Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (6)

Die Groot Geloofswoordeboek: Heilsweg (6)

  • Verlossing

Verlossing word in die Bybel omvattend gebruik: vir bewa­ring, genesing, saligheid. Dit sluit dus die liggaamlike en geestelike behoeftes van mense in. In die Ou Testament word dit dikwels ge­bruik vir die redding uit Egipte, wat die bevryding van Israel uit konkrete nood was (Eks 15:2; Deut 32:15). Verlossing word gereeld in die Ou Testament en selfs tot in die Nuwe Testament gebruik wanneer Israel of ‘n individu se verlossing van vyande ter sprake is (2 Sam 22:2-4; Ps 107:13 ev; Luk 1:68-75). Verlossing word ook gebruik vir redding uit gewone nood (Matt 8:25; 14:30; Hand 27:43; 28:4) en vir Jesus en die apostels se genesings. Dit is jammer dat vertalings ander woorde gebruik wanneer dit om genesings gaan, maar dieselfde Griekse woord word vir genesing én saligheid ge­bruik (Matt 9:21-22; Hand 14:9-12).

Verlossing of redding word ook vryelik vir redding van sonde en saligheid gebruik (Mark 5:34; 10:52; Luk 7:50; 17:19; Rom 10:1; 13:11; 1 Kor 3:11; 15:2)

 

  • Verlosser (Enigste Verlosser)

In hierdie verband word Jesus dan verkondig as die Verlosser. Hy verlos mense dan omvattend deur in al hulle nood te voorsien. Maar die vraag wat dan telkens na vore kom, is of Hy regtig die enigste Verlosser is.

Argumente wat na vore gebring word teen die feit dat Jesus die enigste Verlosser is, is onder andere die feit dat baie mense alreeds voor die koms van Jesus dood is, dat baie mense sedertdien dood is sonder dat hulle van Hom gehoor het, dat ons hoogmoedig is as ons maak of ons godsdiens beter as ander s’n is. (*Godsdiensge­lyk­heid) Teorieë word dan aangebied dat God magtig is om mense deur enige gods­diens te red solank mense maar net eerlik en opreg in hul godsdiens is, of dat mense dit net nie besef nie, maar dat hulle in werklikheid tog Christene is as hulle net ‘n goeie lewe lei.

Kom ons kyk wat ons in die Bybel hieroor kry.

 

Nuwe Testament

In die Nuwe Testament is daar ‘n paar sterk uitsprake oor die uniekheid van Jesus. “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” Jesus “bring die verlossing, en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie” (Joh 14:6; Hand 4:12). Hierdie uitsprake sê so dui­delik as wat taal dit kan sê dat Jesus die enigste Verlosser is. Maar daar is meer.

Paulus loop in Atene rond (Hand 17:16 ev). Hy kom diep onder die indruk van hoe godsdienstig hierdie mense is, in so ‘n mate dat hulle selfs ‘n altaar het vir ‘n onbekende God. Hulle wil nie dalk iewers “uitmis” nie! Hulle het ruimte vir alle gode, selfs dié waarvan hulle nog nie gehoor het nie.

Wat is Paulus se reaksie? Hy verkondig aan hulle juis hierdie onbekende God. Hy is die Een wat alle mense gaan oordeel. Hy is die een ware God. En Hy het een Man aangewys deur Wie Hy alle mense gaan oordeel. Almal moet hierdie Man aanvaar, en daarom het God Hom uit die dood opgewek (17:30-31). En as die gehoor dit nie wil aanvaar nie, verlaat Paulus die stad sonder enige toegewing asof ander gode ook goed genoeg kan wees.

As Paulus ruimte daarvoor gehad het dat ander gode ook goed genoeg is, was dit die ideale geleentheid om dit te sê. Immers, hy het nie veel sukses in Atene nie. Ons het hier een van die min geleenthede waar hy in ‘n stad preek en ons hoor nie dat daar ‘n gemeente gevorm is nie. Net ‘n paar mense reageer positief op sy boodskap. En tog lees ons: “So (sonder sukses) het Paulus van hulle af weggegaan” (v 33).

