Hoekom laat God tragedies en lyding toe?

Hoekom laat God tragedies en lyding toe?

Na die onlangse tragedie in Las Vegas is dit ‘’n vraag wat weer algemeen gevra word. Leë Strobel het die vraag probeer antwoord. Hierdie “hoekom” vraag gaan reeds duisende jare terug. Dit is reeds deur Job en die skrywers van die psalms gevra. In ‘’n nasionale meningsopname is die volgende vraag gevra: “As jy net een vraag vir God kan via, wat sal jy vra?’ Die algemeenste antwoord was: “Hoekom is daar lyding in die wêreld?”

 

Jesus het dit voorsien: Dit sê Ek vir julle . sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin (Johannes 16:33). Jesus was eerlik. Strobel sê dat as jy hom vra waarom God die man toegelaat het om so baie mense dood te skiet, kan hy net antwoord: “Ek weet nie.” Ons het nie God se oë en denke om daardie vraag te antwoord nie. 1 Korintiërs 13;12 sê: Nou kyk ons nog in ‘’n dowwe spieël en sien ‘’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.  Alles wat ons nou weet is gedeeltelik en onvolledig. Maar eendag sal ons soos God tans alles volledig sien. Net soos God my nou volledig ken.

 

As ons oor spesifieke individuele gebeure vra en wil weet waarom dit gebeur het, sal ons nie die volledige antwoord in hierdie wêreld kry nie.Enige intellektuele reaksie tans is onvolledig. Wat ons nou nodig het, is die werklike en vertroostende teenwoordigheid van Jesus Christus in ons lewens.

 

A ons na die oorkoepelende saak van hoekom God lyding in ons lewens toelaat, verstaan ons nie alles nie, is daar tog sekere dinge wat ons kan verstaan.  Ons sien nie al die perifere besonderhede nie, maar daar is sekere Bybelse waarhede wat seker punte sal illustreer. As ons dit volg, sal dit ons in die regte rigting lei. Dit kan help om ons harte tevrede stel

 

Strobel identifiseer vyf ligpunte wat hom gehelp het.

  1. God is nie die Skepper van die bose en lyding nie

Ons hoor dikwels: Hoekom het God nie ‘’n wêreld gemaak waar lyding en tragedies nie bestaan het nie? Die antwoord is eenvoudig; Hy het. Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het en dit was baie goed (Genesis 1:31). Maar as God nie lyding en tragedie gemaak het nie, waar het dit vandaan gekom? God bestaan van ewigheid af as Vader, Seun en Heilige Gees in ‘’n verhouding van volmaakte liefde.. Toe God besluit het om mense te maak, wou Hy gehad het ons moet liefde ondervind om aan ons die vermoë te gee om lief te hê, moes Hy aan ons ‘’n vrye wil gegee het. Ons kan nou besluit om lief te hê of nie. Liefde behels altyd ‘’n keuse

 

God het aan ons ‘’n vrye wil gegee, maar die mens het dit misbruik. As ons geprogrammeer was om te sê; Ek het U lief, sou dit nie werklik liefde gewees het nie. Ons het God verwerp. Dit is hoe boosheid die wêreld ingekom het. Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie (Romeine 3:23)

So baie van die wêreld se lyding is die gevolg van ons sondige optrede of gebrek aan optrede. Dit is, is onregverdig om iemand dood te skiet en dat vir God daarvoor te blameer. We have seën the enemy and hê is us.

 

Wat van natuurlike rampe? Hulle is die indirekte gevolg van sonde in die wêreld. Ons weet dat di hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting (Romeine 8;22) Die skepping verlang dat dinge reggestel moet word.

 

Kon God dit nie voorsien het nie? Natuurlik het Hy. Maar kyk na ons. Ons kinders kan ons baie seermaak, maar ons het steeds kinders, want hulle kan vir ons baie vreugde, liefde en betekenis bring. God het geweet dat mense teen Hom in opstand sou kom, maar Hy het ook geweet dat baie mense Hom sou volg. Baie sou vir ewig by Hom in die hemel wees. Dit as vi Hom die moeite  werd al het dit die dood van sy Seun gekos.

