Die seënuitsprake van Jesus (13)

Die seënuitsprake van Jesus (13)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal god sien.

Geseën is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Hier kom ons by ‘n draaipunt. Ons het geleer dat diegene wat arm van gees is, wat treur oor sy sondes en war hom onderwerp aan God se wil, geseënd is. Hierdie eerste drie seënuitsprake hanteer ons behoeftes. Hulle maak ons nederig en li ons om diep voor God neer te buig, met harte vol berou en gereed om onderrig te word.

 

Hierdie sënuitspraak gaan oor die begeerte wat voortspruit uit so ‘n hart. Ons geestelike lewe begin wanneer God nuwe lewe bring deur die lewende saad van sy woord in ons te plnt. Ons moet diep wortels is sy woord inplant. Ons weet tog dat ‘n gesonde plant lewe deur sy wortels trek. Vrugte kom net as die wortels aanhou om die plant te voed. Die eerste drie seënuitsprake is die wortels van ‘n goddelike lewe. Hulle produseer ook ‘n verlange van dit wat ons nie het nie. Die eerste drie uitsprake vorm ‘n honger en dors na geregtigheid in ons siel. Hierdie begeeret is ‘n goddelike lewe. Dit produseer die vrugte van genade, reinheid en vrede waarvan Jssus in die volgende drie uitsprake praat.

 

Twee soorte geregtigheid

  1. Die geregtigheid wat God aan jou gee

Christus se mense honger en dors na geregtigheid, want ons weet dat ons nie leef op ‘n wyse wat vir Hom aanvaarbaar is nie. Ons weet ook dat ons vergewe en aanvaar is voor God op grond van wat ChristusDie geregtigheid waarop ons vertrou is in Jesus Christus. Christus het die volmaakte lewe van geregtigheid geleef. Hy bied nou sy geregtigheid aan almal wat op Hom vetrou. As ons, verenig deur geloof met Jesus Christus is, aanvaar God dat ons in Hom geregtig is. Soms praat ons van togesrkyfde geregtigheid. – dit is geregtigheid van iemand anders wat as ons geregtigheid tel. Vrygespreek nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘m mens in Hom glo (Filippense 3:9)

 

  1. Die geregtigheid waartoe God jou roep

Dit is waarvan Jesus in hierdie seënuitspraak praat. Hoekom het Jesus aan die kruis gestef? Ons kan baie rede noem wat Bybels korrek is. Petrus sê: Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons leef in gehoorsaamheid aan die wil van God (1 Petrus 2:24).  Christus het gesterf om mense te verlos wat nie langer vir hulleself leef nie, Mense wat in geloof na Christus kom besef dat hulle nie dit wat God vereis het nie.  Dit is hoekom ons na Hom toe kom en as ons dit doen ontvang ons die gawe van geregtigheid. Aangesien Christus hierdie geregtigheid vryelik aan almal gee waat in Hom glo, hoef ons nie daarna te honger en dors nie. Jy honger tog nie na iets wat jy reeds het nie.

 

Maar aan almal wat in Christus is, gee God sy Heilige Gees. Die Heilige Gees vernuwe ons harte en skep in ons ‘n nuwe begeerte om te leef op ‘n manier wat vir Hom aanvaarbaar is.

 

Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

  1. Honger is ‘n teken van ‘n behoefte.

As jy honger is, is jou liggaam besig om vir jou iets te vertel. Hierdie seënuitspraak behoort nie aan diegene wat dink dat hulle geregtig is nie, maar aan diegene wat sien hoe ver hulle nog het om te gaan. ‘n Ware Christen verlang na meer geregtigheid as wat hy het.

 

  1. Honger is ‘n teken van lewe en geestelike gesondheid

Iemand wat geestElik dood is honger nie na geregtigheid nie. As jy honger en dors na geregtigheid is jy geestelik lewend. As dit kom by die najaag van geregtigheid voel Christene nooit dat hulle die eindstreep bereik het nie.

 

  1. Honger is ‘n kragtige motiveerder.

Honger is ‘n intense begeerte. As jy werklik honger is, sal jy feitlik enigiets doen om kos in die hande te kry. Mens wat honger na geregtigheid is die sout en lig vir die wêreld. Mense wat honger na geregtigheid is geseënd en hulle seën ook diegene om hulle.

