Vyf gedeeltes wat gereeld buite konteks aangehaal word.

Vyf gedeeltes wat gereeld buite konteks aangehaal word.

  1. Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!

Ons kry hierdie vers op kerkmure en T-hemde. Meeste mense ignoreer die konteks van hierdie teks, want dit sê wat hulle vir hulle lewens verlang. Hierdie was ‘n belofte aan Israel. Eers nadat Hy beloof het dat Hy sy volk in ballingskap vir 70 sal laat bly, maak die Here hierdie belofte. Die onmiddellike konteks gaan nie oor individue nie. Daar is tog troos in hierdie vers en ons moet nooit vergeet dat God ‘n plan vir ons het. Ons moet onthou dat God se grootheid ‘n werklikheid is al sluit dit soms 70 jaar van swaarkry en onderdrukking in.

 

1 Korintiërs 13:4 – 7: Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik,; dit is nie afgunstig nie,  is nie grootpraterig nie,  is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie. Hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid, dit bedek alles. Glo alles, hoop alles, verdra alles.

Die begeerte om hierdie gedeelte te gebruik om trou, liefde en toewyding in die huwelik uit te druk, is groot, Die probleem is dat Paulus hier nie na romantiese liefde verwys nie. Ons moet Hoofstuk 12 en die groter storie van die gemeente in Korinte in ag neem voordat ons by hierdie verse kom. Paulus skryf in Hoofstuk 12 oor die misbruik van die geestelike gawes. Hulle moet in eenheid saamwerk. Geen mens is waardeloos nie.

Teen die tyd dat ons by Hoofstuk 13 kom is Paulus gereed om ‘n prentjie te skilder van liefde in ‘n gemeenskap van eenheid. Daarom begin hierdie hoofstuk met hierdie woorde: Nou wys ek julle wat die allerbeste is. Dit gaan hier oor ‘n wêreld veel wyer as ‘n huweliksverhouding

 

Romeine 13:1: Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.

Hierdie vers is ‘n hindernis vir elkeen wat oor die huidige regering ontsteld is. Daarom is ons bereid om hierdie teks te ignoreer of om verskonings te maak oor waaroor hierdie teks nie op ons van toepassing is nie. “We focus mostly on the exceptions—when should we not submit to a government—like Hitler and the Nazis.” (Haddon W. Robinson).  Onthou Paulus het hierdie aan die gelowiges in Rome geskryf. Op daardie stadium was Nero die keiser.

 

Paulus sê verder: Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen.” (1 Timoteus 2:1 – 2).Gelowiges moet ‘n voorbeeld stel deur respek en eer te betoon, en om dan binne die sisteem te werk vir konstruktiewe verandering en vrede; bid vir die regering. Moenie die sisteem omvêrwerp nie – dit is nie Bybels nie en is vir niemand goed nie.

 

Matteus 7:1:Moenie oordeel nie sodat oor julle nie geoordeel word nie.

Ons moet die teologie van genade binne die groter raamwerk van Goddelike geregtigheid verstaan Johannes se stellings oor God se liefde het implikasies vir die gedrag van gelowiges. Die fokus is diegene wat God se kinders deur Jesus Christus is. Dit is nie ‘n absolute verbod teen die evaluering van ander mense nie, maar ‘n waarskuwing dat ons dieselfde standaard in die beoordeling van ander moet gebruik as wat ons vir onsself gebruik.

Inteendeel Paulus  sê dat ons moet oordeel: Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. Maar julle moet oor julle eie mense oordeel. Verwyder die slegte mense onder julle uit 1 Korintiërs 5:12 – 13). Ons moet genoeg omgee vir ons mede-gelowiges om in liefde die waarheid te praat en hulle te help om geestelik te groei

 

3 Johannes 2: Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou gaan as wat dit geestelik met jou gaan

Hierdie vers word dikwels gebruik as teks om te wys dat God ons op ‘n spesifieke manier gaan seën ën  gewoonlik is dit materieel/finansieel. Christene verstaan nie meer die plek van lyding in ons geloof nie. Ons het van sukses ‘n afgod gemaak: “Ek is ‘n Christen en daarom is ek geregtig op sukses.”  Die Christelike lewe is vol oorwinnings en sukses, maar nie noodwendig gemeet aan ons eng idees van sukses nie. God se beloftes is geestelike beloftes en nie beloftes van onmiddellike voldoening nie. God seën ons op baie maniere, maar Hy het nie belowe dat nou ons beste lewe sal wees nie.

 

Meeste mense wat verse verkeerd aanpak is gewoonlik nie ver van koers af nie. ‘n Leraar se werk is soos ‘n vuurtoring – hulle moet dien as modelle vir gesonde Bybelse interpretasie. Maxwell sien elke vers as ‘n kamer. Ons moet nooit die ander kamers en die hele huis en die omgewing ignoreer nie.

< 

 




Is God afwesig?

Is God afwesig?