Jesus, of niks!

 

Ou Testament

Dat Jesus die enigste Verlosser is, is nie iets vreemds en buitenge­woons in die Bybel nie. Dit is deel van ‘n baie ou en sterk boodskap dat daar net een ware God is. (*Drie-eenheid) Die Ou Testament is bekend met baie gode: Baäl, Astarte, Asjera, Dagon, Nebo, die He­melkoningin, en nog ander. Trouens, die bewoording van die eer­-ste gebod veronderstel dat daar baie ander gode is: “Jy mag naas My geen ander gode hê nie.” Israel mag net hierdie God dien, die ander mag hulle nie dien nie.

Natuurlik kan die teenargument wees dat dit net vir Israel geld, en dat Jesus net vir die Christene die enigste Verlosser is. Maar dit maak die vroeë kerk se sendingwerk sinloos, en ook die aansprake van die Ou Testament dat God die God van die hele wêreld is en dat al die nasies na Jerusalem sal stroom om Israel se God daar te aanbid (Jes 2:2-5, Jer 3:17; 4:1-4; 32:27; Ps 22:28 ev).

Dit is ‘n duidelike en sterk lyn in die Bybel. Daar is een ware God, en Jesus is die openbaring van hierdie God en die enigste Verlosser.

Dit beteken nie dat ons duidelikheid het oor mense wat nooit die evangelie gehoor het nie. Ons het nie daaroor duidelike uitspra­ke in die Bybel nie. Maar ons het duidelike uitsprake oor die God van Israel as die enigste ware God, en sy Seun, Jesus, as die enigste Verlosser, en ons roeping is om hierdie boodskap aan alle mense te verkondig en Hom as Verlosser aan hulle aan te bied.

En dit is ook nie duidelik of ons eendag aan God die vraag sal kan vra: “Wat van die mense wat nooit gehoor het nie?”, en of Hy dit nie dalk aan ons sal vra nie.

Verder is daar ook nog die beskuldiging dat Christene hoog­moedig is om hulle Verlosser aan te bied as die enigste een. (*Gods­diensgelykheid) As Christene dit uitgedink het, sou dit nogal ‘n argument gewees het. Maar omdat hulle dit ontvang het en deur­gee soos hulle dit ontvang het, kan dit dalk selfs uit nederigheid wees. Sou hoogmoed nie dalk juis die teendeel wees nie: om op eie gesag dit wat jy ontvang het te verander in dit wat jou pas nie?

 

Skrywer: Prof Adrio König




Wie het vir God gemaak as Hy alles gemaak het?

Wie het vir God gemaak as Hy alles gemaak het? – Kobus Kok

 

Suzanne vra:

My dogtertjie van 10 worstel met die vraag en ek weet nie hoe om haar te antwoord sodat sy dit sal verstaan nie. Sy wil by my weet: As God alles gemaak het, wie het dan vir God gemaak?

Antwoord:

Dr. Kobus Kok antwoord:

Wie het vir God gemaak as Hy alles gemaak het?

Dr. Kobus Kok

‘n Mamma se 10 jarige dogtertjie wil weet wie het vir God gemaak as God alles gemaak het? Nou ja, dit is ‘n goeie vraag! Daar is twee maniere om te die vraag te beantwoord. Die een is om te kyk wat die Bybel self daaroor sê en die ander een is om logiese denke aan te wend.

In die Bybel sien ons dat niemand vir God gemaak het nie omdat God nog altyd daar was (Openbaring 1:4). Alles wat vandag bestaan, is egter deur God gemaak. Voordat enige iets bestaan het in ons wêreld was God alreeds daar (Psalm 90:2). In Exodus 3:14 wil Moses graag weet wie God is en dan antwoord God hom: “Ek is wat Ek is”. God was nog altyd daar. As daar niks was nie, sou daar mos nooit iets gewees het nie. Kom ons maak gou ‘n sommetjie: Niks + Niks = Niks. Daar moes met ander woorde iets gewees het om iets anders te kon skep, of hoe? So, daarom was God eers daar en toe is alles daarna geskep. God is, was en sal altyd wees (Openbaring 1:4). Niemand kan dus probeer om hom vas te vang in ‘n boksie nie. God is net te groot daarvoor. Die probleem is net dat ons dit dikwels moeilik vind om te verstaan. Dit is soos die mensies wat in papierland in ‘n tweedimensionele wêreld woon. Een dag probeer hulle om vir mekaar te verduidelik hoe ‘n waatlemoen in die drie dimensionele wêreld van mense lyk. Die een teken toe ‘n sirkel met pitte in en die ander een teken ‘n groot ovaal vorm met pitte in.

