Wat is Kersfees?

 

Wat is Kersfees?

Kersfees vandag is basies twee feesvierings – ‘n sekulêre en ‘n godsdienstige vakansiedag. In baie van die feesvierings word Christus nie eers vermeld nie. Dit word ‘n verjaardag vir die familie, vir gee en vir vrede in die wêreld. Daar is natuurlik niks hiermee verkeerd nie, maar dit is beslis nie die volle boodskap van Kersfees nie.

Kersfees is vandag ‘n kommersiële noodsaaklikheid. Daarom sal dit ‘n sekulêre vakansiedag bly. Die vrees is dat die ware redes vir en wortels van Kersfees mettertyd verborge vir meeste mense sal wees. Die versorging van armes tydens Kersfees is goed – ons moet onthou dat Jesus deel van ‘n arm familie was.

Die samelewing word toenemend minder bewus van die historiese wortels van Kersfees. Baie van hierdie wortels is fundamentele deel van die Christelike geloof. Maar tydens Kersfees word hierdie waarhede toegankliker vir ‘n groter gehoor. Om Kersfees te verstaan is om die basiese Christelike geloof – die evangelie – te verstaan.

 




Redes om die Drie-eenheid te bestudeer

Redes om die Drie-eenheid te bestudeer

Dit is moeilik om die Drie-eenheid te verstaan en nog moeiliker om aan ander te verduidelik. Daarom is ons geneig om min tyd te spandeer om daaroor te dink en te praat. Ons glo in die Drie-eenheid, want ons is veronderstel om dit te doen. As dit ons houding is, ontneem ons onsself van hoop, die waarheid en vreugde.

 

  1. Die leer van die Drie-eenheid is ontsagwekkend

In die Ou Testament maak God dit baie duidelik dat Hy een God is. Luister, Israel, die Here is ons God. Hy is die enigste Here (Deuteronomium 6:4). As monoteïste het Israel verskil van die volke om hulle wat baie gode gehad het. Tog sien ons reeds in die Ou Testament leidrade van die Vader, Seun en Heilige Gees. Voorbeelde is Genesis 1:26; 11;7; Jesaja 48:16; 61;1; 63;0 – 10). Die feit dat. God drie persone is, word baie duidelik in die Nuwe Testament. Vanaf Jesus se doop (Lukas 3;21 – 22) TOT BY Jesus se groot Opdrag (in Matteus 28:19) word die werklikheid van die Drie-eenheid verkondig.

Ons sukkel om die wese van God volledig te verstaan, want ons is deur God gemaak – ons is nie God nie. As ons nadink oor God wat Drie-enig is, is daar net een reaksie; ontsag. Die majesteit van God se wese is meer as wat ons ons kan indink. Soos ons Hom dieper leer ken, word ons met wonder en verbasing gevul. Soos ons nadink oor God se wese behoort ons met nederige aanbidding van die Vader, Seun en die Heilige Gees te reageer.

 

  1. Die leer van die Drie-eenheid is bemoedigend

Hoe Kan so ‘’n esoteriese leer ons bemoedig? Die antwoord is eenvoudig: Want God is liefde (1 Johannes 4:8). Liefde vereis ‘’n voorwerp. Jy kan nie iemand of iets liefhê as daar niks daar is nie. Voor God die heelal geskep het, sou daar niemand gewees het om lief te hê nie as Hy alleen daar was nie. Hy sou selfgesentreerd gewees het. Maar God is ewig Vader, Seun en Heilige Gees – drie gelyke persone wat van altyd af daar was en wat in ‘’n volmaakte verhouding bestaan het. Hulle het mekaar lief en verheerlik mekaar. Dit is waarom God geskep het. Daarom maak Hy skepsels na sy beeld. Hy skep om sy heerlikheid te manifesteer en sy liefde te deel. Ons bestaan omdat God uit vrye wil besluit het om ons te maak sodat die volmaakte liefde wat tussen Vader, Seun en Heilige Gees bestaan het deur ons gedeel mag word. In Johannes 17:24 – 26 bid Jesus: Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld al liefgehad het. Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U en hulle hier weet dat U My gestuur het. Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.

