Wanbegrippe Oor die Nuwe Testament

Wanbegrippe Oor die Nuwe Testament

  1. Die evangeliste gee verskillende weergawes van Jeus se lewe, dood en opstanding

Oogetuie verslae verskil. Dieslefde gebeurtenis is selde presies dieselfde. In die evangelies is daar meer oorvleueling as verskille. As daar verskille is, is hulle gering en verander nie di basiese verslag nie. Om die warheid te sê ons moet meer suspisieus wees as hulle presies dieslfe sê.. Dit ou lyk dan asof hulle vooraf ooreengekom het om saam te werk.

 

  1. Paulus en Jesus leer verskillende dinge

Mense sê die evangelies is vol van Jesus se onderrig oor die koninkryk van God terwyl Paulus se fokus meer op regverdigmsking is. Daarom glo sommige mense dat Paulus iets onderrig wat Jesus nooit onderrig het nie. Openbaring in die Bybel ontvou op ‘’n organiese stap-vir-stap wyse eerder as ‘’n alles tegelyk manier. Jesus het begin dit waarop die apostels onder die inspirasie van die Heilige Gees gebou het. Ons moet ook onthou dat ‘’n konsep teenwoordig mag wees sonder dat di spesifieke woorde gebruik word. Christus het die baie duidelik gemaak dat verlossing net deur Hom kan kom (Johannes 3:16 – 17 en Johannes 14:6) al gebruik Hy nooit die woord versoening nie. Paulus het ook geleer dat Christene wat op Christus vertrou ‘’n ewige erfenis het, dat hulle seuns van God genoem sal word en dat hulle sal opstaan as Jesus weer terugkeer – almal elemente van die koninkryk van God wat Jesus verkondig het.

 

  1. Jakobus en Paulus verkondig twee verskillende verlossings

Dwarsdeur sy briewe beklemtoon Paulus dat regverdigmaking net deur geloof moontlik is. Ons kry dit baie duidelik in Romeine en Galasiërs dit lyk asof Jakobus iets anders leer: geloof plus werke (Jakobus 2;14 – 17). Jakobus ontken nooit die belang van geloof vir verlossing nie. Hy fokus op werke om te wys dat lewende geloof, soos ‘’n lewende boom, vrugte moet dra. Geloof wat dood is, dra nie vrugte nie en is daarom nutteloos. Dit wys vir ons regverdigmaking en heiligmaking is aan mekaar verbind. Regverdigmaking kom altyd eerste.

 

  1. Die Christelike godsdiens is ‘’n primitiewe godsdiens wat die apostels opgemaak het om die behoeftes van die gemeenskap te pas

Die argument is dat die Christelike geloof nie by de moderne wêreld pas nie. Hulle glo dat die apostels  Jesus geredigeer, aangepas en verander het om by die gemeenskap aan te pas. Die apostels het hulle evangelies en briewe nie lank na Jesus s hemelvaart geskryf nie. Daar was nog baie mense wat deur Jesus genees is en sy prediking gehoor het. Lukas verwys na Kleopas wat kan getuig dat hy korrek verslag lewer (Lukas 24). Dit is baie onwaarskynlik dat die apostels Jesus se onderrig sou verander terwyl baie nog geleef het wat kon getuig dat hulle gejok het.

 

  1. die Bybel het foute as gevolg van die verskille tussen die manuskripte

Die ooreenkomste tussen die kernonderrig van die Nuwe Testament is veel meer as die verskille. Die verskille is so minimaal dat hulle nie die betekenis van die kernonderig beïnvloed nie. Dit is merkwaardig as ons onthou dat die manuskripte met die hand oorgeskryf is. Baie van die verskille is kopiëerfoute – ‘’n woord wat uitgelaat is.

 

  1.  Dit is onmoontlik om te weet wat die oorspronklike manuskripte geleer het.

Dit is onwaarskynlik, want ons het so baie kopieë.. Ons het meer as 6000 manuskripte wat almal basies dieselfde ding sê.

 

 




Wie se oë is belangrik?

