Die Evangelie volgens Markus

image_pdfimage_print

 

Fairy Tales are more than true; not because they tell us that dragons exist, but because they tell us that dragons can be beaten – G.K.Chesterton

 

Die Evangelie volgens Markus

The gospel is neither a discussion nor a debate. It is an announcement – Paul S. Rees

Markus mors geen tyd om daardie aankondiging te maak nie. Die eerste vers lees: Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God begin so. Matteus wat primêr vir die Jode geskryf het, begin met ‘n geslagsregister. Hy moes vir sy lesers wys dat Jesus Christus inderdaad die erfgenaam van Dawid se troon was. Lukas fokus op die bediening van die Seun van die mens. Daarom  gebruik hy die vroeë hoofstukke van sy boek om die geboorte van die Verlosser te beskrywe. Hy beklemtoon die feit dat Jesus Christus ‘n mens was. Johannes  se evangelie begin met ‘n stelling oor die ewigheid. Hoekom? Johannes skryf om vir die hele wêreld te bewys dat Jesus Christus van Nasaret die Seun van God is (Johannes 20:31). Hy skryf oor die goddelikheid van Jesus Christus. Die doel van sy skrywe is om sy lesers aan te moedig om in hierdie Verlosser te glo en so die gawe van die ewige lewe te ontvang.

 

Die feit dat Markus vir die Romeine skryf, help ons om sy styl en benadering beter te verstaan. Die klem in sy evangelie is op aktiwiteit. Hy beskryf vir Jesus soos Hy van die een plek na die ander beweeg om die fisiese en geestelike behoeftes van mense te hanteer. Een van sy gunsteling woorde was dadelik/onmiddellik. Hy beskryf nie baie van Jesus se preke nie, want hy beklemtoon wat Jesus gedoen het eerder as dit wat Jesus gesê het. Hy openbaar Jesus as God se Dienaar – Jesus is gestuur na mense wat swaarkry en ly en om te sterf vir die sondes van die wêreld. Markus begin deur te sê dat Jesus die Seun van God is. Hy was waarskynlik ‘n ooggetuie van sekere van die gebeure wat hy beskryf. Hy het in Jerusalem by sy moeder Maria gebly. Haar huis was ‘n bynekaarkomplek vir gelowiges in die stad.

 

Dit is moontlik dat Petrus vir Markus tot geloof gelei het. In 1 Petrus 5:13 verwys hy na Markus as sy seun. Volgens kerktradisie weerspieël hierdie evangelie die persoonlike ondervindings en getuienis van Petrus.

 

Ons het gesien dat Matteus vir die Jode en Markus vir die Romeine geskryf het. In ons moderne tyd kry ons ‘n soortgelyke aanpassing van gemeentes in die benadering wat hulle volg. Die inhoud van die aankondiging bly dieselfde, maar die aanbieding mag verskil.

 

 

image_pdfimage_print