 

Die paradoks van tevredenheid/versadiging

As jy honger en dors na geld sal jy nooit tevrede wees nie, want jy sal nooit genoeg hê nie. Dit geld ook vir ander sondes. Daar is geen pad van sonde na versasiging nie. Elke mens is op ‘n soeke na versadiging. Wat sal jou versadig? Waar dink jy sal jy dit kry? Hierdie twee vrae is belangrik. Wat jy dink jou sal versadig sal die passie van jou lewe word. Jesus sê daar is net een begeerte wat jou sal versadig.

 

Die paradoks van hierdie uitspraak is dat Jesus van honger en versadig terselfdertyd praat. Ons sien dit gewoonlik as alternatiewe. The Christian is one who a one and the same time is hungering and thirsting, and yet he is filled. And the more he is filled, the more he hungers and thirsts. That is the blessedness of the Christian life (Martyn Lloyd-Jones).

 

We taste Thee, O Tou oor living bread

And long to feast upon thee stll.

We dink of Thhe, he Fountainhead

And thist ou souls from thee to fill

(Bernard of Clairvaux)

 

 

 




Die seënuitsprake van Jesus (12)

Die seënuitsprake van Jesus (12)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en Psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

Ons is nog besig met die derde seënuitspraak. Vandag gaan ons na strategieë kyk om sagmoedigheid te kweek. Die uitdaging om beheerde krag te beoefen, is duidelik. Ons moet nou ondersoek hoe ons sagmoediger kan word.

 

  1. Temper jou verwagtings van ander

Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is (Psalm 103:14). As God ons broosheid in gedagte hou, moet ons ook die broosheid van ander onthou. Dit sal ons verwagtings van ander temper. Dit sal jou in sagmoedigheid laat groei.

 

  1. Vind jou vreugde in bewyse van God se genade

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig (Filippense 4:8)

Om te dink aan dit wat lofwaardig en prysenswaardig is, help om frustrasie en teleurstelling te oorkom. Christene is soos huise in verskillende stadia van ontwikkeling in sommige sien jy die vorming van ‘n weerspieëling van Jesus Christus. In ander het die werk nog skaars begin. God is nog besig om ‘n fondament te grawe. Verbly jou daarin. ‘n Begin is gemaak en ons kan bly wees in elke stadium van vooruitgang. Vind vreugde in wat God in die lewe van ander doen – al is dit nog maar klein. Nie een van ons is nog wat ons sal wees nie. In Christus sal ons eendag volledig wees.

 

  1. Onthou hoeveel jy al vergewe is

Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is (2 Petrus 1:9). As Petrus ‘n lys maak van dinge wat daarop dui dat jy groei in jou pad saam met jesus Christus praat hy van dinge soos selfbeheersing. volharding en liefde (2 Petrus 1:6 – 7). As jy onthou hoeveel jy vergewe is, sal jy in sagmoedigheid groei. If God should be as angry with me for every provocation as I am with those around me, what should become of me (Matthew Henry). As jy weet dat jy baie vergewe is, sal jy baie liefhê en in sagmoedigheid groei.

 

  1. Moenie te gou oordeel nie

Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie (Jakobus 1:19). Dikwels sê ons iets impulsief net om later daaroor spyt te wees. Spreuke sê vir ons: Iemand wat in ‘n regsaak eerste praat, is altyd onskuldig,  maar dan kom iemand anders en ondervra hom (Spreuke 18:17). Ons hoor dikwels ‘n storie en dink dit is reg net tot ons later die ander kant ook hoor. Little pots soon boil over (Spurgeon). Sommige mense hoor ‘n skinderstorie en kook gou oor van verontwaardiging net om later te hoor die storie is nie waar nie.

 

  1. Maak vriende met sagmoedige mense

Moenie maats maak met ‘n opvlieënde mens nie, moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie: dalk leer jy sy maniere aan en beland jy in lewensgevaar (Spreuke 22:22 – 23). Jy mag  soms verplig wees om met hulle te werk, maar jy moenie vriende maak met hulle nie. Maak vriende met sagmoedige mense, want hulle sal jou help om in sagmoedigheid te groei.

 

  1. Put vreugde uit die blydskap en suksesse van ander

Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur (Romeine 12:15). Dit is dikwels makliker om te treur met mense wat treur as om bly te wees met mense wat bly is. You have made me feel worse than I was before by telling me that there is somebody worse even than I am (Spurgeon). Die sagmoedige man is gelukkig dat daar ander mense is wat bly is. Hulle blydskap is ook sy blydskap. Groei in sagmoedgheid en jy sal die impulse van jaloesie en selfbelang oorwin.

