Die Bergpredikasie – Francois Malan

image_pdfimage_print

Vraag

Hoekom is die bergpredikasie vandag nog vir ons belangrik?

Antwoord:

Prof Francois Malan antwoord:

 Hebreërs 1:1-3 sê: In die ou tyd het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun.

            Hom het Hy aangestel as erfgenaam van alle dinge,

            en deur Hom het Hy ook die wêreld geskep.

            Hy is die uitstraling van God se heerlikheid en die ewebeeld van sy wese.

            Hy hou alles in stand deur sy magtige woord;

            en nadat Hy die reiniging van sondes bewerk het,

            het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogtes.

Vanuit die hemel, aan die regterhand van God, regeer Jesus oor die ganse skepping met sy woord en deur die Heilige Gees wat in elke gelowige kom woon het om ons te lei volgens Jesus se woord

(1 Kor 8:6; Joh 15:26).

Vir die gelowige is die bergpredikasie die woord van Jesus oor hoe ons as God se kinders as lede van  ons Vader se huisgesin moet lewe. Lees bv. Mattheus 5:44-48:

            ‘Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê en bid vir hulle wat julle vervolg,

                        sodat julle kinders van julle Vader in die hemele kan wees.

            Hy laat immers sy son opkom oor slegte én goeie mense,

            en Hy laat reën oor wetsgehoorsames en wetsverbrekers.

            As julle diegene liefhet wat vir julle liefhet, verdien julle dan enige beloning?

                        Maak die tollenaars nie ook maar so nie?

            En as julle slegs julle broers groet, wat doen julle meer?

                        Maak die heidene nie ook maar so nie?

            Wees julle dus volmaak, soos julle hemelse Vader volmaak is.’ 

Skrywer: Prof Francois Malan

image_pdfimage_print

You may also like...