rondovaal

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Reuse stryery het uitgebreek in papierland en mense het in twee dorpe gaan bly waar sommiges die ronde-waatlemoen leier gevolg het en ander die ovaal-waatlemoen leier en hulle het nooit weer met mekaar gepraat nie en oorlog gehou. Eendag kom iemand uit die driedimensionele wêreld en vertel vir die mense dat elkeen van hulle eintlik iets van die waarheid beet het. ‘n Waatlemoen is rond én ovaal. Sommige mense in die papierwêreld het die man uit die driedimensionele wêreld van mense geglo en opgehou oorlog hou. Hulle was diegene wat geglo het, al het hulle nie heeltemal verstaan nie.

Net so wil ons weet hoe God alles gemaak het maar dat God self nie gemaak is nie. Ons is mense wat in papierland woon. Ons sal dit nooit regtig kan verstaan nie. Ons kan alleen maar net die Bybel glo omdat Jesus vir ons kom wys het dat God alles gemaak het, dat hy die begin én die einde, die alfa én die omega is. Niemand het Hom gemaak nie, maar tog het hy alles gemaak.

Kom ons bid saam: Here, dankie dat u my gemaak het. Dankie dat u my geken het voor ek nog gebore was. Mag ek iemand wees wat altyd so leef dat u tevrede sal wees.

 

Skrywer: Dr Kobus Kok

 




Die verskil tussen “gered uit die geloof” en “gered deur die geloof” in Romeine 3:30

Die verskil tussen “gered uit die geloof” en “gered deur die geloof” in Romeine 3:30 – Kobus Kok

Jan Smith vra:

Romeine 3:29 en 30: Of behoort God aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig UIT die geloof en die onbesnedenes DEUR die geloof. Wil u dalk sê wat die verskil is tussen UIT en DEUR, asb?

Antwoord:

Dr Kobus Kok antwoord:

 

Die oplettende leser sal oplet dat Romeine 3:30 in die Ou Afrikaanse Vertaling van 1953 anders vertaal word as in die Nuwe Afrikaanse Vertaling van 1983.

Ons lees in die Nuwe Afrikaanse Vertaling: 27Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof. 28Ons betoog is tog dat ‘n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie. 29Of is God net God van die Jode, nie ook van die heidennasies nie? Ja, ook van die heidennasies, 30want daar is net een God. Hy sal die besnedenes deur die geloof en die onbesnedenes deur dieselfde geloof vryspreek. 31Hef ons dan deur die geloof die wet op? Beslis nie. Ons laat die wet juis tot sy reg kom.

In die Ou Afrikaanse vertaling sien die teks soos volg daarna uit: 27Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. 28Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. 29Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene,30aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.31Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.

Waarom is daar dan so ‘n verskil tussen die twee vertalings en is daar nie dalk betekenis weg vertaal in die proses nie? Die antwoord op hierdie vraag kan ons in die oorspronklike Griekse teks vind. Die Ou Afrikaanse vertaling het ‘n meer letterlike vertaling van die Griekse teks gevolg waar daar inderdaad in die Grieks staan dat die Jode (besnedes [peritomên]) uit die geloof (ek pisteos) deur God geregverdig (dikaioosei) sal word, en die onbesnedes (akroboestian) deur die geloof (dia tês pistêoos) geregverdig sal word.

Die spesialiste wat die tekste bestudeer (bv Newman en Nida) en die teologie van Paulus baie goed ken (Prof James Dunn se kommentaar op Romeine) is dit almal eens dat daar nie ‘n verskil tussen die uit die geloof en deur die geloof is nie. Die punt wat Paulus maak, is dat besnedenes en onbesnedes beide net deur geloof en nie die werke van die wet nie, geregverdig sal word.