 

  1. Lyding is nie goed nie, maar God kan dit gebruik om its goed te bereik.

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28). Hierdie vers sê nie dat God die bose en lyding veroorsaak nie. Die vers sê ook nie dat ons nou onmiddellik sal sien watter goed sal voortspruit nie. Onthou  Hy maak ook nie die belofte aan almal nie., maar net diegene wat Hom volg. Ons kry ‘’n goeie voorbeeld in die verhaal van Josef. Hy gaan deur lyding – sy broers het hom as slaaf verkoop; hy word in die tronk gegooi nadat hy vals beskuldig is. Na 12 jaar word hy in ‘’n gesagsposisie geplaas waar hy die lewens van sy familie en ander kon red.

 

God kan my lyding gebruik om my na Hom toe te trek, om ander vir Hom te beïnvloed. Hy kan dit op baie maniere doen, maar dan moet ons Hom vertrou en volg.

 

  1. Die dag kom wanneer alle lyding gaan ophou en God alle boosheid gaan oordeel.

Die storie van hierdie wêreld is nog nie oor nie. Die dag sal kom wanneer siekte en pyn uitgewis sal word en mense sal dan aanspreeklik gehou word vir die boosheid wat hulle gepleeg het. Wat hou God dan terug dat HY dit nie sommer nou doen nie. Dalk ons. Hy vertraag alles in afwagting dat party van ons nog Hom sal volg. Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore moet gaan nie. Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer (2 Petrus 3;9).

 

  1. Ons lyding is niks in vergelyking met wat God vir sy volgelinge beplan het nie.

Ons moenie pyn en lyding minimaliseer nie, maar ons moet ook ‘’n langtermyn perspektief hê. Paulus het erg gely in sy lewe. Hy skryf:  ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly (2 Korintiërs 4:17). Hy skryf ook: Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wwat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie (Romeine 8:18)

 

Ons moenie die werklikheid van pyn en lyding ontken nie Dit is moeilik,

 

  1. Ons besluit self of ons bitter wil wees of ons na God gaan draai vir vrede en moed.

Ons almal het voorbeelde gesien waar dieselfde lyding die een persoon bitter maak – Hy verwerp vir God en word hard en kwaad – terwyl ‘’n ander persoon na God toe draai en meer liefdevol en teer word – hy reik met deernis uit na ander wat swaarkry.. Nie ons almal trek voordeel uit lyding nie, maar dit hang van ons af – van ons vrye wil.

 

God se antwoord vir lyding is nie ‘’n verduideliking nie, maar sy Seun wat mens geword het. Lyding is ‘’n persoonlike probleem en vereis ‘’n persoonlike reaksie. God is nie afgeleë en ongeïnteresseerd nie. Hy het na ons wêreld gekom en persoonlik ons pyn verduur Hy het hartseer geken. Hy is verraai Hy is verwerp.

 

As lyding kom soos dit sa kom,l as jy stry met pyn , soos jy sal en as jy kies om na sy arms te kom, sal jy vrede kry om die huidige te hanteer, jy sal moed kry om jou toekoms te hanteer en jy sal die belofte van die ewige lewe kry.

Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo (1 Johannes 5:13)

 




LEER JY GRAAG?

LEER JY GRAAG?

Hierdie is ‘’n eienskap wat op elke lewensterrein van waarde is. Mense wat graag leer hoef nie die slimste te wees om te slaag nie. Hulle wil in elke situasie leer. Miskien kan ons baie leer in Spreuke.

  1. Wees nederig

Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is.: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam (Spreuke 3:7 – 8).

Jy sien self: vir iemand wat dink hy het die wysheid in pag, is daar minder hoop as vir ‘’n dwaas (Spreuke 26;12).

Nederigheid Is die beginpunt vir leergierigheid, want leergierige mense besef dat hulle ‘’n behoefte het om te leer. Trotse mense dink hulle weet meer as ander en daarom hoef hulle nie te leer nie.

Die nederige mens:

  • Is bewus van sy swakhede;
  • Is bewus van sy blinde kolle;
  • Praat stadig, maar luister gou (Jakobus 1:190;
  • Erken sy foute;
  • Ag die ander hoër as homself; en
  • Vra terugvoer al word dit nie aangebied nie.

