Die Bon van ware hoop

image_pdfimage_print

Die Bon van ware hoop

In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood (1 Petrus 1:3).

Ons hoop is nie in dié wat regeer nie of die wette wat ons aanneem  nie of die groot dinge wat ons as nasie doen nie. Hoop se oorsprong is ook nie wensdenkery nie of blinde optimisme of drome nie. Hoop is ‘n ontwykende entiteit in meeste wêreldsienings sowel as in meeste godsdienstige opsies.

As Christene het ons ‘n antwoord wat nie berus op wensdenkery nie, maar op ‘n geskiedkundige gebeurtenis. Ons het ‘n baie soliede rede om op God te vertrou dat dinge vorentoe beter sal wees. Hier dink ons spesifiek aan die opstanding van Jesus. Tydens sy aardse lewe was Jeus ‘n bron van hoop. Sy dissipels het die hoop gehad dat hulle meer betekenis en doel in hulle leens sal kry. Hy het tasbare hoop versprei as hy die gebroke harte en siek liggame van mense genees het. Hy beliggaam hoop vir ons aardse lewens en hy het ‘n hoop-gevulde bestaan in die hemel tot in ewigheid belowe aan diegene wat hom volg en vertrou.

Toe Jesus uitgedaag was om die rede vir hierdie hoop te gee antwoord Hy: Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig (Johannes 2:19). Johannes verduidelik dan: met hierdie tempel het Hy sy liggaam bedoel. Jesus voorspel hier nie net sy dood nie, maar ook sy opstanding drie dae later.

Vir Jesus se volgelinge is die Paasgebeure die basis vir hulle hoop. Of Jeus sou uit die dood opstaan en so bewys dat Hy is wie Hy gesê het Hy is en dat Hy sou doen wat Hy belowe het om te doen of hy sou as bedrieër blootgetel word wat vals hoop versprei het.

Paulus sê; En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes .. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Jesus vestig, is ons die bejammerenswaardige van alle mense (1 Korintiërs 15:17 en 19). Maar Paulus gaan verder: Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het.

 

 

 

 

image_pdfimage_print