 

  1. Onderskei God se hand in die werk van jou vyande

Moet Ek dan nie die lydensbeker  drink wat die Vader My gegee het nie (Johannes 18:11)

Wat het Jesus so sagmoedig in sy lyding gemaak? Hy het nie na Judas of Pilatus gekyk nie, maar na sy Vader. Jesus sien die hand van God selfs in die optrede van sy vyande. Hy sien sy lyding as die beker wat sy Vader vir Hom gegee het.

 

As jy jou lewe sien in wat ander aan jou gedoen het, sal jy teleurgesteld, kwaad, gefrustreerd wees. In Jesus sien ons iets anders ten spyte van alles wat sy vyande Hom aangedoen het. Hy praat met die beheersde krag van sagmoedigheid. En vra sy Vader om sy vyande te vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

 

  1. Loop in daaglikse gemeenskap met Jesus Christus

Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart. En julle sal rus kry vir julle gemoed (Matteus 11:29).

Jesus Christus is sagmoedig. Ons leer sagmoedigheid as ons saam met Hom in die juk trek. Niemand word sagmoedig gebore nie. Dit is ‘n deug wat ons moet leer en ons leer dit by Jesus.

 

  1. Verwag alles wat God belowe het

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.(Matteus 5:5). Ontvang is ‘n wonderlike woord. Dit  vertel van ‘n verhouding waarin iets wat aan die een behoort aan jou gegee word. Toe God jou in sy familie aangeneem het, het Hy jou in sy testament geplaas. Nou het ons ‘n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word (1 Petrus 1:4). As God die nuwe hemel en nuwe aarde skep, sal Hy dit aan die sagmoediges gee. Jesus haal hier Psalm 37:11 aan: dié wat nou verdruk word, sal die land besit. In Jesus se tyd was die beloofde land onder die Romeine. Jesus roep die mense op tot kalmte, want party wou die juk van Rome met geweld afgooi.

 

Psalm 37 begin so: moet jou nie ontstel oor skelms nie en jou kwel oor skurke nie, want soos gras vergaan hulle gou. Eien jou erfenis vir jouself toe. Alles behoort aan julle, maar julle behoort aan Christus en Christus aan God (1 Korintiërs 3:23). Gryp dit vas en jy kom los van jaloesie, vrees, selfbejammering en haat..

 

  1. Vra God om vir jou sagmoedigheid te gee

As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt (Jakobus 1:5).Later beskryf Jakobus hierdie wysheid: Maar die wysheid wat van Bo kom is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam vol medelye, goeie vrugte, onpartydig, opreg (Jakobus 3:17).

 

As jy God nader en vra dat Hy jou in sagmoedigheid moet laat groei, kan jy verseker weet dat Hy jou sal help

 




Die seënuitsprake van Jesus (11)

Die seënuitsprake van Jesus (11)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseën is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Nou dat ons weet wat sagmoedigheid is, moet ons kyk na sagmoedigheid in die praktyk. Hiervoor gaan ons na vier voorbeelde in die Bybel kyk

 

  1. Moses: sagmoedigheid as jy teengestaan word

 Moses was ‘n uiters sagmoedige man, meer as enigiemand anders op die aarde (Numeri12:3). Moses was al oud toe God hom geroep het om die Israeliete uit Egipte te lei. Op daardie stadium was hulle al 400 jaar lank slawe in Egipte. Deur God se genade slaag hy daarin.   Dit was Moses wat sy hand oor die see uitgesteek het, en die water het verdeel sodat die Israeliete kon deurbeweeg. Dit is hy wat die stomp op die water by Mara gegooi het en die bitter water het soet geword. ‘n Mens sou verwag dat sy mense dankbaar sou wees vir alles wat hy vir hulle gedoen het, maar hulle kla en Moses is die fokus van hulle klaery. Die volk verwyt Moses: “Waarom het jy ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?’ (Eksodus 17:4). Hulle het dit selfs oorweg om vir Moses dood te maak. In plaas daarvan dat hy sy mense slegsê, reageer hy met sagmoedigheid. Hy bid vir hulle en dien helle. Op een stadium sê hy selfs vir die Here dat hy gewillig was om sy lewe vir hulle af te lê (Eksodus 32;32). Hierdie is sagmoedigheid en nie swakheid nie. Hierdie is krag onder beheer gevorm in Moses deur volledige onderwerping aan God.

