Die geloofsgemeenskap – wat is dit?

 

What is needed in the pulpits of the world today is a combination of clarity and courage, or of ‘utterance’ and ‘boldness’. John Stott

 

Die geloofsgemeenskap – wat is dit?

Die lewe saam met ander gelowiges is ‘n integrale deel van die Christelike geloof en die koninkryk van God. Baie gemeentes probeer om groter te word. Hulle spandeer baie tyd, energie en geld om te groei. Ongelukkig  beteken groter nie noodwendig beter kwaliteit nie. Jesus se gebed is dat sy kerk ‘n familie sal wees waarin verhoudings belangrik is. Dit moet ‘n gemeenskap wees.

 

‘n Geloofsgemeensap is nie ‘n gebeurtenis wat een of twee keer per week gebeur nie – dit gaan oor ‘n lewe saam. Dit gebeur ongelukkig nie outomaties nie – dit vereis werk. Daar moet ‘n sisteem wees om mense van passiewe toeskouers na aktiewe deelnemers te skuif. Die basis hiervoor is kleingroepe. So skep ons ‘n kultuur wat voordelig is vir die bevordering van die geloofsgemeenskap. Ons moet nooit die krag van ‘n groepie onderskat om die evangelie aan ‘n wêreld wat daarvoor wag, te demonstreer nie.

 

Die geloofsgemeenskap bestaan nie in ‘n lugleegte nie. Die wêreld hou ons dop. Die kultuur van ons gemeente kan mense aantrek of afskrik. Die basiese boustene van elke geloofsgemeenskap is die dissipels wat in hierdie gemeenskap gemaak word. Jesus weet dat as sy kerk ‘n familie is met opregte verhoudings tussen mekaar sal die wêreld weet dat Jesus eg is. “. . . if you have seen churches that are devout in belief yet civic-minded and generous, you will find the intellectual case for Christianity much more plausible. If, on the other hand, the preponderance of your experience is with nominal Christians (who bear the name but don’t practice it) or with self-righteous fanatics, then the arguments for Christianity will have to be extremely strong for you to concede that they have any cogency at all” (Tim Keller, The Reason for God, Hoofstuk 4).”

 

‘n Gemeenskap, per definisie is ‘n versameling van individue. Dit gaan net so gesond wees soos sy individuele lede. Die basiese bousteen van elke geloofsgemeenskap is die dissipels wat in daardie gemeenskap gevorm word. As ons dus praat van die geloofsgemeenskap moet ons weet wat dissipelskap is en wat dit nie is nie. Daar is vyf verkeerde sienings van dissipelskap (Better Discipleship – Ed Stetzer) wat ons moet vermy as ons ‘n gesonde geloofsgemeenskap wil skep. Dit is gevaarlik:

  • As ons dissipelskap en godsdienstige kennis gelykstel;
  • As ons dissipelskap probeer programmeer;
  • As ons dissipelskap en prediking gelykstel;
  • As ons dink ons groei outomaties sonder enige poging van ons kant; en
  • As ons nie praktiese stappe aanbied nie.

 

Die geloofsgemeenskap moet die newe-produk van elke gesonde gemeente wees. Maar om die te doen, moet ons strategies in ons kultuur wees, getuig en dissipelskap beklemtoon. Ons gemeentes moet gemeenskappe wees wat die waarde van die liefde wat ons in Christus kan aanbied aan die wagtende wêreld verkondig.