weet nie veel van Joodse higiëne nie, maar indien Batseba se optrede tipieswas, dan het persoonlike reiniging teen die aand se kant geskied (2 Samuel 11:2).Die normale huishouding het geen badkamer gehad nie. Daar is egter wel huise van rykes opgegrawe wat mooi badkamers gehad het. Dit was meer algemeen om ‘n vlak skottel van erdewerk te hë met ‘n rif in die middel vir ‘n mens se voete (sien die skets). As ‘n mens jouself behoorlik wou bad, moes jy dit in ‘n fontein of in ‘n rivier doen. Selfs Farao se dogter het in die rivier gebad (Eksodus 2:5). Die feit dat Mefiboset nie sy voete of sy klere gewas het tydens Dawid se afwesigheid nie, word as ongewoon voorgehou (2 Samuel 19:24). Daar is met loog en seep gewas (Jeremia 2:22 en Maleagi 3:2).

 

Dit was verder die gebruik om mense wat by jou besoek kom aflê het, se voete te was. Die feit dat Simon, die Fariseër, nagelaat het om dit te doen, is as ‘n belediging beskou (Lukas 7:44). Die Jode in die tyd van Jesus het gereeld hul hande voor ete gewas, maar dit is meer om seremoniële as om as om higiëniese redes gedoen (Matteus 15:1 ev).

voetewas

‘n Vlak skottel waarin die voete gewas is.

 

Skrywer:  Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(2)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Huishoudelike Aktiwiteite(2) – Hennie Stander

Die koop van kos

Sekere kossoorte kon vir redelike tye geberg word deur dit te droog of met sout te behandel, maar in ander gevalle was dit weer moeiliker veral in warm klimaatstoestande. Dit was dus nodig om periodiek kos aan te koop. So lees ons in Johannes 4:8 dat Jesus se dissipels na die stad gegaan het om voedsel te gaan koop. In Markus 6:36 wou die dissipels weer vir die skare wegstuur sodat hulle vir hulself brood kon gaan koop. Terwyl Jeremia in die tronk was, het by elke dag brood ontvang uit die straat van die bakkers in Jerusalem (Jeremia 37:21).

Voedsel is op markplekke gekoop. ‘n Markplek was ‘n handelsentrum wat uit verskeie gebiede bestaan het waar handel gedryf is-baie soos die basaars van die hedendaagse Oosterse gebiede.

mark

‘n Voedselmark in Hebron. Die markplekke van die Bybelse tye was bale soortgelyk hieraan.

 

Die bak van brood

Brood was die basiese voedsel. Meel, wat met die meul gemaal is, is met water gemeng. As die brood ingesuur moes word, is suurdeeg geneem en in die deeg geplaas. Die deeg is dan so gelos totdat dit deursuur is (Matteus 13:33; Galasiers 5:9). Daarna is dit gebak.

 

Daar was verskillende metodes hoe hierdie brood gebak is. Een daarvan was om klippe warm te maak en die brood dan daarop te bak (1 Konings 19:6). Maar daar was ook primitiewe oonde. So byvoorbeeld is potte van erdewerk verhit deur dit om te keer op die vuur en dan is die brood op die warm konkawe kante daarvan gebak. (‘n Mens moet onthou dat die brood waarskynlik plat en rond was.) Ander oonde was weer silindervormig of piramiedvormig. Hierdie soort oonde was oop aan die bopunt en verder was daar ook ‘n opening aan die onderkant waarin daar vuur gemaak is (sien die afbeelding). Die brood is moontlik aan die binnekant van die oond teen die wande vasgedruk, of dit is op klippe op die bodem daarvan gebak nadat die vuur en as verwyder is.

 

Die Israeliete het ook van gewone klei of metaal bakplate gebruik gemaak. Onder die plaat is vuur gemaak en bo-op is die brood gebak. In Hosea 7:4 ev word die hele proses van hoe brood in ‘n oond gebak word, as simbool gebruik om ‘n sameswe­ring binne ‘n paleis te beskryf.

oond

‘n Tradisionele soort oond

Siesta

Wanneer die dag op sy warmste was, was dit tyd om te ontspan of te slaap. So lees ons dat Abrahamby sy tentdeur gesit het (Genesis 18:1). In 2 Samuel 4:5 lees ons dat Isbosetop die warmste van die dag besig was om sy middagslapie te geniet.

Skrywer:  Prof Hennie Stander