Die getal sewe

image_pdfimage_print

Die getal sewe – Kobus Kok

Nadia vra:

Kan julle inligting vir my gee oor die nommer 7. My ma is oorlede die 7 van die 7de maand 2014. Die getal nr. 7 voel die heel tyd of dit n boodskap vir my is

Antwoord

Prof Kobus Kok antwoord:

In die Bybel is die getal 7 ‘n belangrike getal. Openbaring is n goeie voorbeeld daarvan – daar is 7 geeste voor God se troon, daar is 7 gemeentes waaraan Johannes moet skryf, ens. Die getal is n uitdrukking van omvattenheid en afgerondheid. Daarom rus ons ook op die 7de of laaste dag van die week. Dit stel ook totaliteit voor. Die antieke Jode het geglo dat die aarde 3 vlakke (onder die aarde/die aarde/bo die aarde) en 4 windrigtings het (4+3=7). Dus stel 7 ook die totaliteit van die skepping voor. Die assosiasie rondom die getal 7 in die Bybel is dus positief.

 

Skrywer:  Prof Kobus Kok

 

image_pdfimage_print