Ken jou vyande

Ken jou vyande

Christus het gekom om twee groot vyande te verslaan: die dood en die duiwel.

Die dood is ‘’n harde werklikheid, maar min mense besin oor hulle eie dood. Mense is besig. Koerante moet gelees word, koffie moet gekoop word en oproepe moet gemaak word. Ons hardloop gedurig; ons is alyd besig met ons daaglikse take. Ons stop selde om na te dink oor die belangrike aspekte van die lewe – soos die dood.. Baie van ons gebruik besig wees om te vermy om oor ons sterflikheid te dink. Ons kan die werklikheid van die dood probeer vermy, maar dit bly ‘’n werklikheid. As ons eerlik wil wees, moet ons erken dat as die evangelie nie waar is nie, is die dood ‘’n aaklige werklikheid – iets wat ons moet vrees. Die dood is die veeslikste ding wat ons ooit kan raakloop sonder die evangelie.

 

Die tweede vyand wat Christus oorwin het vir ons is die duiwel. Ons moenie die duiwel vir elke sonde blameer nie of sien dat hy oral wegkruip nie. Terselfdertyd moet ons hom nie geringskat nie. Ons moet ook die teologies dualisme van ‘’n goeie God en ‘’n bose god (die duiwel) wat in ‘’n kosmiese magstryd tussen twee gelykes gewikkel is, verwerp. God se, mag is baie meer as dié van die duiwel. Ons moet die duiwel in ‘’n ernstige lig beskou: wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ‘’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind (1 Petrus 5:8). Hy verdraai die evangelie en verhoed dat dit verkondig word. Hy is ‘’n leuenaar (Johannes 8:44); hy misslei ons; hy is ‘’n vernietiger (Johannes 10;10) en hy verlei ons (1 Korintiërs 7:5).. Die duiwel is kwaadwillig en staan direk teenoor God se wese, karakter, doel, mense en heerlikheid. Sy primêre ambisie is om te verhoed dat di evangelie verkondig word en om te verhoed dat mense die evangelie glo.

 

  • Verslaan jou vyande

Christus gee aan ons die oorwinning oor beide vyande. Die evangelie gee vir ons hoop oor die dood. The death of death in the death of Christs (John Owen). Ek sê vir jou: Jy is Ptrus en op hierdie rots sal Ek my kerk bou (Matteus 16:18). Christus bied aan ons die hoop van lewe van die dood. Jesus sê dat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Johannes 3:16). Vers 15 sê dat Christus hierdie oorwinning oor die dood behaal het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Die dreigende werklikheid van die dood, moet rede wees vir almal buite die evangelie om te vrees. Die dood beteken die einde van hierdie lewe en die begin van God se vergeldende oordeel van sondaars. Chritus verlos almal wat in Hom glo en verlos hulle van sy toorn. Christene hoef nie meer deur die vrees vir die dood verlam te wees nie. Dit is net nog een stap na opstanding

 

Christus het die duiwel vernietig. Hierdie vernietiging verwys nie na die duwiel se uiteindelike vernietiging nie. Hy bly ‘’n werklike en aktiewe vyand van die kerk Hy loop steeds rond, maar hy is van sy vernietigende wapens gestroop. Sy aanklagte teen God se mense dra nie meer gewig nie.

 

In Hbreërs 2:14  – 15 sê die skryer van die Hebreër-brief hoe Jesus die dood en die duiwel oorwin het – deur sy dood, die een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel te vernietig. Jesus oorwin die dood en die een wat mag het oor die dood deur self te sterf. So verwyder Christus die toorn van God wat teen ons gerig was as gevolg van ons sonde. Christus oorwin die dood deur weer op te staan uit die dood. So kry al God se mense ‘’n opstandingdhoop. Christene kan hulle verbly: die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waaar is jou angel? (1 Korintiërs 15:54 – 55).

Hebreërs 2:16 beklemtoon weer Christus se voorrang bo die engele. Christus is die middelpunt van God se doel en plan vir die mensdom.




Die kerk is meer as die mense

Die kerk is meer as die mense

Na ons tot bekering gekom het, kan dit verwarrend wees: Waarvoor is ons geroep?: Wat doen ons hier? Belangriker:: Wat is God besig om te doen? Mense vra: Moet alles nie verander nou dat ek vir Jesus ken nie? Wat is die koninkryk van God? Wat het die kerk met Christus se heerskappy te doen?

