Die God wat praat

Die God wat praat

‘’n Baie belangrike bewering wat die skrywer van die Henreër-brief maak, is dat God praat. Hebreërs 1:1 – 3 herinner ons daaraan dat God deur die geskiedenis gepraat het..  Nou het Hy sy finale openbaring in Jesus Chroistus gegee. God se openbaring is deel van sy genade vir ons. Ons dink gereeld an God se genade in die konteks van verlssing, maar ons moet ook aan sy genade in die konteks van sy openbaring dink.

As God Homself nie aan ons in sy Woord geopenbaar het nie, sou ons geen kennis van die betekenis van die kruis en Jesus se opstanding gehad het nie. Ons sou ook nie geweet het wat die toepaslike reaksie op die evangelie is nie. Ons kan God nie ken sonder sy openbaring nie. Daar is geen rede waarom God van sy persoonlike privaatheid afstand moet doen nie. Dit is net uit genade wat God met ons praat. Ons verdien nie sy lewegewende woorde nie. As God nie gepraat het nie was ons in duisternis en onkunde gelaat.

 

Die Bybel maak dit duidelik dat daar twee soorte openbaring is:

  •  Algemene openbaring: God praat met ons in die natuur.

Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee (Psalm 19:2 -3). Romeine1 vertel ook van die aard, omvang en doel van hierdie algemene openbaring.

Van die skepping van die wêreld af kan ‘’n mens uit die werke van God uidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is (Romeine 1:20). Algemene openbaring is nie voldoende vir ons om die verlossing deur Jesus Christus te verstaan nie.

  • Spesiale openbaring. Hierdie openbaring is direk, verbaal wat uit die mond van God kom. Dit is wat ons in die Skrif het. As die Skrif praat, praat God.