Die Bron van die apostoliese boodskap

 

Beginning well is a momentary thing: finishing well is a lifelong thing – Ravi Zacharias

 

Die Bron van die apostoliese boodskap

Waar het die apostels hulle boodskap gekry. Gelukkig gee Paulus vir ons die antwoord. In 1 Korintiërs 2 verdedig Paulus sy bediening onder die gelowiges in Korinte. Hy verdedig ook sy gesag as apostel. Hy maak dit baie duidelik dat hy nie die bron van sy verkondiging is nie: Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid (2:7).

 

Maar wie het hierdie wysheid van God aan die apostels geopenbaar? Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God (2:10). Wat baie belangrik is, is dat die boodskap van God af kom. Net die Heilige Gees kan sy gedagtes ken. Dit word in 2:13 opgesom: Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer.

 

Paulus onderskei hier tussen:

  • Die gedagtes van God – die inhoud van sy boodskap.
  • Die woorde wat die Gees hom leer – die vorm van sy boodskap.

 

Die apostoliese boodskap is dus God se gedagtes geleer in die woorde van die Heilige Gees. Hierdie is belangrik vir ons verstaan van die Skrif:

  • God is die Bron van die boodskap.
  • Die Woord is die produk van sy boodskap.
  • Die Heilge Gees is die agent wat God se boodskap vir ons ontsluit.