 Volgens Spreuke 3:7 – 8 lei nederigheid en vrees vir die Here tot genesing en verfrissing. Christene streef na nederigheid in hulle hele lewe: Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid (Spreuke 11;2)

 

  1. Soek aktief wysheid en insig asof jou lewe daarvan afhang

Die wysheid kom eerste. Sorg dat jy wysheid bekom, gee alles wat jy het om insig te bekom. Slaan dit hoog aan, dan sal dit jou aansien gee. Dit sal jou ‘’n man van betekenis maak, as jy dit vasgryp. Dit sal jou lewe versier, dit sal vir jou ‘’n sierlike kroon wees (Spreuke 4:7 – 9).

Miskien is jy een van daardie mense wat dringend raad soek as ‘’n krisis dreig, maar nie wysheid nastreef as alles goed gaan nie. Die Bybel noem so iemand ‘’n dwaas.

Wysheid kom nie per toeval nie. Jy moet dit najaag as jy wil groei. Dit beteken jy moet tyd maak om oor jou lewe en verhoudings na te dink deur die lens van die Skrif. Boeke lees en luister na wyse leermeesters. Jy moet nee sê vir dinge wat jou najaag van wysheid belemmer.

Die lewe is ingewikkeld en die vyand mislei ons. Sonder ‘’n gedissiplineerde najaag van wysheid ei insig mag ons val vir leuens en korpad oplossings vir ons probleme. Dié wat wysheid najaag:

  • Kyk doelgerig vir mentors, boeke, kursusse om te groei.
  • Memoriseer Bybelverse en dink na oor hulle;
  • Vra vrae van ander vir meer duidelikheid en verstaan;
  • Vra ander vir hulp, indien nodig;
  • Groei in kritiese denke ’n besef dat die gemaklike antwoord duur mag wees; en
  • Organiseer notas van wat hulle geleer het vir toekomstige verwysing.

Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly  daarbý, want dit is jou lewe (Spreuke 4:13).

 

 

  1. Leer van die regte leermeesters

WIe met  wyse mense omgaan, kry self wysheid;  wie hom met dwase ophou, word self sleg (Spreuke 13:20). Daar is baie dwase met gladde monde

..DIe regverdige laat sy pad vir hom wys deur ‘’n vriend; die goddeloses verdwaal op die pad wat hulleself kies (Spreuke 12;26).

Sonder oorwoë leiding val ‘’n volk; die redding lê in baie raadgewers (Spreuke11;14).

Die Skrif is altyd ‘’n goeie leermeester. Bid dat God jou na wyse mense sal lei sodat jy van hulle kan leer.

 

  1. Sien regstelling as ‘’n seën

WIe op ‘’n teregwysing ag slaan, sal lewe en ‘’n tuiste vind tussen mense wat wysheid het (Spreuke 15:31)

 

Wie onderrig ignoreer, gee nie om vir homself nie; wie op teregwysing ag slaan, kry insig (15:32)

Ons natuurlike reaksie op teregwysing is om onsself te verdedig. Ons moet teregwysing verwelkom en daarúít leer. God dissiplineer diegene wat Hy lief het (Hebreërs 12;7 – 11), Hy gebruik dikwels ander mense as instrumente om sy kinders tereg te wys en te help om te groei Sy Vaderlike teregwysing is vir sy kinders

 “

 

 




Die gawes en  vrugte van die Gees

Die gawes en  vrugte van die Gees

Simson word deur die Gees van God bemagtig toe hy ‘’n duidend Filistyne doodslaan (Rigters 14). As hy die Here se Gees gehad het, sou ons tog verwag dat hy in heiligheid sou groei, Hoe kan hy deur die Gees bemagtig word en tog geen geduld, nederigheid en selfbeheer hê nie? Maar die Bybel leer dat die moontlik is om die gawes van die Gees te hê, maar nie die vrugte van die Gees nie. In 1 Korintiërs 12 en 14 leer Paulus ons dat gawes vaardighedE is om dinge te doen al kan hulle ook vir ander doeleindes gebruik word. In 1 Korintiërs 13:1 – 3 sê Paulus dat dit moontlik is dat ons die gawes het van onderrig en profesie en leierskap, maar nie die vrug van liefde het nie,Dan  is hierdie gawes niks werd nie. So kry ons mans en vrouens in die Skrif, soos Simson,  wat groot gawes hê,, maar baie vlak in heiligheid en karakter is. Die gawes van die Heilige Gees kan in ons werk en ons kan mense help en selfs bewegings lei en tog kan ons persoonlike lewens ‘’n wrak wees.