Die Ou Afrikaanse vertaling is dus nader aan die oorspronklike vorm van die Griekse teks, maar die Afrikaanse Nuwe vertaling is die nasste aan die betekenis van die oorspronklike teks.

 

Skrywer: Dr Kobus Kok

 




Verduideliking van die term “Profetiese Woord”

Verduideliking van die term “Profetiese Woord” – Kobus Kok

 

Benita vra:

Verduidelik asseblief vir my die term: “Profetiese Woord”

Antwoord:

Dr. Kobus Kok antwoord:

Paulus is een van die bekendste Bybelse skrywers wat oor die charismata of gawes van die Gees skryf. In Romeinse 12 lees ons van verskeie gawes waarvan een is om ‘n woord van profesie te kan gee. Die Griekse woord(e) wat daarvoor gebruik word is profeteia (om ‘n geïnspireerde uitspraak te maak, en die bron van die wysheid kom van God) en die persoon wat profeteia as gawe ontvang het kan ‘n profeet genoem word. In die Bybel is dit duidelik dat ‘n profetiese woord van God af kom en nie deur mense uitgedink word nie. ‘n Profetiese woord is ook nie menslike wysheid nie maar die wysheid wat van God af kom. In die antieke tyd was daar egter nie net Christelike profete nie. Daar was ook baie heidense profete in die heidense kultusse. So was daar in Griekeland by Delphi ‘n wêreldbekende orakel waar priesteresse gereeld profetiese woorde aan mense gegee het – godgeïnspireerde woorde wat van die Griekse gode sou kom. Die Christene het skerp onderskei tussen ware profesie en valse profesie. Ons sien in die Nuwe Testament dat daar valse profete was wat dikwels in die naam van die Here valslik geprofeteer het en eintlik teen die wil van God gepraat het. Ware profetiese woorde kom van God.

orakel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Foto van die orakel by Deplhi (vanaf www.expatathens.com)

 

Lees gerus die volgende tekste waar die woord profesie voorkom.

Matt 13:14

In hulle geval word die

profesie van Jesaja vervul wat sê: ‘Julle sal …

Rom 12:6

…ons gegee het. As dit die gawe van

profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming …

1 Kor 13:2

Al het ek die gawe van

profesie en ken ek al die geheimenisse en …

1 Kor 13:8

…liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van

profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale …

1 Kor 14:6

…wees as ek ‘n openbaring of kennis of

profesie of lering aan julle meedeel.

1 Kor 14:22

…en nie vir gelowiges nie. Daarteenoor is die

profesie vir gelowiges en nie vir ongelowiges nie….

1 Thess 5:20

Moenie

profesië uitsprake van dié wat die boodskap van …

2 Pet 1:20

Dít veral moet julle weet: geen

profesie in die Skrif kan op grond van …

2 Pet 1:21

want geen

profesie is ooit deur die wil van ‘n …

Open 1:3

…is die een wat die woorde van hierdie

profesie lees, en die mense wat dit hoor …

Open 19:10

…het, en dit is die Gees wat die

profesie gegee het.”

 

Sien ook die volgende tekste waar die woord profeet voorkom:

Matt 2:23

…naam Nasaret. So is vervul wat deur die

profete gesê is: Hy sal Nasarener genoem word….

Matt 5:12

…groot in die hemel. Hulle het immers die

profete voor julle net so vervolg.”

Matt 5:17

…Ek gekom het om die wet of die

profete ongeldig te maak nie. Ek het nie …

Matt 7:12

…waarop dit neerkom in die wet en die

profete .”

Matt 7:15

…”Pas op vir die vals

profete . Hulle kom na julle toe in skaapsklere, …

Matt 7:20

So sal julle die vals

profete dan aan hulle vrugte ken.”

Matt 11:13

Al die

profete en die wet het tot op Johannes …

Matt 13:17

Dit verseker Ek julle: Baie

profete en gelowiges wou graag sien wat julle …

Matt 16:14

…party Elia, party Jeremia of een van die

profete .”