 

  1. Dawid: Sagmoedigheid as jy uitgelok word

Dawid moet die optrede van Simeï verduur. Hy was lid van die huis van Saul en het niks goeds oor Dawid te sê gehad nie. Dawid is deur God as koning gesalf en Saul was lank reeds dood. Hy het sover as wat hulle geloop het vir Dawid gevloek en onder die klippe gestaak. Abisai, een van Dawid se manne vra vir Dawid: Waarom vloek hierdie lae hond die koning?  Laat ek sy kop vir hom gaan afkap (2 Samuel16;9). Wat sou jy gesê het as jy in Dawid  se skone gestaan het? Daarom moet julle hierdie Benjaminiet met rus laat dat hy maar vloek, want die Here het hom die opdrag gegee. Miskien let die Here op my ellende en beloon Hy my met iets goeds vir vandag se vervloeking  (Eksodus 16:11 – 12).

 

Dawid het al die mag van sy lojale manskappe tot sy beskikking gehad. Met ‘n enkele opdrag kon hy Simeï se optrede beëindig het. Maar hy bewys sagmoedigheid ten spyte daarvan dat hy erg uitgelok word. Thomas Watson sê van God: God puts up with us when we dishonor Him. Even when he is provoked, He restrains the judgement that would crush us, that is meekness: controlled strength.

 

  1. Paulus: Sagmoedigheid as jy teleurgesteld is.

Paulus het geswoeg en oral kerke geplant. In die proses het hy baie swaar gekry. Soos almal van ons het hy die gebede, hulp en aanmoediging van ander gelowiges nodig gehad. Hy vra dan ook dikwels vir hulle gebede in sy briewe. Soms was hy ryklik geseën deur die gebede van sy broers en susters in Christus. Soms het hulle hom teleurgestel. Een so ‘n geleeentheid was toe hy gearresteer is. Toe sy saak begin was daar niemand om hom te ondersteun nie. Toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie. Almal het my in die steek gelaat (2 Timoteus 4:16). Na alles wat hy gedoen het, was dit redelik om te verwag dat iemand in die hofsaal sou wees om hom te ondersteun. Hy kyk rond vir ‘n vriendelike gesig en sien nie een nie.

 

Teleurstelling lei dikwels tot bitterheid wat in jou soos ‘n kanker kan groei. In plas van bitterheid gee Paulus hier vir ons ‘n goeie voorbeeld van sagmoedigheid. . Toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie. Almal het my in die steek gelaat. Mag God hulle dit nie toereken nie! iets verkeerd is gedoen, en die een aan wie dit gedoen is soek die goeie van diegene war hom teleurgestel het. Dit is sagmoedigheid. (2 Timoteus 4:16).

 

  1. Jesus: sagmoedig as jy ly

Dié voorbeeld van beheerste krag is ons Here Jesus Christus: toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie terug gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel (1 Petrus 2:23).

 

Dink aan die soldate wat Hom gespot het, die manne wat Hom aan die kruis vasgespyker het, die diewe wat Hom beledig het en die skare wat vir Hom gelag het terwyl Hy gely het. Hy kon met oordeel gedreig het. Inteendeel, ons Here sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie (Lukas 23:34). Hoe doen Hy dit? Petrus sê Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra (1 Petrus 2:24). Sagmoedigheid sluit in die dra van ander se sondes. Dit is die enigste hoop wat ons het om die oneindige siklus van vergelding te breek.

 

Ons leef in ‘n land van hofsake. Dit is ook besig om die kerk te infiltreer. Ons moet weer die sagmoedigheid waarvan Jesus gepraat het, ontdek.

 

Die bron van sagmoedigheid

Jy kan nie begin deur te besluit om sagmoedig te wees nie. Daar is ‘n orde en vooruitgang in die seënuitsprake. Jy kan hierdie derde seënuitspraak bereik net deur die eerste twee seënuitsprake. Jy begin as jy besef dat jy nie het wat nodig is nie. Jy kom na God met leë hande. As jy dit sien, is die tweede ring van geestelik te treur binne jou bereik. Sagmoedigheid spruit voor uit geestelike armoede en geestelike treur. As jy jou eie sondes sien, sal dit jou sagmoediger maak teenoor die sondes en foute van ander.

 




Die seënuitsprake van Jesus (10)

Die seënuitsprake van Jesus (10)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseën is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Vandag kyk ons na die derde seënuitspraak van Jesus: Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

Waaraan dink jy as jy hoor iemand is sagmoedig: praat hy saggies of het hy ‘n pap handdruk of het hy nie veel ruggraat nie? Wat is die sagmoedigheid wat Jesus hier aanbeveel? Hoekom is sagmoedigheid nodig om te vorder op die pad van die Christelike lewe?