 

Ons hoor dikwels die kerk is nie ‘’n gebou nie, maar sy mense. Die koninkryk van God is wat Jesus verkondig het en die huidige vorm van die koninkryk is die kerk. Hierdie mense en gebou wat nou die kerk genoem word, is waar die koninkryk van God gesien word. Dit is ‘’n plek waar sekere dinge gebeur en waar mense sekere dinge doen (sien Handelinge 2:42). Christus se groot Opdrag (Matteus 28:18 – 20) kan nie van die kerk losgemaak word nie.

 

Die kerk is die plek war mense bymekaarkom om God se goddelike gawes te ontvang. Hierdie mense wat gevorm is, word tydens die week versprei. Die kerk gaan dan uit in die gemeenskap om ander te dien volgens hulle roeping. Ons is die kerk as ons die armes dien en die evangelie verkondig.

 

Hierdie dinge kan ons nie doen sonder die bediening van die evangelie nie en God se gawes nie. Die kerk is God se koninkryk en sending in die wêreld deur al die verskillende roepings van sy lidmate. Die kerk as instelling is die nuwe swaartepunt. Hier is die plek waar God se gawes van verlossing na ons toe kom (Efesiërs 4:1 – 16).. hier kry ons ons opdragte sodat God ons in diens kan neem om goedheid en die waarheid aan mense te bring – vir liggaam en siel. Die werk van die Heilige Gees word sigbaar in opofferende liefde en gasvryheid is. Die instrumente wat God gebruik is die verkondiging van sy woord en die regte gebruik van die sakramente (Handelinge 2:42). Die woord van die koninkryk word gesaai soos saad in die landery van die wêreld en begin vrugte dra deur die roeping van die kerk (Matteus 13).

 

Op pinkstedag het God sy Gees gestuur. So herstel Hy kommunikasie tussen die Skepper en sy skepsels en ook kommunikasie tussen mense van verskillende sosiale klasse, etnisiteite en agtergronde: Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe (Efesiërs 4:3)

 

Paulus stel dit so: Julle is dus nie meer vêr van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God (Efesiërs 2:19). Ons word nou geroep om die liefde van Christus aan dié om ons te bring. Ons is immers God se mense.

 

Op hierdie manier weerklink God se woord van die kansel, die doopvont en die nagmaaltafel na die kerkbanke en in die huise van Christene, hulle werkplekke en skole. Die kerk kom Sondae bymekaar om gedurende die week versprei te word om ons bure met liefde en danksegging te dien vir alles wat God aan ons gegee het deur sy woord en Gees.

 

Christus, deur sy Gees, beheer elke faset van ons bestaan. Dit is wat ons doen, maar dit is ook God aan die werk in ons vir sy heerlikheid en ons beswil. Die mense en die plek is waar God se koninkryk vandag gesien word.

 




Wees gelukkig in elke seisoen.

Wees gelukkig in elke seisoen.

Elke ding het sy vasgestelde tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is ‘’n tyd om gebore te word, ‘’n tyd om te sterwe,  ‘’n tyd om te plant, ‘’n tyd om plante uit te trek, … ‘’n tyd om aan te skaf, ‘’n tyd om te laat wegraak, ‘’n tyd om te spaar, ‘’n tyd om weg te gooi … Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? Ek het gesien dat God aan die mens ‘’n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas op ‘’n bepaalde tyd (Prediker 3:1 – 2; 6; 9 – 11) hier gaan dit oor die verskillende seisoene in ons lewens. Die seisoene marsjeer voort of ons nou daarvan hou of nie. Ons kan op hierdie veranderende seisoene op een van twee maniere reageer;

1.  Ons kan alles as onsinnigheid sien en daarvan vergeet. Dit sal tot ontnugtering lei;  of

  1. Ons kan die aanvaar en dit ten beste gebruik. Dit sal tot blydskap lei

 

Dit vereis wysheid om die veranderende seisoene van die lewe te aanvaar. Dwase weerstaan die proses en probeer aan een seisoen vasklou. Dit is die dwaas wat aan sy jeug vasklou en veroudering weerstaan. Ek moet fokus op die nuwe hoofstuk in my lewe wat God aan my gegee het.