Matt 22:40

…twee gebooie is die hele wet en die

profete saamgevat.”

Matt 23:29

…Fariseërs, huigelaars! Julle hou die grafte van die

profete in stand en versier die gedenktekens van …

Matt 23:30

…aan die vergieting van die bloed van die

profete nie.’

Matt 23:31

…julle nakomelinge is van die moordenaars van die

profete .

Matt 23:34

Luister dus goed! Ek stuur

profete , wyse manne en leraars na julle toe. …

Matt 23:37

…”Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die

profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na …

Matt 24:11

“Daar sal baie vals

profete kom, en hulle sal baie mense mislei. …

Matt 24:24

Daar sal vals christusse en vals

profete na vore kom, en hulle sal groot …

Matt 26:56

…alles het gebeur sodat die geskrifte van die

profete vervul kan word.” Toe het al sy …

Mark 6:15

…is ‘n profeet soos een van die ou

profete .”

Mark 8:28

…sê weer Elia, en party een van die

profete .”

Mark 13:22

Daar sal vals christusse en vals

profete na vore kom, en hulle sal tekens …

Luk 1:70

…oudsher belowe deur die mond van sy heilige

profete :

Luk 6:23

…die hemel. Hulle voorvaders het immers met die

profete net so gemaak.

Luk 6:26

…praat. Hulle voorvaders het immers met die vals

profete net so gemaak.”

Luk 9:8

…Elia het verskyn,” en ander: “Een van die

profete van die ou tyd het opgestaan.”

Luk 10:24

want Ek sê vir julle: Baie

profete en konings het daarna verlang om te …

Luk 11:47

…vir julle, want julle bou grafmonumente vir die

profete , maar julle voorvaders het hulle vermoor.

Luk 11:48

…van julle voorvaders goedkeur, want húlle het die

profete vermoor en júlle bou die grafte.

Luk 11:49

…het Die Wysheid van God gesê: ‘Ek sal

profete en apostels na hulle toe stuur, maar …

Luk 11:50

…dan skuldig aan die bloed van al die

profete wat vergiet is van die skepping van …

Luk 13:28

…Abraham en Isak en Jakob en al die

profete binne-in die koninkryk van God sal sien, …

Luk 13:34

“Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die

profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na …

Luk 16:16

…Johannes was dit net die wet en die

profete . Van toe af word die koninkryk van …

Luk 16:29

…Hulle het die woorde van Moses en die

profete . Laat hulle daarna luister.’

Luk 16:31

…vir hom: As hulle na Moses en die

profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig …

Luk 18:31

…gaan nou Jerusalem toe, en alles wat die

profete oor die Seun van die mens geskryf …

Luk 24:25

…julle dan nie al die dinge wat die

profete gesê het nie?

Luk 24:27

…Daarna het Hy by Moses en al die

profete begin en al die Skrifuitsprake wat op …

Luk 24:44

…in die wet van Moses en in die

profete en psalms oor My geskrywe is.”

Joh 1:45

…die wet geskrywe het en van wie die

profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van …

Joh 6:45

By een van die

profete staan daar geskrywe: ‘En hulle sal almal …

Joh 8:52

…duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die

profete ook, en tog sê jy: ‘As iemand …

Joh 8:53

…voorvader Abraham wat gesterf het nie? En die

profete het gesterwe. Wie verbeel jy jou is …

Hand 2:17

…mense: julle seuns en julle dogters sal as

profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle …

Hand 2:18

…dae my Gees uitstort, en hulle sal as

profete optree.

Hand 3:18

…God reeds vroeër by monde van al die

profete aangekondig dat die Christus sou ly. So …

Hand 3:21

…het God reeds lank gelede deur sy heilige

profete gesê.

