Die geslagsregister van Jesus Christus

image_pdfimage_print

Blog1111

If money be not thy servant, it will be thy master. The covetous man cannot so properly be said to possess wealth, as that may be said to possess him. -Francis Bacon

 

Die geslagsregister van Jesus Christus

As ons na Jesus se geslagsregister in Matteus 1 kyk, kom ‘n paar evangeliewaarhede na vore:

  • Die evangelie is nie goeie advies nie, maar goeie nuus.

Feëverhale begin met woorde soos: “Lank gelede was daar …” Matteus begin met ‘n geslagsregister. Dit is ‘n ander manier om te sê: “Wat ek nou gaan vertel, het werklik gebeur.” Baie godsdienste berus op onderrig en beginsels  wat waar is of wat die stigter van die godsdiens beleef het of nie – die stigter was net die mondstuk. Dit geld nie vir die Christelike geloof nie. Die Christelike geloof is afhanklik van ‘n reeks gebeure wat geskiedkundig plaasgevind het. Die kern van ons geloof is nie wat Jesus vir ons geleer het om te doen nie, maar wat Hy vir ons gedoen het.

 

  • Jesus is die middelpunt van die geskiedenis

Jesus neem wat die wêreld as ‘n onbelangrike familie sou beskou en organiseer die menslike geskiedenis om hulle. Dit het nie destyds gelyk asof Jesus die fokus van die geskiedenis was nie. Israel was ‘n klein, onbelangrike Romeinse provinsie en niemand in Rome gee aandag aan hierdie geslagsregister nie. Maar God het ‘n belofte aan Abraham gemaak dat Hy die wêreld sou verlos. Hy doen dit te midde van magtige nasies wat oortuig was dat hulle in beheer was.

 

Vandag lyk dit ook vir ons asof Jesus nie die middelpunt van die geskiedenis is nie. Die media kyk na die markte en politici as hulle voorspellings oor die toekoms maak. Maar uit God se perspektief is dit nietighede in vergelyking met wat Hy deur Jesus se koninkryk doen.

 

  • God werk deur alle dinge – goed en sleg – vir sy doel

Matteus sluit sy geslagsregister af deur te sê dat van Abraham tot by Jesus ons drie stelle van 14 persone het. Ons weet ook dat Matteus sekere geslagte uitgelaat het om by hierdie formule uit te kom. Dit was nogal ‘n algemene praktyk destyds om geslagte uit te laat. Hoekom wou Matteus hierdie stelle van 14 hê? Veertien is natuurlik twee sewes en sewe is die Bybelse getal vir volmaaktheid. God plaas dus sy seël van goedkeuring oor die geskiedenis.

 

Volmaaktheid is darem ‘n groot aanspraak om te maak. Tamar (vers 3) het haar skoonvader verlei om haar swanger te maak – sy het soos ‘n prostituut aangetrek. Dawid (vers 6) slaap by sy vriend se vrou en laat hom vermoor om die gebeurtenis stil te hou. God kyk hierna en plaas sy seël daarop – volmaak. Daarmee keur Hy nie hulle optrede goed nie.

 

Van ons lewens is ook maar disfunksioneel. Dit breek God se hart. Maar Hy het ‘n oorkoepelende doel vir ons lewens: Hy wil Jesus se doel in en deur ons bereik. Hy werk in die donkerste dele van ons geslagsregisters om dit reg te kry.

 

  • Die evangelie is vir die buitestander

In Jesus se dag was ‘n geslagsregister soos ‘n CV vir ons – jy wys vir die wêreldwat jy werd is. Daarom is geslagsregisters dikwels gekook – laat die slegte dele weg en blaas die goeie dele op. Hulle word so saamgestel dat almal dink dat hierdie ‘n wonderlike persoon is. Maar kyk nou wie word in Jesus se geslagsregister ingesluit. Dawid en Tamar; Rut, die Moabiet; Ragab, nie alleen ‘n vreemdeling nie, maar ook ‘n prostituut; Manasse, ‘n bose, goddelose koning. Jesus se

geslagsregister is vol buitestanders – moreel, etnies en geslag. Dit sê vir ons dat Jesus vir die uitgeworpenes soos ek en jy gekom het.

 

  • Jesus is die ware rus

Sewe is ‘n belangrike getal in die Bybel – dit verwys na volmaaktheid, maar ook na rus. Jesus het op die sewende dag gerus. Israel was veronderstel om die land elke sewende jaar te laat rus. Na sewe maal sewe jare is daar ‘n spesiale jaar waartydens  alle skuld afgeskryf en slawe vrygestel word – ‘n hersteljaar. Jesus is al plek waar ons waarlik rus sal kry.

 

Verbasend wat Jesus se geslagsregister vir ons sê.

[Ek het hier van ‘n blog van Tim Gombis gebruik gemaak.]

image_pdfimage_print

You may also like...