 

God se begeerte is dat ons sy volmaakte liefde sal ken en ondervind. Die probleem is dat ons sonde hierdie soort verhouding met God onmoontlik maak daar is egter ‘’n pad na versoening. Die Vader wys vir ons sy liefde deur sy geliefde Seun te stuur om in ons plek te sterf. Deur Christus en deur die kragtige werking van die Heilige Gees kan ons weer ‘’n verhouding met die Vader hê. Hy nooi ons uit om die ewige liefde van die Drie-eenheid te ken en te ondervind. Hierdie liefde is ongelooflik en onherroepelik. Wat is meer verbasend om te weet dat die Vader nie sy eie Seun teruggehou het nie; wat bied vir jou meer sekerheid as om te weet dat die Seun uit eie vrye wil mens geword het om in ons plek gestraf te word; hoe bemoedigend is dit om te weet dat die HEILIGE Gees ons aan Christus, ons Verlosser, deur geloof verenig sodat ons die liefde van God in hierdie lewe en tot in ewigheid kan ondervind.

 

  1. Die leer van die Drie-eenheid is prakties

Die leer van die Drie-eenheid is die fondament van die Christelike lewe (1 Johannes 4:19). As ons die liefde, genade en barmhartigheid van God ondervind het, kan ons nie anders as om Hom ook lief te hê nie. Hoe meer ons die hoogte van God se liefde verstaan en ondervind, hoe meer moet dit uit ons vloei. Dit moet in ons denke, verhoudings en optrede oorvloei. Die Drie-eenheid fokus nie na binne nie, maar Hy kyk na buite om die ander persone in die Drie-eenheid lief te hê en te verheerlik. Die Drie-eenheid leer ons dat die Christen se lewe na buite gefokus is. Ons moet ander dien en help volgens die voorbeeld van Christus.

 

Die Drie-eenheid leer ons ook dat Christene verenig moet wees. Die band tussen gelowiges moet die eenheid van die Drie-eenheid weerspieël:  Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos u, Vader, in My is en Ek in U (Johannes 17:22). Dit kan gebeur, want die Heilige Gees verenig alle gelowiges aan Christus deur geloof. Hierdie onbreekbare band oorspan tyd en ruimte Hierdie werklikheid sien ons dikwels nie in die kerk nie. Dit behoort ons aan te spoor om vir eenheid, liefde en vrede te strewe in die kerk en met elke medegelowige. Doen ons dit, weerspieël ons die volmaakte, ewige eenheid van die Vader, Seun en Heilige Gees.

 

Die feit dat God ‘’n Drie-eenheid is beteken ons moet sy fokus na buite navolg deur uit te reik. Christene doen uitreike, want God is ‘’n God wat uitreik. Hy het nie in Homself teruggetrek toe die skepping in opstand gekom het nie. NEE, Hy het na ons gekom met ‘’n oplossing – Hy bring verlossing vir ons. Ons denke moet met syne ooreenstem. Ons deel ons geloof, want ons wil hê ander moet ook die werklikheid van God se onvoorwaardelike liefde ondervind. Die Vader het sy Seun gestuur, want Hy het ons so lief gehad, As die liefde van God in ons is, moet ons harte hê wat na die verlorenes uitreik en die goeie nuus van verlossing deur Christus verkondig.

.




God het ‘n gesig

God het ‘n gesig

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gsien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Johannes 1:14).

Max Lucado skryf: The celebration of Advent is possible only to those who are troubled in soul, who know themselves to be poor and imperfect, and who look forward to something greater to come.

 

Kersfees is ‘n tyd van tradisies. Die kinders sien  Kersvader om elke draai, in elke winkel en winkelsentrum hierdie tyd.. Kersfees kan ook ‘n seisoen van hartseer wees – hoop wat verlore is en teleurstellings. Hoekom het God so ver gegaan om sy eie Seun aarde toe te stuur. Hy wil hê dat ons sy liefde verstaan.