Tussen 8:34 en 10:6 word God glad nie mt sy persoonlike verbondsnaam vermeld nie. Die is di beeld van ‘’n samlewing en leier wat God probeer uitdruk – Hy word nie aanbid of oorweeg nie. Beteken dit dat God afwesig is? Soos die inwoners van Sigem geld van die afgod gebruik vir ‘’n menseslagting en soos Abimelek sy bloedige weg deur Israel maal, lyk dit asof God afwesig is.

Jotam vlug na Beer omdat hy bang was vir sy broer Abimelek (9:21). Aan die einde van Hoofstuk 9 is die inwoners van sigen en Abimelek verslaan dit was die gevolg van ‘’n vrou wat ‘’n maalklip op Abimelek se kop gegooi het..

Maar in verse 23 – 24 en 56 – 57 lig die skrywer die gordyn om vir ons te wys wat God besig was om te doen: God laat vyandskap tussen Abimelek en die inwoners van Sigem komGod het dit oor Abimelek gebring oor die onreg wat hy sy broers di sewentig seuns van Jerubaäl aangedoen het toe hy hulle vermoor het.  Oë Abimelek dood is, skryf die outeur: so het God die onreg gestraf wat Abimelek sy pa aangedoen het toe Abimelek sy sewentig broers vermoor het. God het ook al die verkeerde dae van die mense van Sigem op hulle koppe laat afkom: die vloek wat Jotam seun van Jerubaäl oor hull uitgespreek het, het hulle getref.

God mag miskien stil gewees het, maar Hy was nie afwesig nie. In wat soos die normale verloop van sake gelyk het, was God wat geoordeel het\. Daar was geen weerligstraal uit die hemel nie, maar daar was geregtigheid. God openbaarr vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk (Romeine 1:18). God se oordeel word nie beperk tot een of ander toekomstige datum nie. Dit is nou reeds aan die gang.

In rigters leer ons drie waarhede van god se oordeel tans:

  1. Dit kom ongesiens. Die mense van destyds sou nie gesien het dat God die boosheid in di harte van die mense van Sigem gebruik het vir sy eie regverdige doel nie. Ons het ook nie vandag ‘’n outeu wat die gordyn vir ons lig om te sê waar, hoe en wanneer God mense oordeel nie. Ons weet dit gebeur, maar ons kan nooit die vinge wys en sê: God straf jou vir daardie besondere sonde nie.
  2. Dit kom na ‘’n wagtyd. Drie jaar verloop tussen Jotam se waarskuwing en di oordeel (9:22 – 23). Sigem word vernietig omdat die stad nie lojaal was nie. Sy grootste sonde was die rede vir sy val. Abimelek word vernietig want hy wou sy posie teen alle koste behou. Dit was nie nodig dat hy Tebes aanval NI sy grootste sonde was die oorsaak vir sy val. God in sy oordeel gebruik die instrumente van menslike opstand teen diegene wat in opstand kom
  3. Tydens die bewind van Abimelek bereik Israel nuwe dieptes. Daar  is meer om te kom na Abimlek. Tola  kom na vore om die Israeliete te red (10:1). Hy lei Israel vir 23 jaar God roep iemand andersom Israel te red en te lei. Hy word gevolg deur Jaïr en nog 22 jaar van vrede. Dit is die genade van God. Die mense het Hom verlaat hulle het verkies om deur ‘’n man wat nie deur God gekies is, gelei te word. Israel het so diep geval dat hulle geen berou het nie, maar tog stuur God vir Tola en Jaïr, om hulle te red. Die volk het nie vir hulle gevra nie. Hier word geen vyande genoem nie .,Tola het na vore gekom om die Israeliete te red – van wie? Tola red hulle van hulleself. God se mense het ‘’n leier nodig om ons van onsself t red – van die mislukkings en ambisie van ons eie harte en van die verdeeldheid en stryd tussen ons. Dit herinner ons dat die kerk se grootste probleem is die kerk. As ons kerke sien met nederige leierskap, met evangelie-gesntreerde eenheid wat vrede nastreef met geregtigheid en liefde, moet ons God dank, Hy het in sy genade sy Gees gegee om ons harte te verander en ons verhoudings te herstel.

 




Wat het tieners nodig in ‘n kerk?

Wat het tieners nodig in ‘n kerk?

Dit is ‘n moeilik vraag, want waarna mense soek in ‘n kerk berus dikwels op persoonlike smaak.

  1. ‘’n Plek met Jesus

As hulle nie vir Jesus in die kerk ontmoet nie, mors hulle hul tyd. Om die Bybel te ken en om aangename mense te wees sonder Jesus is sinneloos. Moenie net vir hulle vertel van Jesus nie – help hulle om Hom te ken.

  1. ‘n Plek met volwassenes wat omgee.

Tieners het volwassenes nodig wat in hulle kan belê, wat kan dien as mentors en wat hulle op die regte pad kan lei.

  1. ‘’n Plek om te behoort

Tieners wil graag iewers behoort hulle doen dikwels dom dinge om te behoort. Die gemeente se jeuggroep moet ‘’n plek wees wat enige tiener sy “huis” kan noem.

