Die belang van perspektiewe

image_pdfimage_print

 

Jesus did not come to impress the crowds, but to die for sinners. —D.A. Carson

 

Die belang van perspektiewe

Ons sien soms dat opregte en intelligente mense dikwels dieselfde gebeurtenis verskillend interpreteer. Die modernisme aanvaar dat as twaalf mense dieselfde data hoor en sien hulle sal saamstem en tot dieselfde gevolgtrekking sal kom. Dit is nie altyd die geval nie. Soms kry ons interpretasies van dieselfde feite wat radikaal verskil.

 

Hoe verklaar ons hierdie radikale verskil in die interpretasie van presies dieselfde feite? Ludwig Wittgenstein, die filosoof, së dat alle “sien” is “sien soos.” Elke individu sien dinge, interpreteer hulle, vanuit ‘n subjektiewe siening. Daar is dus geen suiwer objektiwiteit in die interpretasie van data nie. Hierdie feit word deur baie mense geïgnoreer. Ons word steeds vasgevang deur die illusie van suiwer objektiwiteit … as dit vir ons werk. Ironies is baie mense relativiste – mense wat glo dat die waarheid kontekstueel en nooit absoluut is nie.

 

Die werklikheid van perspektiewe beteken dat ons moet glo dat mense verkeerd kan wees oor enigiets. Ons glo egter aan die moderne mite van vooruitgang. Ons aanvaar ons het die stadium bereik waar ons verby die verlede is – ons is bo die verlede. Hoe arrogant kan die mens wees?

 

image_pdfimage_print