 

Deur ‘n skandalige swangerskap, ‘n sensusopname,, ‘n ontydige reis, ‘n oorvol herberg triomfeer God in Maria se storie. Alles verander egter as ons die gesig van God sien. God word een van ons en daarom ken Hy ons.

 

As die Koning die wêreld van diere, skaapwagters en toegewikkelde klere binnekom, is Hy mos gewillig om ook jou lewe binne te kom.

 

Watter tradisie rondom Kesfees geniet jy die meeste. Hoe dra dit by om dit soos Kersfees te laat voel? Vir eeue reeds gebruik Christene deur die wêreld die Advent-seisoen om hulleself geestelik vir Kersfees voor te berei. Adavent (Latyn = adventus – beteken letterlik koms of aankoms.) begin op die vierde Sondag voor Kersfees. Advent

herdenk die eerste Advent – Jesus se geboorte en antisipeer die tweede advent – Jesus se wederkoms. Ons dink aan Advent as ‘n seisoen van feesviering. Oorspronklik was dit gesien as ‘n seisoen van voorbereiding – ‘n tyd vir gebed en selfondersoek.

 

Advent is ‘n seisoen van voorbereiding en ook ‘m seisoen van afwagting. Johannes 1:14 verkondig die wonderlike warheid van God se menswording – God met ons in menslike vorm. Omdat God mens geword het, kan ons God sien en ken in die persoon van Jesus. Ons kan ook verrou dat God ons ken. Hy weet hoe ons voel, want Hy het ook ondervind wat ons ondervind – insluitend versoekings en lyding.

 

Jesus kon gekies het om anders te wees: ‘n onoorwinlike man met senuwees van staal of ‘n kwesbare man – sensitief. Hy kies egter om ‘n kwesbare man te wees.

 

Die Kersverhaal is veral relevant vir mense wat hulleself in ‘n tyd van hartseer, verlore hoop of teleurstelling beevind soos jy hierdie weke wat lei na Kersfeed beleef, watter hoop en verwagtings het jy? Ten spyte van die chaos en swaarkry in Maria se lewe het Jesus gekom. Die seisoen wat na sy geboorte gelei het, was nie waarvoor sy gehoop het nie, maar dit was ‘n wonderteken. Op die mees onverwagte tyd en plek, sien Maria die gesig van God. As jy jou hoop en die werklikhede voor jou oorweeg, hoe reageer jy op die idee, dat soos Maris, jou omstandighede die begin van ‘n wonderteken mag wees. – ‘n geleentheid waar jy binnekort die gesig van God mag sien.

 

Isaac Watts skryf in sy Kerslied “Joy to the world” hierdie woorde: Let every heart prepare Him room. Dit is wat Advent veronderstel is om vir ons te doen. Dit is ‘n seisoen van voorbereiding en afwagting – ons moet ons harte en lewens gereed kry vir die aankoms van die Koning. Ongelukkig gaan die tyd vir geestelike voorbereiding dikwels verlore in besig wees en die druk van die vakansie seisoen. Dit gaan meer oor die voorbereiding van ons huise as van ons lewens; meer ‘n tyd van koop as van gebed; ‘n tyd van feesvier in plaas van ‘n dag van vas ter voorbereiding van die groot fees. Soos die Bybelse herbergier kom ons by Kersfees met geen plek in ons lewens vir geestelike herlewing nie.

 

Die vraag wat Advent van ons vra, is: Hoe gereed is jy vir die aankoms van die Koning? Hier is ‘n aantal stellings. Watter impak het hulle op jou tydens Advent:

1.     Fisies: Tydens Advent voldoen ek aan my liggaam se behoeftes van rus, oefening, voeding, medieseversorging, ens?

2.     Verhoudings: Tydens Advent kan ek gereeld liefde gee en ontvang; behou ek gesonde grense; is ek ingestel op die behoeftes en bekommernisse van ander?

3.     Emosioneel: tydens Advent kan ek my gevoelens uitdruk; stres hanteer, en perspektief behou as dinge nie gaan soos ek dit wil hê nie?