  1. ‘’n Plek om te dien

Ons beskou tieners dikwels as lui en selfsugtig, maar hulle benader dienswerk met ywer en vreugde. Hulle moet geleenthede kry anders word hulle lui en selfsugtige volwassenes.

  1. ‘’n Plek om te bemoedig en bemoedig te word

Die kultuur van tieners is om af te breek en te vernietig. Die kultuur in die gemeente se jeuggroep moet een van opbou en bemoediging wees.

  1. ‘’n Plek om te groei

Jy leer jou tieners, maar groei hulle.? Tieners moet weet dat as hulle by die gemeente se jeuggroep aansluit hulle dit as beter mense sal verlaat – hulle sal verander.

Die gemeente moet voorsien wat tieners nodig het, nie noodwendig wat hulle wil hê nie. Dit is dikwels gouer om hulle in die gemeente te kry, deur aan hulle te gee wat hulle wil hê, maar dit is nie noodwendig die beste manier om hulle geestelik volwasse te kry nie.

 

 

 




Facebook En die Kerk

Facebook En die Kerk

Wil jy klimaatsverandering stop? Wil jy geneesmiddels ontwikkel sodat mense nie siek word nie? Wil jy sulke idees soos ‘n universele inkomste ondersoek sodat almal finansieel in staat is om nuwe dinge te probeer?

Mark Zuckerberg, Facebook se Hoof Uitvoerende beampte sê dit is alles moontlik met Facebook. Sulke stellings, vaag en optimisties, is maklik om te maak. Spesifieke beleid oor wat om te doen is harde werk. Zuckerberg probeer ‘n pad vorentoe uitstippel:

We all get meaning from our communities. Whether they’re churches, sports teams, or neighborhood groups, they give us the strength to expand our horizons and care about broader issues. Studies have proven the more connected we are, the happier we feel and the healthier we are.

Hy identifiseer hier ‘n duidelike probleem. Soos die wêreld meer en meer verbind het, het dit oënskynlik meer en meer geïsoleerd geword. Dit is ‘n oënskynlik onsinnige stelling van ‘n man wat in ‘n bietjie meer as ‘n dekade ‘n sosiale netwerk daargestel het wat 2 biljoen mense verbind. Wie van ons is nie al weer “verbind” met ‘n ou vriend deur na sy profiel te kyk sonder om iets te sê nie.

Hierdie is nie werklik weer verbind nie. Dit is eerder nuuskierigheid of vergelyking van ons lewens. Sy missie is eenvoudig en lagwekkend;

 [There are] a lot of people who now need to find a sense of purpose and support somewhere else. This is our challenge: we have to build a world where every single person has a sense of purpose and community. That’s how we’re gonna bring the world closer together. We need to build a world where we care just as much about anyone—a person in India or China or Mexico or Nigeria—just as much as we care about a person here in Chicago. That’s how we’re going to . . . build the world we all want for generations to come. I know we can do this. We can reverse this decline.

Hoe gaan hy dit doen? Hy verwys na ‘n produk padkaart. Sy span werk daaraan om sekere groepe by sekere gebruikers aan te beveel. Dit oorkom ons ingebore weerstand om by gemeenskappe aan te sluit. Sy doelwit is om 1 biljoen mense te help om by betekenisvolle gemeenskappe aan te sluit. Dit sal dan die wêreld nader aan mekaar bring.

Dit is Zuckerberg se visie – ‘n mengsel van medemenslikheid, tegnologiese beheptheid en basiese kapitalisme. Dit gaan daaroor om ander mense te help om beter en meer vervullende lewens te leef. Dit is die visie van ‘n man wat dink hy kan kerkbywoning met Facebook aktiwiteit vervang.

Kan ons hom blameer?

Miskien dink hy werklik ons vriende op Facebook kan ons mede-kerkgangers word, want die siening van een liggaam en ‘n aangesig tot aangesig byeenkoms is nie meer deel van wat dit beteken om kerk te wees nie. Miskien dink hy die leiers van ons gemeenskappe op Facebook kan ons pastore word, want om pastoor te wees is om ‘n ”leier van ons denke” te wees en nie ‘n herder nie.

 

Ons moet dankbaar vir Zuckerberg wees omdat hy die wêreld ‘n beter plek wil laat as wat hy dit gekry het. Sy siening vir die behoefte aan gemeenskappe is korrek. Facebook groei voortdurend en op die manier voldoen hy aan mense se behoeftes – in ‘n gemeenskap met doelwitte en vir die behoefte van mense om by gemeenskappe aan te sluit, sy siening van ons behoefte aan verhoudings is in die kol.

Ware kerke is moeilik. Hulle geboue bestaan uit bakstene en sement. Hulle is vol banke en lugreëling wat dikwels nie werk nie. Die kerk is vol moeilike mense. Hierdie kerke is oop vir almal – geen e-pos adres of internet-verbinding nie. Hierdie ware kerke sing en preek en bid. In hierdie kerke kry ons iets groter as die mens se mees optimistiese hoop om die wêreld te verander: maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word (Efesiërs 3:10).

Glo jy dat dit binne ons bereik is?