Die geloof van die offisier

image_pdfimage_print

“Keep a clear eye toward life’s end. Do not forget your purpose and destiny as God’s creature. What you are in his sight is what you are and nothing more. Remember that when you leave this earth, you can take nothing that you have received…but only what you have given; a full heart enriched by honest service, love, sacrifice, and courage.” – Franciskus van Assisi

Die geloof van die offisier

Om die dinamika van geloof te illustreer, sal dit help as ons na ‘n gedeelte kyk waar God iemand se geloof aanbeveel. Ons lees van die genesing van die offisier se slaaf in Matteus 8:5 – 13 en in Lukas 7:1 – 10. In Matteus is die interaksie tussen Jesus en die offisier; in Lukas is die interaksie tussen Joodse bemiddelaars en Jesus wat namens die offisier vir Jesus nader. Waarskynlik het Matteus die verhaal vereenvoudig deur die bemiddelaars uit te laat. Dit is immers die offisier se begeerte wat die verhaal dryf. Kom ons kyk na die verhaal in Lukas.

 

Die offisier se slaaf was siek en het op sterwe gelê. Hy stuur toe ‘n paar Joodse familiehoofde om Jesus te vra om die slaaf te genees. Toe  Jesus naby die offisier se huis kom, stuur die offisier ‘n paar van sy vriende om te sê Jesus moenie moeite doen nie. Sê maar net ‘n woord, en my slaaf is gesond. Jesus was verbaas en sê: Ek sê vir julle: In Israel het Ek nie so ‘n groot geloof teë gekom nie.

 

Wat maak die offisier se geloof so uitsonderlik?

  • Sy nederigheid. Hy sien dat hy nie waardig genoeg om iemand soos Jesus te vra vir hulp nie.
  • Hy verstaan dat Jesus die soort gesag het wat dit vir Hom moontlik maak om net te praat om dinge te laat gebeur.
  • Hy besef dat Jesus nie eers nodig het om in sy huis te kom om die slaaf te genees nie – Jesus hoef nie fisies teenwoordig te wees nie.

Die offisier voel nie dat hy op iets geregtig is nie (hy is immers ‘n offisier), maar het ‘n diep vertroue dat Jesus kan doen wat hy van Hom gevra het. Hierdie geloof is uistaande, want hy waardeer die impak en die mag van Jesus se gesag. Hy vertrou volledig en nederig op Jesus. Geloof in die geval van die evangelie is die vertroue op dit wat God deur Jesus beloof het.

 

Geloof kry uitdrukking in die vertroue op Jesus. Die offisier se geloof kry uitdrukking in ‘n vertroue wat nie verwag het dat Jesus op sy voorwaardes moet reageer nie. Hy was gemaklik dat Jesus net sy woord gee. Die woord van Jesus is al wat die offisier nodig gehad het, want hy het vertrou dat Jesus se woord doeltreffend is.

 

 

 

image_pdfimage_print