4.     Pas van die lewe: Tydens Advent het ek voldoende tyd om take af te handel; om tyd te hê om veranderende eise te hanteer en tyd om mense en aktiwiteite wat vir my vreugde bring, te geniet?

5.     Finansieel; tydens Advent vermy ek skuld; is ek vrygewig en wys in bespraing?

6.     Geestelik: tydens Advent rus ek voortdurend in God, spandeer ek tyd sam met Hom; reageer ek op sy leiding; groei my liefde vir Hom en ontvang ek sy liefde?

Watter van bogenoemde ses gebiede word tydens Advent afgeskep. Van watter dinge moet jy afstand doen om ruimte vir God te maak.

 

Tydens Advent vra elke dag vir jou hierdie twee vrae:

1.     Here, op watter manier het ek vir U plek gemaak in my lewe en my hart?

2.     Here, waaar het ek gefaal om vir U plek te maak in my lewe en my hart?

Ons maak plek vir Christus as ons Hom kies en in elke oomblik verwelkom. Ons faal om vir Hom plek te maak as ons iets anders bo Hom verkies.

 

Hierdie stuk kom uit MAX Lucado se Because of Bethlehem (2016). Volgende week kyk ons na “Aanbidding werk Wonders.”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
 
 

 




Wat moet die kerk doen in tye van politieke onrus?

Wat moet die kerk doen in tye van politieke onrus?

Die Duitse teoloog, dietrich Bonhoeffer se woorde oor vrees lui ‘n klokkie by ons vandag.

 

Op15 Januarie 1933 lewer Bonhoeffer hierdie roerende allegorie in ‘n Duitse kapel.:

Jy is op ‘n klein skippie in die oseaan. Die stormwind waai sterker by die minuut. Die skippie is klein en word soos ‘n speelgoedskippie rondgegooi; die lug is donker; die matrose se krag is besig om af te neem. Dan besef een skielik dat iets wat nie vantevore daar was nie, saam met hulle op die boot is.. hy kan niks meer sien nie en kan ook nie roei nie. ‘n Brander spoel oor hom en desperaat skreeu hy:” Vreemdeling in die boot – wie is jy?” en die vreemdeling antwoord: “Ek is vrees.” Alle hoop is verlore. Vrees is in die boot.

 

Detyds was Duitsland vasgevang in onstuimige tye. Hulle onthou nog die Eerste Wêreldoorlog 14 jaar vantevore. Die aandelebeurs het in duie gestort. Die Duitse ekonomie sukkel – 6 miljoen mense is werkloos. Die nuwe Weimar Republiek is polities onstabiel. Vrese vir ekstremisme vier hoogty. Soos hierdie donker golwe op hulle aanrol vrees baie Duitsers – insluitende Duitse Christene – die toekoms.

 

Vrees is in die boot – destyds in Duitsland en vandag in ons eie lewens. En in die kerk. Vrees vir die toekoms.

 

Daar was ook ‘n ander opkomende leier wat ‘n ander oplossing aangebied het. Hy het nie mense gehelp om hulle vrese te oorwin nie, maar hulle vrese uitgebuit. Met ‘n oorredende tong bied hy vir hulle ‘n verlosser aan – hyself. Vyftien dae na Bonhoefer se preek in Berlyn word Adolf Hitler die kanselier van Duitsland. Soos Bonhoeffer voorsien het, het vrrees die Duitsers in dieper pyn, verdeling en wanhoop gedryf.

 

That is the final triumph of Fear over us, that we are afraid to run away from it, and just let it enslave us. Fear has conquered us.”

 

Baie mense onthou Bonhoeffer vandag vir sy betrokkenheid by die Duitse weerstandsbeweging teen Hitler.  Wat hy geglo het, staan sentraal in sy lewe en bediening. Hy het geglo in die voeding van die liggaam van Christus – die kerk –  deur die verkondiging van die woord. Hy het omgegee vir die geestelike lewe en gesondheid van die  plaaslike kerk. Sy onderwerp van sy doktorale tesis was Sanctorum Communio – die kerk as heilige gemeenskap.

