‘n Belangrike hulpbron vir uitreike

“Once abolish the God, and the government becomes the God.” – G. K. Chesterton

‘n Belangrike hulpbron vir uitreike

Lee Strobel, die bekend skrywer, sê dat daar in elke gemeente baie evangelistiese potensiaal is – en tog gebruik ons hulle selde. Hulle raak gefrustreer. Wie is hulle? Die Christelike eggenotes van mans wat nie glo nie. Thom Rainer bevind in sy navorsing dat die vrou die belangrikste verhouding is om mans wat nie glo nie, te bereik. In een-derde van gevalle sê mans dat hulle eggenotes die belangrikste faktor was om hulle weer in die kerk te kry.

 

Hoekom het gemeentes nie ‘n benadering om hierdie eggenotes te bemoedig en op te lei nie? Maar wat nou van 2 Korintiërs 6:14: Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie? Hierdie is ‘n waarskuwing van Paulus dat Christene baie versigtig moet wees om met ongelowiges te trou. As dit egter gebeur, moet gemeentes alles moontlik doen om die Christen eggenote by te staan.

 

Petrus skryf ook hieroor: As daar van julle is met mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir hulle nodig wees om ‘n woord te sê nie (1 Petrus 3:1 – 2).

 

Hoeveel sulke paartjies is daar in julle gemeente? Waarskynlik ‘n klompie. Wat doen die gemeente om voordeel te trek uit hierdie unieke vermoë van vroue om hulle maats te beïnvloed? Hierdie is ‘n kragtige manier van uitreik. Gebruik dit.

 

Lee Strobel en sy vrou, Leslie, het ‘n boek hieroor geskryf: Surviving a Spiritual Mismatch in Marriage om Christene op te lei om doeltreffend uit te reik na hulle maats wat nie glo nie.




Geestelik

Christianity is a faith that is based upon and rooted in miracles. Take away miracles, and you take away Christianity. —R.C. Sproul

 




Bonhoeffer (12)

“Human beings by their very nature are worshipers. Worship is not something we do; it defines who we are. You cannot divide human beings into those who worship and those who don’t. Everybody worships; it’s just a matter of what, or whom, we serve.” ― Paul David Tripp

Bonhoeffer (12)

Dink net aan die impak wat gelowiges en kerke op ‘n wêreld vol oorlog en stryd sou hê as hulle weer vredemakers word. Geweld bevorder nooit die saak van God se koninkryk nie. Daarom moet ons vir al die politici en regeringsleiers bid dat hulle vredemakers sal wees.




Jesus offer sy liggaam op

“If there were no God, there would be no atheists.” – G. K. Chesterton

 Jesus offer sy liggaam op

Henri Nouwen was ‘n bekende akademikus. Hy het onder ander poste by Harvard en Yale beklee. Hy verlaat die akademiese lewe om in die L’Arche-gemeenskap naby Toronto te gaan bly. Hier woon fisies normale en mense met fisiese gestremdhede saam – hulle deel hulle lewens. In sy boek, Road to Daybreak, vertel hy hoe hy as akademikus kosbare lesse geleer het by diegene met gestremdhede: “When I look critically at my life I give some of my money, some of my time, some of my energy, and some of my thoughts to God and others, but enough money, time, energy, and thoughts always remain to maintain my own security. Thus I never really give God a chance to show me his boundless love.

 

In sy bediening van drie jaar op aarde het Jesus gewys wat dit beteken om jou volkome aan God en ander te gee. Hy leer: So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste (Matteus 20:16); Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind (Matteus 10:39).

 

Jesus beloof nie wêreldse sekuriteit nie. Wat Hy wel sê, is dat diegene wat Hom wil volg, bereid moet wees om op te offer – selfs hulle eie lewens. Ons sê ons wil saam met Jesus loop, maar intussen klou ons vas aan dinge wat ons glo ons sekuriteit sal waarborg. Omdat ons nie ons greep op hierdie dinge los nie, ondervind ons nie die Vader se grenslose liefde nie.

 

Jesus vra van ons om ons tyd en energie en hulpbronne vir sy Naam en heerlikheid op te offer.