Die Apostoliese Geloofsbelydenis (11)

. -Henry David Thoreau

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (11)

Ons gaan hierdie jaar begin deur meer in diepte na die Apostoliese Geloofsbelydenis te kyk. Ek gaan onder andere van Derek Vreeland se Primal Credo (2011) gebruik maak.

Die Heiliges: Ek glo aan … die gemeenskap van die heiliges

 

Ons glo aan die Heilige Gees, ‘n heilige kerk en die gemeenskap van die heiliges. Die Heilige Gees gee oorsprong aan die heilige kerk, ‘n versameling mense wat saamleef in ‘n gemeenskap van heiliges. Daar is heiliges wat geëer word deur hulle as sulks te beskryf – die heilige Petrus ens. Meeste van die heiliges het egter geen titel nie – hulle is die gewone volgelinge van Jesus – mense van wie ons nog nooit gehoor het nie. Hulle dien God in opregtheid en trou.

(1 Korintiërs 1:2 – OAV). Diegene wat sê dat Christus die Here is, wat God, Jesus Christus en die Heilige Gees aanbid, word geroep om heiliges te wees.

Hierdie liefde vir die gemeenskap van heiliges is nie ‘n opsie nie. Gelowiges word deur hierdie gemeenskap gevorm. Die sogenaamde selfgemaakte man is ‘n mite. To be a Christian is not something you do alone. Our lives are possible only because of what others make of them (Stanley Hauerwas).