 

Die preek in Berlyn is ‘n voorbeeld van sy pastorale instinkte. Hy praat in ‘n atmosfeer van angs en onsekerheid met ‘n boodskap van hoop. Dit is ‘n boodskap wat die kerk vandag steeds moet hoor en verkondig, want geen mens is buite die kloue van vrees nie.

 

Vrees vul ons met eensaamheid, hopeloosheid en wanhoop. Dit dryf ons na besluite en optrede wat ons skade aandoen. Hoe doen vrees dit?

 

Dit verseker dat ons krag en weerstand verkrummel. Vrees vreet aan al die bande wat ons aan God en ander bind. In tye van nood as jy aan daardie bande probeer vashou, breek hulle en jy sink in jouself – hulpeloos en wanhopig.

 

Vrees besoedel ons denke en verwring ons oordeel en breek ons weerstand teen die bose af. Dit maak ons mismoedig. As vrees domineer skei wantroue, haat en selfsug ons van ons Skepper en ons naaste. Dit verplaas dit wat ons verenig: liefde; vertoue en geloof.

 

Fear takes away a person’s humanity. This is not what the creature made by God looks like.”

Millions of Germans allowed fear to erode their humanity, turning from trust in God to trust in a maniac, from love of neighbor to holocaust and war.

 

Vrees het steeds dieselfde mag vandag. Ons staan steeds voor die alledaagse vrese wat ons gebroke wêreld kenmerk. Die huidige politieke en sosiale klimaat is miskien nie so erg soos destyds in Duitsland nie, sal sensitiewe kerkleiers die vrees wat ons tans ondervind herken.

 

Vrees diskrimineer nie. Ons vind ons gereeld, soos Jesus se dissipels,, in stormwaters. Bonhoeffer lees vir sy gehoor Matteus 8:23 – 27. Jesus vra vir hulle: Waarom is julle bang kleingelowiges? Daarna maak Hy die storm stil.

 

As alle hoop verdwyn en as vrees in die boot kom, manifesteer Jesus sy mag en teenwoordigheid oor die vrees.   Christus is in die boot. Die see word kalm.

 

Die dissipels se storie is ook ons storie.  Op ‘n stadium was “Christus  in die boot” ook ons verlossingstorie. En nou? Nou is ons weer op die see op ‘n reis sonder geloof. En hoop, verlam deur vrees – ons het die vreugde vir die lewe verloor.

 

Christene word nie vrygestel van storms in die lewe nie as Christus in die boot is, kom daar altyd ‘n storm, want die wêreld met al sy bose magte probeer om Hom en sy dissipels by te kom. Daarom is angs en vrees nie onbekend vir Christene nie. Dit is, sê Bonhoeffer, waarom ons so desperaat die kerk nodig het. Die kerk is die plek waar ons hoor dat Christus sê: “Ek is saam met jou in die boot.” Sonder dit sal ons na ander stemme luister wat vir ons sê: “alles is hopeloos. Geen uitweg nie.” Stemme wat ons aanpor om ons hoop te stel in ander mense, opstande en onsself.

 

Maar midde in hierdie vreesaanjaende wêreld wat roep: Vrees is oorwin, moenie bang wees nie. In die wêreld is julle bang, maar wees gerus. Ek het die wêreld oorwin. Christus is in die boot.” Die plek waar ons hierdie praatjie moet hoor, is in die kerk daar wil die lewende Christus self praat sodat as iemand Hom hoor praat, verdwyn sy vrees.

 

Die kerk is ons ligtoring is ons storm van vrees die stem van die kerk sê vir ons dat ons saam met Christus op pad is deur die storm. Ons moet gedurig na Hom wat saam met ons in die boot is, kyk.

 

As ons geloof swak is, moet die kerk ons herinner dat dit nie die sterkte van ons geloof maar die sterkte van ons Verlosser is wat ons sal deurdra. Soos die dissipels sal ons saam met Christus in die bootjie staan en vra: Watter soort mens is Hy dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam?