Wysheid se kameraadskap

Wysheid se kameraadskap

As jy wysheid het, het jy self die voordeel daarvan; as jy ‘’n ligsinnige mens is, dra jy alleen die las (Spreuke 9;12).

Die antieke wysheid het geleer dat jy slegs sal vooruitgaan as persoon slegs as jy die behoeftes van jou familie en gemeenskap bo jou eie selfbelang plaas. Ons moderne kultuur verwerp dit absoluut. Ons leer dat ons moet besluit wat ons wil wees en dan eis ons dat ons familie en gemeenskap dit moet eer en erken ten spyte van die impak op verhoudings. Vandag offer ons die beste vir die groep op vir die absolute vryheid van die individu. Die gevolg is ‘’n toenemende aantal mense wat ontwortel en eensaam voel.

Die ligsinniges sien neer op die waardes en oortuigings van enige gemeenskap daarom het ligsinniges geen ware vriende nie. Aan die einde ly hy alleen. Christene verabsoluteer nie die wil van die individu of die gemeenskap nie, maar die wil van God. As ons die evangelie glo, word die keermuur van trots wat ons skei verwyder. [ Christus is ons vrede, Hy wat die Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos ‘’n muur skeiding gemaak het. Die wet van Moses met al sy gebooie en bepalings het Hy opgehef en deur vrede te maak, het Hy in Homself die twee, Jode en nie-Jode tot een nuwe mensheid verenig. Deur sy dood aan die kruis het Hy het Hy ‘’n einde gemaak aan die vyandskap en die twee met God versoen en tot een liggaam verenig (Efesiërs 2:14 -16)]. Diegene wat eensaam is, word deel van families [Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘’n mens of die besluit van ‘’n man nie, maar hulle is uit God gebore (Johannes 1:12 – 13); God laat eensames in ‘’n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in ‘’n kaal woestyn (Psalm 68:7)] Verlossing lei na meer en dieper verhoudings, maar sonde lei na eensaam wees.

Is jou goeie vriendskappe besig om te groei in getalle en gehalte of laat jy toe dat die besig wees van die moderne lewe jou beheer? Ons moet God dank dat Hy ons deel van ‘’n nuwe familie gemaak het. Dit is nie maklik om die tyd te maak om verhoudings te vertroetel nie. Ek moet dit – verhoudings koester – doen om die Vader te eer en sodat ek nooit alleen sal lei nie




Wysheid se vooruitgang

Wysheid se vooruitgang

wie iemand so opvoed dat hy ‘n ligsinnige mens word, moet die verwyt daarvoor dra; wie iemand so leer dat hy ‘n goddelose word, doen dit tot sy eie skande. Moenie ‘n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed ‘n wyse op, en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag aan ‘n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer ‘n regverdige, en sy kennis vermeerder (Spreuke 9:7 – 9)

Die lewe wys ons tereg deur harde slae van beproewings en probleme, wat vir ons ons swakhede en dwaasheid uitwys. Vriende help ons groei deur die liefde van regstelling.

Hoe verder jy op die pad van dwaasheid loop, hoe meer interpreteer jy alle gebeure as ondersteunend tot dit wat jy nog altyd geglo het. As dinge skeef loop, blameer jy ander of omstandighede vir jou probleme. Dit verhard jou hart en maak jou minder toeganklik vir raad, Gee jou aandag aan ‘n wyse mens en hy kry meer wysheid, maar probeer die dwaas iets vertel en hy word erger as wat hy was voor jy probeer het. In die Nuwe testament lê Jesus die beginsel neer: Wie het, vir hom sal nog meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook nog die bietjie wat hy het, weggevat word (Matteus 13;12 – 16). Hoe meer wysheid jy het, hoe meer wysheid gaan jy op jou lewenspad kry. Hoe minder wysheid jy het, hoe minder gaan jy uit enigiets leer. Leer uit jou foute en uit kritiek.

As dinge verkeerd loop of as ek iets verkeerd doen, help my Here om my nie te verdedig of om myself te probeer regverdig nie of om die blaam na ander te verskuif nie. Hierdie is die instrumente wat dwase gebruik. Laat my leer wat ek moet leer. Laat ek begin by wat gister gebeur het.




Wysheid se Fees

Wysheid se Fees

Wysheid … het haar bediendes na die stad toe gestuur om van die hoogste plek af te roep: “Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” en vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê: “kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het! Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!” (Spreuke 9;3 – 6)

Die vrou, Wysheid, roep ons, om die pad na haar huis te kry waar ‘n feesmaal wag. Goeie kos verteenwoordig die begeertes en aptyt van ons harte. Met verloop van tyd groei ons in wysheid of dwaasheid volgens die liefde en toewyding wat ons beheer. Ons kan nie werkolisme oorkom as ons te lief is vir geld en sukses is nie. Ons kan nie bitterheid oorwin as ons te lief is vir ons reputasie nie. Dit is nie net wilskrag wat wysheid bring nie – ons moet ook ons begeertes anders orden.

 

Die pad na wysheid is nie die pad van kitsoplossings nie – dit is die pad van lang onderrig en dissipline. Maar oefen die hart en nie net die denke en wil nie. Christene weet dat dié fees vir die siel die bruilof van die Lam sal wees (Openbaring 19:6 – 9),

Ons neem baie verkeerde besluite ek besef dat hulle nie wees ‘n gebrek aan kennis was nie, maar as gevolg van ‘n leë hart. Hoe stel ons dit reg? Want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die heilige Gees wat Hy aan ons gegee het (Romeine 5:5).




Die vreugde van wysheid

Die vreugde van wysheid

Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet. Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my ‘n vreugde (Spreuke 8:30 – 31).

Die Vader en die Seun het hulle verlustig in die wêreld wat hulle gemak het en in ons. Ons sien die skoonheid in dinge as hulle in die regte verband met mekaar staan. Liefde is mooier as haat. Hoe meer ons raaksien hoe die verskillende dele bymekaar pas, hoe meer vreugde het ons in musiek. As ons sien hoe die blom alles bymekaar pas, hoe mooier is dit vir ons. Mooi nie vir wat dit vir ons kan doen nie, maar as deel van God se skepping. Wysheid is onderskeiding en die vorming van die regte verhoudings en ons verbly ons daarin.

God het ons gemaak  vir die vreugde en liefde daarvan.  Hy het ons lief, nie vir wat Hy uit ons kan kry nie, maar vir ons. Die hoogtepunt van wysheid is om God lief te hê net vir Homself alleen en om mense te waardeer, nie vir wat ons uit hulle kan kry nie, maar vir wesens wat die beeld van ons Skepper weerspieël.

Volgende keer as jy te staan kom voor ‘n gebed wat nie verhoor word nie, vra vir jouself: het ek God lief vir Homself of vir die dinge wat ek van Hom kry? Ons moderne lewe is so  besig dat ons nie meer stilstaan en die werke van u hande kan bewonder nie. Laat ek tyd maak om u werke te bewonder totdat ek my Skepper loof. Mag ek tyd maak vir skoonheid.