 

Daar is ook ’n  tyd om jou verlede te los. Kyk net na al die plekke wat opgerig word waar mense hulle oortollige dinge kan stoor. Hoekom? Die oorvloedige lewe berus nie op oorvloedige besittings nie.

 

Daar is ‘’n tyd om groot te word. Van ons jongmense probeer adolessente bly – sonder enige verantwoordelikhede, partytjies elke aand, tree op soos selfgesentreerd kinders en word nog deur hulle ouers versorg. Sny die naelstring en aanvaar verantwoordelikheid. Jou kinderjare is veronderstel om vol vreugde te wees, maar daar is ‘’n tyd om volwasse te word. Ja, dit is vol uitdagings, maar ook vol geleenthede en vreugdes.

 

Daar is ook ‘’n tyd om jou van sekere mense los te maak. Dit mag ‘’n romantiese verhouding wees wat nie so lank geduur het soos jy verwag het nie. Om oor ‘’n verlies te rou is goed en toepaslik, maar God het ‘’n hele lewe voor jou. Vreugde lê nie in die verlede nie, maar in die hede met alles wat God vir jou beplan.

 

God het seisoene in ons lewens bepaal. Soms verwelkom ons die verandering en soms weerstaan ons dit. Wysheid aanvar elke seisoen en laat God toe om vir ons te wys hoe ons dit kan geniet.  Ons ken immers die Skrywer wat elke reël van elke hoofstuk skryf.

 




Die Merke van die kerk

Die Merke van die kerk

Is ‘n groepie waat Bybelstudie doen ‘n kerk? Baie mense is vandag verward oor wat ‘n kerk is. As die woord kerk in jou naam voorkom, is dit ‘n kerk? In die verlede het Christene hieroor nageink en ontwikkel die idee van ðie merke van die kerk.” Dit beteken maar net die kenmerke wat ‘n ware Chistelike kerk onderskei. Die Hervormers het geglo daar is twee kenmerke:

  1. Die regte prediking van God s oord; en
  2. Die regte hantering van die doop en nagmaal.

 

Christelike prediking is om God se woord te verklaar en te verduidelik. God se woord was nog altyd hoe God lewe gebring het. Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus (Romeine 10:17).  Die apostels in die boek Handeling is versprei oor die hele bekende wêreld waar hulle die woord van God verkondig het. As hulle ‘’n kerk gevestig het, het hulle seker gemaak dat daar iemand was wat die woord kon verkondig (Titus 1).

 

God se Gees sal jou onderrig en bemoedig en teregwys deur God se gepredikte woord. As die prediker van ‘’n sekere kenmerk van God praat of van ‘’n skêre sonde of van ‘’n geleentheid om te dien, klink dit soms of dit God is wat met jou praat.

 

Maar prediking is nie die enigste werk van die kerk nie. Jesus Christus het sy volgelinge opdrag gegee om simbole van sy genadige voorsiening van sondaars uit te voer. In die plaaslike gemeente is daar twee sulke optredes: die doop en die nagmaal.

 

Die doop is die aanvanklike teken dat jy deel van God se mense is. Die doop is ‘’n teken van God se genadige optrede in die dopeling se lewe. Ons dink aan Jesus se opdrag in Matteus 28 en Paulus se uitspraak in Romeine 6:3 – 4: Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?  Deur die doop is ons immers saam met Hom in die dood begrawe, sodat, soos  Christus deur die wonderlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘’n nuwe lewe kan lei. Ons word nie deur die doop gered nie, maar deur geloof in Christus alleen.

 

Die nagmaal is die voortdurende teken dat ons deel van God se mense is. Wat belangrik is, is die betekenis van Nagmaal en nie die manier waarop dit gebruik word nie. Dit is ‘’n gedagtenismaal. Paulus het ‘’n streng brief aan die gemeente in Korinte geskrywe, want hulle het toegelaat dat mense wat nie hulle sonde bely het nie, deelneem aan die nagmaal. Die nagmaal sal nie so ‘’n sondaar red nie. Natuurlik is die nagmaal vir sondaars, maar net vir sondaars wat hulle sondes bely hte. Dit is die beeld van God se trou aan ons. Ons deelname spreek in die openbaar van ons persoonlik as deelnemers van God se genade in Christus.