Hoe kry ek wysheid (8)

Hoe kry ek wysheid (8)

Moenie dink jy het al die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is, dit is die geneesmiddel vir jou. Die verkwikking vir jou liggaam (Spreuke 3:7 – 8).

Nog ‘n teken van wysheid is die gewilligheid om advies te aanvaar. Dwase is in hulle eie oë wys. Hulle aanvaar geen advies nie of slegs advies van een groep – baie luister net na mense van hulle eie ras, of klas of politieke oortuiging.

 

Wysheid is om dinge deur so veel oë as moontlik te sien –deur God se woord en deur die oë van ander mense – mense wat van jou verskil en jou selfs kritiseer. wyse mense omring hulle met raadgewers waar hulle altyd ‘n tweede mening kan kry. Die evangelie bly die grootste hulpbron. Dit wys vir ons dat ons sondaars is, maar gee ook aan ons die versekering van God se onvoorwaardelike liefde.

Is daar ‘n persoon of soort persoon na wie jy behoort te luister, maar dit nie doen nie? Ons het harte wat nie van regstelling hou nie. Ek woon in ‘n samelewing wat vir my sê om net myself te vertrou. Al hierdie dinge werk saam om te verhoed dat ek by ander kan leer. Dit verhoed dat ek uit u woord kan leer. Wat God soek is ‘n berouvolle en gebroke gees.




Hoe kry ek wysheid (7).

Hoe kry ek wysheid (7).

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop (Spreuke 3:5 – 6).

Onderwerp jou op alle maniere aan God – op elke lewensterrein. Moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ons kultuur sê egter dat ons net op ons eie insigte moet staatmaak. Ons moet alles bevraagteken – selfs die Bybel. Moderne mense glo dat hulle die reg en vermoë het om alles te bevraagteken. Almal glo in een of ander eindgesag. Spreuke sê dat God se woord hierdie gesag moet wees.

 

Die Bybel kan vir jou leiding op alle maniere gee, al is daar nie ‘n spesifieke Bybelvers daaroor nie. As jy jou in die verhaal van die Bybel van die persoonlike God verdiep – HY wat ons gemaak en gered het vir ‘n verhouding met Hom – maak dit elke deel van jou lewe anders lyk, as wanneer jy nie die verhaal glo nie. Jou wysheid groei soos jou daaglikse lewe deur die Bybelse verhaal en die werklikheid van God gevorm word.

Probeer jy die belangrikste temas van die Bybel verstaan – die groter prentjie – eerder as om bemoediging te kry uit individuele Bybelversies?

Ons moenie net God se boek bestudeer nie, maar dit verteer – dit deel van myself maak. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid (Kolossense 3:16).




Hoe kry ek wysheid? (6)

Hoe kry ek wysheid? (6)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie (Spreuke 3:5).

Spreuke hoofstuk 3 noem ses dinge wat as tekens van ‘n wyse man kan geld. Terselfdertyd is dit die maniere om in wysheid te groei. Die eerste een is: Vertrou op die Here. Jy kan in die Here glo en steeds op iets anders vertrou  vir jou betekenis en blydskap. Dit is dan jou ware God. Jy kom dit nie agter nie. As daar ‘n krisis ontstaan besef jy hierdie ding is vir jou belangriker as die Here.

Wat het dit nou met wysheid te doen? Alles. Daar is baie emosie om daardie dinge waarop jou hart vertrou. Dit kan jou beroep, geld, gesin of ‘n romantiese verhouding wees. Jy sal buitengewoon kwaad of angstig of wanhopig wees as enigiets dit bedreig. Jou oordeel word benewel, jou siening van jouself en die wêreld is beneweld. Afgode in die hart lei tot dwaasheid. Die geneesmiddel vir hierdie afgode is die evangelie. Ons hoef ons nie dur werke te regverdig nie.

Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo.  God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek, vanweë die verlossing van Jesus Christus (Romeine 3:21 – 24)

Toe die Israeliete tot die Here gebid het vir hulp het Hy nie gereageer nie. Maar dan lees ons: Hulle het toe die ander gode tussen hulle uit verwyder en hulle het die Here gedien, en hy het ‘n end gemaak aan hulle swaarkry  (Rigters 10:16)




Hoe kry ek wysheid? (5)

Hoe kry ek wysheid? (5)

Dan sal julle my roep en ek sal nie antwoord nie, hulle sal my soek en my nie kry nie. Julle het ‘n afkeer van kennis gehad, julle het geweier om die Here te dien (Spreuke 1:28 – 29).

Omdat wysheid nie deur die verkryging van kennis kom nie, maar deur lang ondervinding en nadenke, is dit ‘n proses wat jare neem. Wat gebeur a jy voor ‘n krisis wat groot onderskeidingsvermoë en selfbeheer vereis, kom? As jy nog nie die gewoontes van wysheid geleer het nie – om in Christus te rus om keuse tussen goed, sleg en die beste te onderskei nie, kan jy dit nie oornag ontwikkel nie. Jy kan tog nie oornag vir die Olimpiese Spele voorberei nie.

The grace of God is as necessary to create a right temper … on the breaking of a china plate as on the death of an only son. There are points of no return, when the storm is upon us; it is too late to seek shelter. Moments of decision pass and are gone forever. Timing is all.  John Newton).

Net as ons genade en wysheid in kleiner daaglikse teleurstellings leer, sal jy gereed wees vir die groter krisisse. Jy kan hulle nie skielik oornag ontwikkel nie.

Spandeer jy tyd aan die ontwikkeling van wysheid? Hoeveel beplande tyd spandeer jy aan Bybelstudie en persoonlike aanspreeklikheid met Christen vriende.

Ons weet dat die Here ons nie bo ons kragte sal versoek nie I1 Korintiërs 10:13). Maar ek kan nie al die geestelike wapenrusting wat God voorsien (Efesiërs 6:10-18) aantrek nie en dan plaas ek my in ‘ posisie wat vir my skade kan bring. Gee vir my die regte ding: die wysheid verkry deur harde werk. Is jy bereid om alles te doen wat nodig is om dit te ontvang?