Wie se oë is belangrik?

Aan die begin van hierdie finale siklus in Rigters 13 lees os die nou reeds bekende: die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. Die resultaat klink ook bekend: die Here gee hulle vir 40 jaar oor aan die mag van die Filistyne. Baie dinge wat die Isreliete gedoen het, was nie verkeerd in hulle eie oë nie. Volgens hulle was hulle gedrag aanvaarbaar.. In God se oë was hulle gedrag verkeerd.

Dit leer vir ons twee waarhede oor sonde:

  1. Die definisie van sonde. In die oë van die Here –  dit staan teenoor ons eie oë. Dit leer vir ons dat sonde nie primêr bestaan uit iets wat jou gewete skend of jou persoonlike of die gemeenskap se standaarde verkrag nie, maar dat ons God se wil vir ons skend.

Moderne mense glo dat net jy kan besluit wat reg of verkeerd is vir jou –  jou gevoelens en jou persepsies is die enigste manier om te bepaal wat reg en verkeerd is.. Algemene kennis weerspreek dit. As verkeerd net deur ons oë bepaal word, hoe kan ons die Nazi’s oortuig dat uitwissing van die Jode verkeerd was. Hulle het gedog hulle bewys ‘’n guns aan die mensdom. As ons erken dat ons eie oë nie voldoende is om sonde te definieer nie, moet ons vra wie se oë is dan voldoende? Is dit die oë van kundiges of van die meerderheid. Die Bybel se antwoord is reg. Sonde is as ons God se wil vir ons verontagsaam. Wat God as sonde sien, is sonde, maak nie saak wat ons dink of wat die kultuur dink nie.

 

  1. Dit herinner ons aan di misleiding van sonde. Dit herinner ons aan hoe maklik ons onsself mislei. Die Israeliete het sielkundige en kultureLe rasionalisering vir hulle sondes gehad. Hulle was in groepsontkenning. In hulle eie oë en persepsie het hulle niks verkeerd gedoen nie.  Op die bewuste vlak het hulle nie skuldig gevoel nie. Daar was ‘’n diep maar onderdrukte kennis dat hulle God se wil verwerp het. Hulle het baie verduidelikings vir hulle lewenswyse.aangevoer.

 

Ons weet nie watter redes hulle aangevoer het nie. Ons moet egter onthou dat die kern van alle sonde afgodery is. Afgode is nie noodwendig slegte dinge nie. Dit kan goeie dinge wees wat ons omskep het in ons uiteindelike doel en hoop. ‘’n Afgod is van nature misleidend. Dit sê vir ons ons doen die regte dinge, wanneer ons dit in God se plek as afgod geplaas het. Dit beteken ons moet ons geduig evalueer deur nadenke oor die Bybel en deur persoonlike aanspreeklikheid teenoor ander. Ons kry altyd maniere om ons sondes te rasionaliseer. Hulle lyk nie te sleg in ons oë nie: Satan paints sin with virtue’s colors (Thomas Brooks).




Hoe gebruik God vrae in die Bybel?

Hoe gebruik God vrae in die Bybel?

Alle ouers moes op ‘n stadium baie vrae van hulle kinders antwoord. Kinder op ‘n stadium is nuuskierig en het ‘n onuitputlike bron van vrae. Kinders vra dit, want hulle het nie die nodige inligting nie. Ouers vra ook vrae vir hulle kinders. Ons wil graag hê dat ons kinders teenoor ons moet oopmaak – ons wil graag weet wat in hulle lewens aangaan. Vrae wat ouers vra fokus nie so seer op inligting nie, maar op intimiteit.