 

In Latyn is ‘n ‘meek man” ‘n mansuetus genoem. Dit is ‘n samestelling van twee woorde. (manu = hand en assuetus = gewoond aan). ‘n Perd wat nog nie ingebreek is nie, is nie gewoond aan die hand nie. As die perd gewoond aan die hand is, word sy wilde passies onderdruk; sy krag word onder beheer gebring en die dier ondervind vrede. Die Bybel vergelyk ons gevalle menslike natuur met dié van wilde diere . God sê sy eie mense was soos ‘n wilde donkie en ‘n rustelose kameelkoei (Jeremia 2:23 – 24). Dit sê vir ons dat ons van nature wilde diere is. Ons het krag, maar dit is nie beheer nie. Ons energie word onproduktief gebruik. As ons bruikbaar vir God wil wees, moet ons “gewoond aan die hand” word. Ons wilde passie moet onderdruk word, jou krag moet reg gebruik word en jy sal vrede ondervind. Sagmoedigheid is beheerde krag. Dit beheer die humeur, onderwerp die self en kalmeer die passie en bestuur die impulse van die hart. Dit bring orde na die chaos van ons harte.

Die sagmoedige persoon word gekenmerk deure nederigheid, geduld, vergewensgesindheid, en is tevrede. Sagmoedigheid is die manier waarop God ons verlos van hoogmoed, aggressie, wraak. Jesus roep ons na iets wonderlik hier. Dink net wat beheerde krag in jou lewe kan doen om meer sagmoedig te word. Dit sal jou impulsiwiteit beheer en jy sal beheer oor jou kwaadword  hê. Dit sal beïnvloed hoe jy praat en jy sal tevrede wees. Jy sal vrede ondervind as jy gewoond word aan die hand van God. Belangriker is dat jy vir God bruikbaar sal word.

 

Sagmoedigheid is die gevolg van onderwerping

Sagmoedigheid is krag wat deur onderwerping onder beheer gebring word. Dit is eers as die wilde perd hom aan die stang en toom onderwerp dat hy ‘n wedren kan wen. Jy wen net as jou krag onder beheer gebring word. Hoe lyk dit as jy jou aan God onderwerp?

 

  1. Jy onderwerp jou aan God se woord.

Daarom moet julle ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want die woord kan julle red (Jakobus 1:21) Om God se woord met sagmoedigheid te ontvang, beteken dat jy jou onder gesag van die woord plaas. Jy laat toe dat God vorm wat jy glo en rig wat jy doen. ‘n Gemeente waar die Bybel waardeer word en duidelik onderrig word, is ‘n wonderlike plek om te wees. Deur die woord word ons lewens gevoed en groei ons. Baie mense wil die reg voorbehou om die woord te hoor, maar dan self te besluit wat hulle wil glo.

  1. Jy onderwerp jou aan God se wil

Soms plaas God jou op ‘n plek wat jy self nooit sou gekies het nie. Dink aan Getsemane waar Jesus bid: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil (Matteus 26:39). Dit is sagmoedigheid. Dit het gelei tot die kruis dit is waarna Jesus ons oproep as Hy sê: Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

  1. Onderwerp aan God se mense

Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig (Efesiërs 5:21). Onderwerping aan God se mense is nog moeiliker as onderwerping aan God se woord en wil. Hierdie onderwerping aan God se mense is ‘n teken van mense gevul met die Heilige Gees. In ons Westerse kultuur beweeg onafhanklike, outonome selfgerigte mense van die een kerk na die ander. Hulle onderwerp hulle aan niemand nie. Hoe kan jy jou onderwerp as jy nie lidmaat van ‘n gemeente is nie. Sagmoedigheid groei deur die dissipline van toegewyde verhoudings.

Ons moet ‘n onderskeid tref tussen onderwerping aan God en ons onderwerping aan sy mense. Ons onderwerp ons altyd aan God – nooit andersom nie. Onderwerping aan God se mense beweeg in twee rigtings – soms gee ons en soms ontvang ons. Daar is geen perke of grense aan ons onderwerping aan God se woord en sy wil nie., maar daar is perke aan ons onderwerping aan God se mense. ‘n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense (Handelinge 5:29). Ek moet luister na wat ander sê en daaroor nadink, veral as ek glo dat ek reg is en dat hulle verkeerd is.

Volgende keer gaan ons na voorbeelde van sagmoedigheid in bekende Bybelfigure kyk.