Hand 3:24

En al die

profete van Samuel af en daarna, almal wat …

Hand 3:25

Die dinge waarvan die

profete gepraat het, is vir julle bedoel, en …

Hand 7:42

…daar geskrywe staan in die boek van die

profete : Was dit vir My, Israel, dat julle …

Hand 10:43

Van Hom getuig al die

profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing …

Hand 11:27

In dié tyd het daar

profete van Jerusalem af na Antiogië toe gekom. …

Hand 13:1

…Onder die

profete en leraars in die gemeente in Antiogië …

Hand 13:15

…Ná die voorlesing uit die wet en die

profete het die raadslede van die sinagoge hulle …

Hand 13:27

…te veroordeel het hulle die uitsprake van die

profete , wat elke sabbatdag voorgelees word, in vervulling …

Hand 13:40

Pas dan op dat wat die

profete gesê het, nie met julle gebeur nie:…

Hand 15:15

Die

profete sê dieselfde. Daar staan geskrywe:

Hand 15:32

Judas en Silas, wat self ook

profete was, het lank met die gelowiges gepraat …

Hand 24:14

…steeds alles wat in die wet en die

profete geskrywe staan.

Hand 26:22

…en groot. Ek verkondig maar net waarvan die

profete en Moses gepraat het:

Hand 26:27

Koning Agrippa, glo u die

profete ? Ek weet u glo.”

Hand 28:23

…uit die wet van Moses en uit die

profete probeer oortuig van Jesus.

Rom 1:2

…Hierdie evangelie het Hy vooruit deur sy

profete in die Heilige Skrif aangekondig,

Rom 3:21

…vryspraak deur God waarvan die wet en die

profete getuig, in werking getree. Dit is die …

Rom 11:3

“Here, hulle het u

profete doodgemaak en u altare afgebreek, en net …

Rom 16:26

…Aan die hand van die geskrifte van die

profete en in opdrag van die ewige God …

1 Kor 12:28

…het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede

profete , ten derde leraars; verder is daar dié …

1 Kor 12:29

Is almal miskien apostels? Is almal

profete ? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders …

1 Kor 14:29

Wat die

profete betref, twee of drie kan aan die …

Efes2:20

…op die fondament van die apostels en die

profete , ‘n gebou waarvan Christus Jesus self die …

Efes3:5

…deur die Gees aan sy heilige apostels en

profete geopenbaar het nie.

Efes4:11

…is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels,

profete , evangeliste, en herders en leraars.

1 Thess 2:15

…Jode deur wie die Here Jesus en die

profete doodgemaak en ons vervolg is. Wat God …

Heb 1:1

…baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die

profete ,

Heb 11:32

…Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die

profete .

Jak5:10

Broers, neem die

profete wat in die Naam van die Here …

1 Pet 1:10

…In verband met hierdie saligheid het die

profete , wat die genade verkondig het wat vir …

2 Pet 1:19

…dit het vir ons die boodskap van die

profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ‘…

2 Pet 2:1

…Maar daar was ook vals

profete onder die volk, en so sal daar …

2 Pet 3:2

…die woorde wat vroeër deur die heilige

profete verkondig is, asook aan die gebod van …

1 Joh4:1

…nie, want daar is nou reeds baie vals

profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek …

1 Joh4:4

…aan God, liewe kinders, en het die vals

profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle …

Openb 10:7

…Hy die blye tyding aan sy dienaars, die

profete , bekend gemaak het.”

Openb 11:10

…Hulle sal vir mekaar geskenke stuur. Hierdie twee

profete was immers vir die bewoners van die …

Openb 11:18

…die dooies word geoordeel; aan u dienaars, die

profete , en aan die gelowiges, dié wat U …

Openb 16:6

…die bloed van die gelowiges en van die

profete vergiet, en U het hulle self bloed …

Openb 18:20

…jou daaroor, hemel, en julle, gelowiges, apostels en

profete ! God het die oordeel waarmee sy julle …

Openb 18:24

…Babilon is skuldig aan die bloed van die

profete en die gelowiges, almal wat op die …

Openb 22:6

…Die Here God, wat sy Gees aan die

profete gee, het sy engel gestuur om vir …

Openb 22:9

…mededienaar van jou en van jou medegelowiges, die

profete en dié wat die woorde van hierdie …

Skrywer: Dr Kobus Kok