Dag 22: Vrede op aarde

 

Dag 22: Vrede op aarde

Die Billy Graham Center for Evangelism het ‘n aantal leraars gekry om vir 25-dae stukkies te skryf vir Advent. Ons gaan oor die volgende 25 dae elke dag een van hierdie stukkies plaas.

[Advent word gewoonlik toegepas op die vier weke voor Kersfees. Latyn: ad – na + venire – kom. Dit dui dus op die naderende koms van Christus – sy eerste en tweede koms.]

 

In die Rome van Jesus se tyd was daar beslis nie vrede op aarde nie. Die vrede wat daar was, was ‘n vrede afgedwing deur Rome vir Rome. Vir meeste mense was die antieke wêreld nie ‘n plek van vrede nie – dit was ‘n plek van vrees en onsekerheid. Toe Jesus kom was Hy die Vredevors waarvan Jesja 9:6 gepraat het.

 

Die engelkoor wat die skaapwagters uitgenooi het om na Betlehem te kom, belowe vrede op aarde. Dit was ‘n gepaste boodskap vir daardie tyd. Die verlange in die harte van mense vir vryheid van vrees en die versekering van vrede was daar in die 1ste eeu – dit is steeds by alle mense teenwoordig.

 

Tydens die afgelope aantal dekades was daar heelwat studies om die mens se grootste vrese te bepaal. Bo-aan die lys was dinge soos praat in die openbaar, hoogtes, slange, kieme, vlieg, ens. Onlangs is daar ‘n aantal nuwe vrese wat vinnig op daardie lys klim: misdaad (moord, diefstal en inbrake), ekonomies (nie geld vir die toekoms nie), omgewing (globale verwarming, oorbevolking), en die regering (korrupsie, gesondheidsorg, ens). Dit is maar net ‘n paar van die dinge wat ons vandag bangmaak.

 

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. As ambassadeurs en volgelinge van Jesus in die wêreld het ons ‘n boodskap van vrede. Die wêreld moet weet dat die koms van Jesus na die wêreld is die koms van vrede vir hulle. Die beste geskenk wat ons vir mense hierdie Kersfees kan gee, is die boodskap van vrede. Sal mense na ons kyk en ‘n vreeslose vrede sien omdat ons verseker is dat ons die Verlosser ken? Ons kan vredemakers wees is sale vol mense, in verkeer wat stilstaan, in moeilike familieomstandighede en in die besigheid van die seisoen. As ons hierdie vrede uitdra, laat ons die lig van Jesus skyn.

Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het (Lukas 2:14).