Ons sien hier dieselfde optrede – vra vrae – maar met ‘n verskillende doel daaragter. God vra ook vrae. Ons sien dit dikwels in die Bybel:

  • Nadat Adam en Eva gesondig het, vra God: Waar is jy?
  • TOE Adam en Eva tevoorskyn kom, vra God vir Eva;  wat het jy nou gedoen?
  • Toe God op Job se aantygings reageer, vra Hy ‘n klomp vrae est begin met: Waar was jy toe Ek … (Job 38).
  • Toe Jona kwaad was omdat God gedoen het wat hy gevrees het – hy het nie die mense van Nineve gestraf nie – vra God vir hom twee maal: Het jy rede om kwaad te word? (Jona 4).
  • Toe die mense sê Jesus was ‘n profeet – Johannes die Doper of Elia – vra Hy vir sy dissipels: Wie sê julle is Ek? (Matteus 16:15)
  • Ons kan hierdie lys verder uitbrei.

 

Omdat vrae verskillende doelwitte het, afhangend van die geleentheid,  mag ons wonder wat God se bedoeling met hierdie vrae was. Ons weet dat God nie inligting soek nie, want Hy weet reeds wat die antwoord is. Hy ken die feite beter as die mense wat betrokke is. Hier kry ons een van die groot redes waarom God vrae vra: “Hy wil hê dat ons ons eie harte moet konfronteer. Hy vra vrae nie omdat Hy iets wil weet of verstaan nie, maar omdat Hy wil hê dat ons die waarheid van wat aangaan moet verstaan. Deur vrae dwing God ons om na onsself te kyk – ons hart en ons motivering.

Hy wil hê dat ons dit wat ons vantevore nie wou erken of nie raakgesien het nie, moet erken. God vra dit in die paradys, nie omdat HY nie weet nie.  Maar omdat Hy die vrees en skaamte wat ons laat wegkruip in die lig wil bring. Soos met Jona mag God ons dwing om ons vooroordele en bitterheid te konfronteer sodat ons deur sy genade en deernis daar verby mag beweeg.

God mag vir ons vra wie Hy is, nie omdat Hy vergeet het nie, maar omdat Hy wil hê dat ons die waarheid aangaande Hom moet praat. Sal ons genoeg moed hê om dit te antwoord. Om die vrae te atwoord, beteken nie dat ons ‘n nuwe stukkie inligting opdiep nie – it beteken dat ons die waarheid aangaande onsself sal konfronteer.

God vra vir ons, nie omdat Hy vergeet het nie, maar omdat Hy wil hê dat ons moet die waarheid aangaande onsself weet.




Die Koninkryk van God

Hoe heerlik klink in die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!”  Hoor, jou wagte roep hard, hulle jubel almal saam, want hulle sien dat die Here na Sion toe terugkom (Jesaja 55:7 – 8).

Die evangelieverhaal begin met hoop. God se mense, Israel word deur die Romeine onderdruk. Dan verskyn Jesus op die toneel as Koning. Nadat Hy deur Johannes die Doper gedoop is en die Heilige Gees ontvang het, verkondig HY bekering en goeie nuus vir die armes. In die Skrif lees ons van die wonderlike beloftes van ‘’n Koning wat sou kom.  Hy doen wonderwerke as tekens van die heelheid en seëninge wat sy bewind kan bring. Sy veldtog om die goeie nuus te verkondig en te demonstreer eindig in sy dood aan die kruis. Dit is duidelik dat sy dood nie iets toevalligs is nie. Sy dood was geen mislukking nie. Die einde was slegs die begin.   Jesus sterf in solidariteit met die swakkes; Hy sterf vir sondaars Sy opstanding was ‘’n oorwinning vir sy mense.

 

Die goeie nuus van die koninkryk is dat Jesus die straf van ons sondes op Hom geneem het. Hy gee aan ons die seëninge wat met volmaakte berou en bekering gepaard gaan. Sy versoening vir ons sondes is die goeie nuus van die Koninkryk. Christus is die genadige Koning wat almal wat na Hom toe kom, aanvaar.

 

Daarom is die Christelike lewe een van hoop. Hirdie is nie ‘’n hoop wat lyding en pyn ignoreer nie, maar ‘’n hoop wat na die gekruisigde Christus kyk wat die opgestane Here is. Soos die profeet, Jesaja, sê: “Jou God is Koning!” dit is die goeie nuus van die koninkryk