 

Wat kan ons hieraan doen.

  • Ons moet die Bybelse onderrig van die verskil tussen gawes en vrugte verstaan. Baie mense kyk na hulle gawes as ‘’n bewys dat hulle geestelik reg is. Ons moenie die werking van die gawes verwar met die groei van vrugte nie. Die vrugte is die bewys van geestelike groei.
  • Ons gebedslewe eerder as ons godsdienstige aktiwiteite is die beste indikator van geestelike gesondheid. Is ins gebedslewe, warm, ‘’n vreugde en praat jy nie net nie, maar luister en leer jy ook. Of is jy soos Simson; jy bid net as laaste uitweg en dan net vir jouself en jou eie begeertes.
  • Gemeenskap is die beste manier om die integriteit van ons lewens te verseker. Christene is nie die “Lone Ranger” nie. Simson is bekend vir sy alleenheid. Hy aanvaar geen raad nie en hy werk nie saam met ander nie. HY bou geen spanne nie. Hy fokus op uitwendige indrukwekkendheid terwyl hy innerlik besig is om te disintegreer.  As niemand na genoeg is om ons geestelike lewens te sien nie of om ons te bemoedig of uit te daag nie, kan ons innerlike lewe maklik disintegreer.

 

 

 




Sewe dodelike stellings van lidmate

Sewe dodelike stellings van lidmate

Woorde het ‘’n betekenis. Soos lidmate sekere woorde herhaaldelik gebruik, word daardie woorde mettertyd in die prioriteite en passie van die gemeente weerspieël. Daar is sekere sinne of stellings wat skadelik kan wees vir ‘’n gemeente. Hier is ‘’n paar daarvan:

 

  1. Ek hou van ons gemeente net soos hy is

Hierdie stelling is ‘’n sekere teken dat Jesus se opdrag in Matteus 28:18 – 20 nie ‘’n prioriteit in die gemeente is nie. Ons moet nooit wens dat die gemeente bly soos hy is nie. Die gemeente moet voortdurend soek om nuwe mense met die evangelie te bereik.

 

  1. My leraar besoek my nie genoeg nie.

Hierdie weerspieël ‘’n bediening waar die verwagting is dat die leraar meeste van die bediening moet doen in plaas daarvan dat hy die lidmate toerus. Dit weerspieël ook ‘’n afhanklike en selfgesentreerde bediening van die lidmate.

 

  1. Ek stem altyd ‘nee’ om die leierskap intoom te hou

Hierdie persoon ontwrig die hele tyd. Hy soek die fokus op homself. Hy soek aandag. In enige gemeente is hulle toksies.

 

  1. Ek kan nie aanbid met ons musiekstyl nie.

Die aanbiddingsoorloë is nog nie verby nie.. hulle sal nooit sendelinge kan wees nie, want die inheemse mense sal nie die Liedboek gebruik nie Dit gaan net oor hulle eie voorkeure en begeertes.

 

  1. Mense weet waar ons kerkgebou is as hulle wil bywoon

Hierdie stelling aanvaar die kek is ‘’n plek en dat Jesus se opdrag in Matteus 28 sê “kom almal” en nie “gaan” nie.

 

  1. Ek hou van jou leraar, maar … …

Hierdie lidmaat is vals. Hulle vertel vir die leraars dat hulle van hulle hou, maar agteraf steek hulle ‘’n dolk in die leraar se rug.

 

  1. Ek betaal my tiendes so ek verdien …

Hierdie lidmaat sien sy dankoffers as voorwaardelik. Hulle sal aanhou betaal solank as wat hulle hul sin kry

 

Meeste lidmate maak nie sulke stellings nie. As die volwasse lidmate nie praat as hulle hoor lidmate maak sulke stellings nie, sal die negatiewe persone, kritici en bullebakke hulle sin kry. En gou-gou bestaan diE gemeente nie meer nie

 

.